Ek dink, in die lig van Saterdag se vertoning, dat die bulondersteuners die
horings op hul pette moet omdraai sodat dit af hang:))
Eintlik is dit genade - dis al erg genoeg in die gewone kompetisie - ek
dink
nie ek het 'n maag vir die slagting wat in 'n halfeindstyd sal gebeur nie.
--
Groetnis
Annette
> En is jy nie nog steeds suurgat oor die Bulle julle gatte getrap het
> laasweek nie? Julle manne het opgedraf met die idee dat bv. klein
Gysie
> die 'beste skrumskael in die wêreld is', en toe laat lyk Fourie du Preez
hom
> soos 'n beginner! Vier drieë in die eerste helfte teen die moerse!
beste!
> Sharks span wat berug is vir sy vuilgatte: AJ Venter, Butch James,
ens.
> Die Bulle het gemiddeld vertoon teen die beste streekspan in die wêreld,
die
> gee ek toe, maar as die Crusader's ernstig raak om te wen, sal nie eers
die
> Bokke hulle kan klop nie. Enige S14 span van SA wat die semi's gaan
haal,
> gaan net om 'n plek vol te staan en te verloor.
> O, en 'so by the way', watter SA span het AL die ander SA Super 14
> spanne geklop? Die Bulle! Maak nie saak dat die Sharks dalk hoër op
die
> puntelys eindig nie, hy het pateties vertoon teen die Bulle....
> "Jonas" <fanagalog@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
> news:1146890751.725509.271920@[EMAIL PROTECTED]
> > Die ou Engelse kleuter-gediggie het gisteraand my weereens
opgeval:"And
> > when the boys came out to play, Georgie ****gie ran away ..."
> >
> > Die flagrante vuilspel wat die Sharks vroeg in hulle wedstryd met die
> > Bloubulle ontwrig het, het toe nie gisteraand gewerk nie. Dit was maar
> > 'n patetiese vertoning van die span wat die top-RSA span in die Super
> > 14. Stampkar, verbeeldinglose rugby.
> >
>
>


|