On 9 May 2006 07:35:56 -0700, bouwer@[EMAIL PROTECTED]
wrote:
<<>bouwer skryf
>
>> Dít is hoe pres. Thabo Mbeki gister die afgestorwe minister van
>> openbare werke, me. Stella Sigcau, beskryf het. Sy het Sondagaand in 'n
>> Durbanse hospitaal, St. Augustine, gesterf.
>
> Dis effens onnatuurlik as die onderwyser die leerling
> oorleef. Ek was Stella se Afrikaanse en Geskiedenis
> onderwyser in 1955 op Adams Mission. Ek onthou haar
> as 'n stil meisie wat amper foutloos Engels geskryf het
> en haar Afrikaans ook goed geken het.
>
> Gloudina>>
Sy was ook een van die pilare van apartheid.
Minister van 'n bantustan wat apartheid toegepas het, ANC-aktiviste
laat aankeer het en 'n vet tjek van Sol Kerzer gevat het in ruil vir
casino-regte in Transkei.
Soos Piet Koornhof, het sy egter - volgens aanduidings - die vermoe
gehad om net eenvoudig aan te gaan asof die verlede deur iemand anders
gepleeg was.


|