Annette skryf
> Die oorgrote gedeelte van die prent is in en om Johannesburg geskiet -
ma=
ar
> daar was wel tonele in Rwanda self geskiet.
Dankie. Ek merk op dat die hooffiguur nou in Belgi=EB bly.
Daardie episode in die geskiedenis van Rwanda het baie
eienaardige dinge tot gevolg gehad. Die vrou van die
ambassadeur na Kanada uit Rwanda ( 'n Hutu) werk
nou as gesondheidshulp in ons gebou - ek dink hulle
gesin is asiel gegee nadat die Tutsi's oorgeneem het
en hulle weerwraak gevrees het.
Die karakter wat Nick Nolte speel, is losweg
gebaseer op die Kanadese hoof van die glad te klein
VVO teenwoordigheid in Rwanda op daardie tydstip.
Hy het desperaat hulp gevra, maar nog die VVO
direk, nog die VSA was bereid om meer soldate te
stuur. Vir jare het hy ongeveer aan skok gely,
denkende dat die w=EAreld hom blameer vir die slagting.
Eenkeer het hulle hom opgekrul op 'n bank in 'n park
in Montreal gekry. Daar is toe aktief probeer om hom
sielkundig te help. Hy het later 'n boek geskryf, en
het ook gaan getuig in die hofsaak wat in die afgelope
jaar of so oor die slagting deur die VVO geloods is.
Hy is verlede jaar benoem as senator en is nou 'n
popul=EAre spreker en seker tot 'n groot mate herstel
van die trauma van Rwanda.
Gloudina


|