Anesca Smith
Kaapstad. - 'n Dogter van Afrika.
D=EDt is hoe pres. Thabo Mbeki gister die afgestorwe minister van
openbare werke, me. Stella Sigcau, beskryf het. Sy het Sondagaand in 'n
Durbanse hospitaal, St. Augustine, gesterf.
Sy is dood twee weke nadat sy in die waakeenheid opgeneem is vir nier-
en hartverwante probleme.
Sigcau het al geruime tyd aan 'n hartkwaal gely. Sy gaan 'n
staatsbegrafnis kry, het die presidensie gister bevestig.
'n Datum en plek is nog nie vasgestel nie.
Die nasionale vlag sal van vanoggend halfstok gehys word by alle
regeringsgeboue tot die aand van die begrafnis.
"Sy het haar lewe gewy in diens van Suid-Afrika se mense," het Mbeki
oor Sigcau ges=EA.
"Die regering het met groot hartseer van haar dood verneem. In haar
ministeri=EBle rol het sy 'n beduidende bydrae gemaak tot die
bevordering van die regering se heropbou- en ontwikkelingsprogram - ook
tot swart ekonomiese bemagtiging en die bevordering van vroue en
landelike gemeenskappe.
"Ons bedank die Qawukeni-koningshuis, waarvan sy 'n prinses was, vir
die voorreg om te deel in die lewe van di=E9 onderwyser, politikus en
onbaatsugtige gemeenskapswerker," het Mbeki ges=EA.
Volgens die UDM-leier mnr. Bantu Holomisa was Sigcau 'n moederfiguur
vir baie in die land. "Ek onthou dat sy my altyd as 'jong man'
aangespreek het. Sy sal sonder twyfel gemis word. Die regering het een
van sy langdienendste en ervare kabinetslede verloor."
Die ANC, waarvan Sigcau 'n uitvoerende raadslid was, het ges=EA sy sal
onthou word as 'n leier van die demokratiese beweging en 'n toegewyde
kabi netslid wat Suid-Afrika in drie agtereenvolgende demokratiese
administrasies gedien het.
Die DA, IVP, OD en ACDP het ook medelye uitgespreek.
Sy is op 14 Januarie 1937 as 'n prinses van die Qawukeni-koningshuis in
die Oos-Kaap gebore. Sy was die oudste dogter van die oud-president van
die voormalige Transkei, hoofman Botha Sigcau.
Voor sy kabinetslid geword het, het Sigcau onderwys gegee aan verskeie
skole in KwaZulu-Natal.
Sy het in 1954 'n onderwysdiploma verwerf aan die Lovedale-instituut en
'n BA-graad aan die Universiteit van Fort Hare in 1959.
Sy het die politiek in 1968 in die voormalige Transkei betree deur die
Lusikisiki-setel te wen en het, n=E1 verskeie ministeri=EBle poste, in
1987 die Transkei se derde eerste minister geword.
In 1994 is sy deur oudpres. Nelson Mandela as minister van openbare
ondernemings aangewys en in 1999 as minister van openbare werke, waarin
sy tot op hede 'n tweede termyn gedien het.


|