Ek is seker te konserwatief, maar ek glo dat alle dinge en mense 'n gegewe
plek behoort te hê op die rangorde van die samelewing. Predikante,
onderwysers en polisiemanne moet mense van karakter wees en onbesproke in
hulle doen en late. Hierdie mense lei die algemene samelewing en hulle
moet respek afdwing. Ek sien vandag nog van die ouer mense hier rondom
my
wat hulle ou onderwysers nie op die naam kan noem in die algemene vlak van
die lewe nie. Dis nogal aardig om 'n man van oor die 50 wat sy ou
'meneer'
wat 70+ is, steeds formeel aanspreek. Dis uit respek uit.
Vandag het die mense met 'n groot koekroller die hele samelewing
platgestryk en alle mense is nou skielik gelyk en daarom werk dit nie.
Net
soos jy nie net 'n spul 'chiefs' kan hê nie, net so werk 'n groot spul
'Indians' ook nie. Nie alle mense is gelyk in vermoëns nie en jy moet
leiers en presteerders hê. Daar moet vlakke in die samelewing wees om
kompetisie te skep en doelwitte vir die mense om na toe te verbeter.
Geen
mens behoort deur die lewe sonder swaarkry te gaan nie. Swaarkry louter
die siel en smee karakter. Dis waarvoor daar diensplig was en waarvoor
daar ontgroening op die universiteite en skole was. Hiermee gee ek nie
vir
'n oomblik voor dat enige van bogenoemde 'n waarborg vir sukses is nie,
maar
dit help baie om die rangordes van 'n gemeenskap te bepaal en reg te hou.
"Jonas" <fanagalog@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:1145457194.617291.247190@[EMAIL PROTECTED]
>
> En ek stem saam. Miskien is ek uit de oude doos maar ek hou ook nie van
> hierdie "jy" en "julle" instede van "u" nie. Maar ek glo nie jongmense
> si ongedissiplineerd en sleg nie. Inteendeel hulle gee my baie hoop -
> maar ek dink hulle het leiding nodig. Afrikaners het 'n klomp skete -
> maar dissipline moet bepaald nie een daarvan word nie.
>


|