Ons verstaan dit alles. Reeds êrens anders ook gelees. Maar sê asseblief
duidelik vir ons: wat is die punt van julle debat/bespreking?
"Ferdi Greyling" <nospam@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:444c9e39.329217810@[EMAIL PROTECTED]
> On 22 Apr 2006 12:25:01 -0700, bouwer@[EMAIL PROTECTED]
wrote:
>
>
> <<> Hy is verlede jaar benoem as senator en is nou 'n
> > populêre spreker en seker tot 'n groot mate herstel
> > van die trauma van Rwanda.>>
>
> Woensdag 2 Maart 2005 bl. 11
> Beeld
> Johannesburg Finaal
> Illustrasie: grafika
> foto: volkleur
> Dodelike déjà vu
> Lt. genl. Dallaire wéét daar is 'n God, want in Rwanda het hy hand
> geskud met die duiwel
>
> Die internasionale gemeenskap moet nóú uit die lesse van Rwanda leer
> voordat dit in ander Afrikalande te laat is, het lt.genl. Roméo
> Dallaire gepleit toe hy Suid-Afrika verlede week besoek het. Liezel de
> Lange doen verslag.
>
> 'Ek weet daar is 'n God, want in Rwanda het ek die duiwel se hand
> geskud. Ek het hom gesien, geruik en aan hom geraak.
>
> "Ek weet die duiwel bestaan. Daarom weet ek ook daar is 'n God."
>
> Lt.genl. Roméo Dallaire, hoof van Unamir - die Verenigde Nasies (VN)
> se vredesending in Rwanda - tydens die menseslagting in 1994, kon eers
> nege jaar daarna sy ervarings neerpen in die boek Shake hands with the
> devil: The failure of humanity in Rwanda .
>
> Hy moes eers met sy eie demone worstel - die terugflitse,
> teleurstelling, bitterheid, woede, skuldgevoelens en moedeloosheid.
>
> Die hope lyke op die vragmotors, langs die paaie en in die huise,
> kerke en riviere spook steeds by hom. En die honderdduisende Rwandese
> wat vergeefs op die wêreld gewag het om te help . . .
>
> Dallaire het in 1994 na sy gesin in Kanada teruggekeer. Maar Rwanda
> het diep letsels gelaat. Dit was eers nadat hy dié letsels deur sy
> werk in die weermag probeer verswelg het, nadat hy probeer selfmoord
> pleeg het en dronk onder 'n parkbankie in Quebec beland het, dat hy sy
> lewe kon hervat.
>
> Maar die wêreld het hom doof gehou
>
> Dallaire is pynlik netjies en kiertsregop - soos dit 'n militêre man
> betaam - toe hy by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) in
> Pretoria 'n lesing gee oor hoe vredesmagte 'n herhaling van die
> Rwandese tragedie kan voorkom. Hy wy nou sy lewe aan studies en
> lesings oor konflik en vredesendings.
>
> Sy woorde is soms grappig-bitter, maar sy oë bly deurgaans dodelik
> ernstig wanneer hy vertel hoe die wêreld Rwanda in die steek gelaat
> het.
>
> Dallaire het in Oktober 1993 in Rwanda aangekom as bevelvoerder van 'n
> VN-vredesmag bestaande uit sowat 2 500 soldate van Ghana, België,
> Bangladesj en Tunisië. Sy pogings om by die VN se veiligheidsraad 5
> 500 troepe te kry, was vrugteloos.
>
> Unamir moes die inwerkingstelling van die Arusha-vredesverdrag tussen
> die Tutsi's se Rwandese Patriotiese Front (RPF) en die Hutu-regering
> monitor.
>
> Minder as 'n jaar later moes Unamir magteloos toekyk hoe etniese haat
> weer opkook en meer as 800 000 mense in 100 dae grusaam vermoor is.
>
> Dallaire het maande vroeër al die tekens gelees en daagliks verslae na
> die VN-hoofkantoor in New York gestuur.
>
> Hy het alles aangemeld - die s****adiese grumoorde op Hutu-burgerlikes
> met te voor die hand liggende bewyse dat dit die RPF was.
>
> Die gevolglike haatspraak waarin die staatsradio Hutu's aangespoor het
> om die inyezi (Tutsi-"kakkerlakke") te identifiseer (om hulle later te
> vermoor). Die Hutu-regering se ontkenning van die bestaan van
> wapenopslagplekke oral in die hoofstad Kigali . . .
>
> Dallaire se pleidooie vir 'n mandaat om die jong Hutu-bendes te
> ontwapen, het op dowe ore geval. Mnr. Kofi Annan, destyds hoof van
> VN-vredesoperasies (nou sekretaris-generaal), het botweg geweier dat
> Unamir op die wapenopslagplekke toeslaan.
>
> In Februarie 1994 is mnr. Félicien Gatabazi, 'n gematigde Hutu,
> vermoor nadat hy ekstremistiese regeringslui aangevat het. "Die
> giftige pot van etniese haat is behoorlik omgeroer en was op die punt
> om oor te kook," vertel Dallaire.
>
> Teen 6 April het die veiligheidsraad gesê Unamir sal onttrek as die
> Rwandese oorgangsregering nie ingevolge die Arusha-ooreenkoms aan
> bewind kom nie. Later dié aand is pres. Juvénal Habyarimana, die
> Hutu-leier, se vliegtuig oor Kigali neergeskiet.
>
> Die RPF het die skuld gekry en die werklike bloedvergieting het begin.
>
> Duisende vreesbevange Tutsi's en gematigde Hutu's het in VN-geboue
> gaan skuil terwyl die presidensiële wag en interhamwe (militante
> Hutujeugbendes) mense in hul huise en by padversperrings uitgemoor
> het.
>
> Dallaire onthou hoe duisende lyke op vragmotors weggery is terwyl die
> bloed swart deur die bakwerk gesyfer het.
>
> Help! En dan die stilte van 'n dooie lyn
>
> "Honderde mense het in die kerke geskuil, waar die aanvallers hulle ry
> vir ry met kapmesse afgemaai het. Rwanda se kerke het slaghuise
> geword. Mense het God se beskerming daar gaan soek, maar in Lucifer
> (die duiwel) se arms beland."
>
> Dallaire het bly smeek vir nog troepe en toerusting, maar die wêreld
> het gesê hy kan niks doen nie. Honderde troepe het in Rwanda aangekom
> om buitelanders te ontruim. Dallaire vertel hoe desperate Rwandese
> moes toekyk hoe Franse troepe hul werkgewers na veiligheid bring.
>
> Tien Belgiese vredesoldate is in Kigali vermoor (iets waaroor Dallaire
> hom steeds kasty) en België het besluit om sy magte te onttrek.
>
> Die interhamwe het sowat 2 000 Rwandese wat by die Belgiese basis by
> die Dom Bosco-skool geskuil het, afgemaai. Franse troepe het die
> buitelanders by die skool betyds ontruim.
>
> Dallaire se bitterheid jeens die Belgiese onttrekking slaan steeds
> deur.
>
> "Hier staan ek en toekyk, in die hart van een van die Belgiese koning
> se voormalige kolonies, hoe die Belgiese troepe ons in die steek laat
> te midde van een van die grootste slagtings van die eeu. En dit omdat
> van hul beroepsoldate in die uitvoering van hul pligte dood is.
>
> "Ek is gelos om met 'n klein mag 'n misdaad teen die mensdom te
> aanskou waarvoor die Belge onwetend die grondslag gelê het." (België
> het in die koloniale era die saad vir etniese konflik gesaai deur die
> minderheid Tutsi's bo die meerderheid Hutu's te verhef.)
>
> Intussen moes Dallaire met sy beperkte troepe probeer om diegene te
> beskerm wie se name op die moordbendes se lyste was.
>
> "Dit was angswekkend en surrealisties om met iemand te praat
> (telefonies), soms iemand wat jy ken, om hulle te hoor smeek om hulp.
> Om niks te kan doen nie behalwe die versekering te gee dat hulp op pad
> is, en dan die gille te hoor, die skote, en die stilte van 'n dooie
> lyn."
>
> Dallaire praat baie oor sy hulpkrete wat nooit beantwoord is nie. Oor
> die VN wat nie hulpbronne vir Rwanda gehad het nie terwyl massas
> VN-hulp in Joego-Slawië ontplooi is. Oor die wêreld wat dit eers ná
> ses weke 'n volksmoord genoem het.
>
> Oor die ryk lande wat geweier het om soldate en infrastruktuur te gee.
> Oor die Amerikaners wat nie die aanhitsing op die staatsradio wou keer
> nie.
>
> "Hulle het gesê Rwanda is 'n soewereine staat en dit sou te veel kos,
> $8 500 per uur om 'n vliegtuig op te stuur wat die radioseine
> blokkeer."
>
> Hy was bang hy skiet die 'duiwels' dood
>
> Dallaire het verseg om mnr. Boutros Boutros-Ghali, destyds
> sekretarisgeneraal van die VN, se opdrag uit te voer om aan Rwanda te
> onttrek.
>
> "Ek het twee maal geweier. Die opdragte was wettig, maar immoreel. Ek
> het 30 000 Rwandese onder my beskerming gehad. Hulle sou geslag word."
>
> Dallaire het selfs so ver gegaan om met die interhamwe te onderhandel
> om vlugtelinge deur hul gebiede te bring. Hy beskryf hoe hy voor een
> só 'n ontmoeting die ammunisie uit sy vuurwapen gehaal het - hy was
> bang dat hy in 'n onbesonne oomblik op die leiers sou losbrand.
>
> "Op pad terug na die hoofkantoor (na dié ontmoeting) het ek gevoel ek
> het met die duiwel hande geskud."
>
> Dallaire meen talle betrokkenes moet die blaam dra vir die
> menseslagting. "Daar is geen twyfel nie dat die Rwandese volksmoord
> eerstens die verantwoordelikheid was van diegene wat dit beplan,
> bestuur en uitgevoer het."
>
> Maar die wêreld moes meer gedoen het. "As ek die 5 000 soldate gekry
> het (waarvoor hy gevra het), sou ons dit gestop het."
>
> Hy blameer ook homself. "Ek kon nie die internasionale gemeenskap
> oortuig dat dit die moeite werd is om dié piepklein, arm en
> oorbevolkte land en sy mense van 'n volksmoord te red nie."
>
> En nou word dieselfde foute elders in Afrika begaan . . .
>
> . Die artikel is gegrond op Dallaire se lesing by die ISS en sy boek.
>
> Onderskrif: Lt.genl. Roméo Dallaire


|