hulle wat nooit van moord aangekla word nie
hulle wat nooit van aanranding aangekla word nie
hulle wat professioneel die werk verrig
hulle wat die maskers van die staat dra
die heersers van die gulag-argipel
hulle wat naamloses se nommers vergeet
hulle wat die bevele gee
hulle sit spekvet saam met ons in die kerk
ons het nooit die gevangenis besoek nie
Johan van Wyk