Regressie
Elizabeth du Toit
Jy kom weer in my lewe t'rug
en al die ou verlangens ook.
Die wind waai traag rondom die brug.
Ek het so ver van jou gevlug;
waarom moet jy nou hier kom spook? -
Ek hoor die wind se fluistersug.
So wyd en bleek l=EA nou die lug
en oor die bulte hang die rook...
Die wind waai traag rondom die brug.
Die grassaad op die rant se rug
draai in die wind se warrel-kook...
Ek hoor die wind se fluistersug.
Versteur is nou die helder lug,
die ligblou blomme druip al ook.
Die wind waai traag rondom die brug.
Met my verlange wil ek vlug:
jy kom weer in gedagtes spook,
jy kom weer om my lewe t'rug.
Die wind waai traag rondom die brug.