Daar is vanoggend 'n lang stuk in ons Globe and Mail van hoe
die Duitse regering uiteindelik toegestem het om reparasies
te betaal vir die groepmoord op die Herero in 1904. Dit was in
weerwraak op moorde van die Herero teen Duitse soldate, in
protes teen die oorneem van hulle grond en hulle beeste. Daar
is glo al in 2004 om verskoning gevra vir die moordtog teen
die Herero, maar nou het hulle glo ingestem om reparasies
ook te betaal. Dit lyk nie of die bedrag te groot is nie, maar
die prinsipe help seker. ( Daar is glo taamlike menings-
verskille oor hoe die geld uitgedeel of bestee moet word.)
Ek hoop dat daar nog altyd groepe is wat Engeland
ook vra om reparasies te betaal vir wat in die Tweede
Vryheidsoorlog gebeur het. Mens wonder egter of, as
hulle te hard vir reparasies stoot, hulle nie 'n nes van
wurms oopmaak nie. Wat verhoed die nie-blankes om
reparasies van die blankes te vra.
Gloudina