Suidwester seg elders:
"Die grootste probleem sien ek in vandag se meer 'oop' samelewing.
Sedert jong mense begin het om mense wat jarre hulle senior is, begin
noem
het op die voornaam en werknemer saam met die base partytjiehou, is
dissipline by die deur uit."
En ek stem saam. Miskien is ek uit de oude doos maar ek hou ook nie van
hierdie "jy" en "julle" instede van "u" nie. Maar ek glo nie jongmense
si ongedissiplineerd en sleg nie. Inteendeel hulle gee my baie hoop -
maar ek dink hulle het leiding nodig. Afrikaners het 'n klomp skete -
maar dissipline moet bepaald nie een daarvan word nie.