Vandag se Globe and Mail gee groot aandag op hulle voorblad
aan die nuus oor die vryskelding van Zuma in die verkragtings-
saak. Dit het 'n goeie analise oor Zuma se posisie in die ANC
se leierskap-firmament.
Ek is persoonlik bly dat dit die uitspraak was. Hy is 'n
ongure karakter, maar die vroumens wat hom aangekla het,
het 'n agenda gehad. ( Wonder of sy hom wou "entrap" vir
politieke doeleindes.
Die feit dat die regter wat die uitspraak gelewer het,
Zuma se prokureur en die staatsaanklaer almal Afrikaanse
name het, laat my wonder hoekom mense so kla dat
Afrikaners uitgesluit word in die Nuwe Suid-Afrika.
Gloudina