Talk About Network

Google


Register and Login
Nick
Password
Register create new account Sign up is FREE and you can post replies, new topics, bookmark posts and more!
Recover lost password


Education > Languages Afrikaans > Re: 3768
Latest [ Topics | Posts ] Archive Post A New Topic Post a Reply
<< Topic < Post Post 2 of 2 Topic 436 of 492
Post > Topic >>

Re: 3768

by Katryn <streepmuis@[EMAIL PROTECTED] > May 20, 2006 at 12:29 PM

bouwer@[EMAIL PROTECTED]
 skryf:


>> Die  woord "rassis" bly maar vir my 'n uiters oppervlakkige, vaag en
>> polities gelaaide woord.  Ek heg persoonlik nie baie waarde daaraan
>> nie.
>
>            Die vraag bly dus, hoekom gebruik jy dit so gereeld
>            as 'n wapen.

Hmm...ai, ek wens ek kon eerder met Hessie of selfs tante Koba hieroor
gesels, maar nou ja.
Ek glo nie ek gebruik dit as 'n wapen nie, Gloudina.  Wat ek probeer
sê is dat vir my is daar nie eintlik iets "inherently offensive" in
die woord rassis, nie.   
Woorde is maar net flatus vocis as sulks,  en enige "offense" wat deur
my woorde implisseer word, is eerder in die gedagte (mind) en
interpretasie van die persoon wat dit hoor of lees.

>                Die ander vraag is ook: is alles op die oomblik in
>            SA ook nog nie, in die oë van veral wit Suid-Afrikaners,
>            maar nog 'n kwessie van swart en wit nie. Antjie Krog
>            het onlangs dieselfde opinie gelug, toe sy verklaar het
>            dat SA wittes nog altyd in die kaffer-matrix gevang is.
>            Net soos 'n hele klomp westerlinge nog altyd in die
>            Christelike kultuur matrix gevang is, selfs al sal hulle
>            hewig ontken dat hulle Christene is.

Ek reken dit het dalk te doen met memetika.  Ons is geneties en dalk
memeties so geprogrammeer.  Ek is redelik onlangs weer gebyt deur die
Dawkins gogga wat 'n verduideliking bied en beskryf hoe ons kultuur
propageer deur die "mental" ekwivalent van gene.  Ons ruil heeltyd
stukkies kulturele DNA met mekaar uit.  Godsdiens en politiek veral,
blyk duidelike memetiese patrone te volg.  Ek is self nog nie oortuig
van hierdie protowetenskaplike denkrigting nie, maar dit is een
verklaring wat ons tot op hede het vir die tipe van ding.  Moet dit
nog net kan bewys as waar of vals.  Die idee het baie potensiaal.
Onthou jy nog die noösphere konsep wat Pierre Teilhard de 
Chardin daar gestel het  jaaare gelede al?  Ek onthou vaagweg dat jy
dit al hier genoem het, maar my onthouding mag my in die steek laat.
Dit lyk asof hierdie idee nou sterk begin posvat onder wetenskaplikes.
Elkgeval...
 




 2 Posts in Topic:
Re: 3768
bouwer@[EMAIL PROTECTED]   2006-05-20 08:26:44 
Re: 3768
Katryn <streepmuis@[EM  2006-05-20 12:29:15 

Post A Reply:
  Go here to Signup

AddThis Feed Button


About - Advertising - Contact - Frequently Asked Questions - Privacy Policy - Terms of Use - Signup

Contact
tan12V112 Fri Nov 21 21:45:44 CST 2008.