Naelskraap - maar nou gaan die Bulle Suid-Afrika verteenwoordig in die
semis.
Ek hoop net hulle sal hulle land met dieselfde passie en vennyn in
Christchurch kan verteenwoordig as teen hul plaaslike opponente.
(Maar ek is seker dat Hansie Cronje se spook die Stormers omgekoop het.
Ek weet net nie of dieselfde spook vir Jake White bygekom het om soveel
Stormer spelers in sy groep in te sluit nie. Die Stormers se spel is 'n
klad op SA rugby se naam.)