Jammer. Ek kry dit nie reg om die Werkerslied vir Meidag
in Afrikaans oorgeplaas te kry van die een groep na die
ander nie. Ek hoop dit werk hierdie keer.
> Baba Mung skryf
>
> > Staan op! Verworpes van die w=EAreld
> > Staan op! Uit boeie van jul waan
> > So magtig dreun die stem van rede
> > en 'n nuwe dag breek aan
> > Ons boesems buig voor geen geloof meer
> > Ons baar geen slawe vir die kerk
> > Ons staan nou enig en berade
> > Ons gemeenskap maak ons sterk
> >
> > Skou'-aan-skouer in die suide
> > spel ons die toekoms uit
> > Die internasionale
> > mensdom staan gelyk
> > Skou'-aan-skouer in die suide
> > spel ons die toekoms uit
> > Die internasionale
> > mensdom staan gelyk
> >
> > Nee! Geen messias kan ons ophef
> > en geen gerustheid kan ons baat
> > Slegs self kan ons die kettings afgooi
> > van gierigheid en haat
> > Ellende, honger kom tot einde
> > die aard?se diewe sal moet vort
> > Soldate skaar hul by die stakings
> > oorlog ewig opgeskort
> >
> > Skou'-aan-skouer in die suide
> > spel ons die toekoms uit
> > Die internasionale
> > mensdom staan gelyk
> > Skou'-aan-skouer in die suide
> > spel ons die toekoms uit
> > Die internasionale
> > mensdom staan gelyk
> >=20
> > (Leila Groenewald)