Talk About Network

Google


Register and Login
Nick
Password
Register create new account Sign up is FREE and you can post replies, new topics, bookmark posts and more!
Recover lost password


Education > Languages Afrikaans > Re: 3768
Latest [ Topics | Posts ] Archive Post A New Topic Post a Reply
<< Topic < Post Post 3 of 37 Topic 437 of 492
Post > Topic >>

Re: 3768

by "Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED] > May 22, 2006 at 12:26 PM

Hi Katryn en Hessie

Julle raak nou heetemal te filosofies en intellektueel vir my.  Komende
van
iemand
met filosofie 3 agter sy naam (jare gelede verwerf) en 'n ouboet wat
proffie in filosofie is, sê dit baie.  Maar by al my agting vir my broer,
sy 
hoë
geleerdheid en kennis wat wêreldwye erkenning geniet, dink ek my ouboet is
so bietjie uit voeling met elke dag se harde werklikheid.

Ek dink baie meer "nuts and bolts" oor die dinge! (soos ek al vir my
ouboet
gesê het "Ek praat nie bloot versoening nie, ek lééf dit") - en bou so
bietjie op my sielkunde 1 kennis (net genoeg om gevaarlik te wees) en eie
ervaring van menslike gedrag.

Dat meeste wit en swart Suid-Afrikaners steeds in terme van wit en swart
dink, het ek geen twyfel oor nie.  Maar dit is omdat ons nog steeds in
terme
van wit en swart praat.  'n Mens se denkpatroon volg jou manier van praat
en
jou manier van praat jou denkpatroon.  Die Bybel sê ook dat mens se gedrag
moet verander deurdat jou denke vernuwe word.  'n Mens moet konsekwent
ophou
praat in terme van wit en swart, K...f...r, etc.  Dan begin jou denke jou
spraak volg, etc.  Ek onthou goed watter groot brug dit vir my was om oor
te
steek toe ek vir die eerste keer 'n ouer swart man as "Oom" aangespreek
het;
vandag kan ek nie verstaan hoekom dit ooit vir my 'n probleem was nie;
trouens ek is diep skaam dat ek mense van kleur met minder respek behandel
het as wit mense, ouer swart mense as kind gejy en -jou en op die voornaam
genoem het, ens.; ek onthou met skaamte hoeveel keer ouer swart mense my
op
'n mooi manier gevra het waarom ek hulle nie met dieselfde respek as ouer
witmense behandel nie?  Vir my kinders is dit beslis nie 'n probleem nie
want ek leer hulle van die
begin af om alle mense eenders te sien en te behandel.  Maar 'n mens kan
nie
uit jou emosionele rassisme uitkom as jy om 'n wit braaivleisvuur of hier
op
'n NG steeds van "K...f...r" praat en andersins na hulle as minderwaardig,
dom, minder bekwaam, etc. verwys of oor hulle grappies maak nie.

'n Ander faktor is blootstelling aan mense van 'n ander ras.  Ek werk vir
baie jare tussen swart mense.  Ek het al in PW se dae apartheid/rassisme
intellektueel agter my gesit, maar toe het ek nog in 'n hoofsaaklik wit
omgewing gewerk.  Emosioneel was dit 'n ander saak om van rassisme ontslae
te raak.  Dit vat laaaaaaang en naby blootstelling aan mense van 'n ander
ras, gekoppel aan die regte houding, voordat jy emosioneel rassisme agter
jou sit.  Dit beteken nie dat jy nie meer die ander velkleur, hare of
gelaatstrekke raaksien nie, maar dat dit geen bloue duit meer verskil maak
nie - dat jy die ander mens ongeag sy ras, taal, geslag geloof as net nog
'n
medemens aanvaar en behandel.  Ek onthou watter emosionele "canyon" ek
moes
oorsteek toe ek vir die eerste keer teruggestaan het om 'n swart vrou toe
te
laat om eerste te stap.  Vandag kan ek nie verstaan dat ek ooit 'n
probleem
gehad het om swart vrouens met dieselfde respek te behandel as wit vrouens
nie.   Maar 'n mens kan nie uit die rassisme uitkom as jy
steeds van 'n "m..d" of "a..a" praat en 'n swart vrou derhalwe met jou
woorde tot minderwaardige vrou afbreek en
gevolglik só oor haar dink nie.

Dit is vir my bitter jammer dat die ANC wat geveg het teen rassisme nie
kan
insien dat hulle beleidsrigtings om sg. die onregte van die verlede reg te
stel, in werklikheid rassisme ad infinitum perpetueer nie.  Hoe hard hulle
ookal teen apartheid geveg het en bly veg, Verwoerd regeer hulle steeds
vanuit die graf - want hy regeer hulle denke!   Dit is interresant dat
hulle
nou besig is om 'n swart "Broederbond" te stig.  Die aanvanklike idee was
dat net swart Afrikane as lede welkom sou wees; na druk is teesinnig
toegegee dat Kleurlinge en Indiërs ook lede mag word, maar wittes - Hayi
kona!

Daar is net een manier waarop rassisme in die lang termyn ooit uitgeroei
sal
word, d.i. as enige verwysing na ras
eenvoudig taboe is! (behalwe waar daar na iemand gesoek word en 'n
beskrywing dus noodskaaklik is) - as elke individu alleen op sy
persoonlike,
inherente
eienskappe, vermoëns, kwalifikasies, ervaring, etc. beoordeel word en
basta
met enigiets anders.

Torreke

"Katryn" <streepmuis@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:ab9v62pap2a1cn0fmjvosjhgsgq7a6o920@[EMAIL PROTECTED]
> bouwer@[EMAIL PROTECTED]
 skryf:
>
>> William Blake se Golgonooza is
>> omtrent dieselfde konsep.
>
> Nogsteeds interessant, maar nie dieselfde as Dawkins se meme nie.
> Eugéne Marais daarteen het  in sy Siel van die Wit Mier, baie naby
> gekom aan die moderne meem teorie van Dawkins.
>
>
 




 37 Posts in Topic:
Re: 3768
bouwer@[EMAIL PROTECTED]   2006-05-20 15:23:14 
Re: 3768
Katryn <streepmuis@[EM  2006-05-20 19:48:26 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-22 12:26:41 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-22 14:35:41 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-23 08:43:42 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-23 13:26:44 
Re: 3768
Katryn <streepmuis@[EM  2006-05-23 11:00:09 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-24 07:26:47 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-24 12:51:30 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-24 13:36:18 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-25 06:23:07 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-25 07:15:29 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-25 07:04:53 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-24 12:49:58 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-24 13:37:27 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-25 06:23:47 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-24 14:32:05 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-25 06:32:51 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-25 07:32:49 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-25 14:02:15 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-26 06:51:50 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-24 16:02:30 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-25 06:44:34 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-25 07:26:39 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-25 07:49:50 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-25 12:31:07 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-26 06:43:13 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-25 13:59:54 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-26 06:47:39 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-25 14:07:16 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-26 07:06:59 
Re: 3768
Katryn <streepmuis@[EM  2006-05-22 10:48:54 
Medgar Evers (Torreke)
Katryn <streepmuis@[EM  2006-05-22 16:42:28 
Re: Medgar Evers (Torreke)
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-05-23 16:48:21 
Re: Medgar Evers (Torreke)
Katryn <streepmuis@[EM  2006-05-23 11:47:30 
Re: Medgar Evers (Torreke)
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-05-24 11:53:11 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-23 07:44:00 

Post A Reply:
  Go here to Signup

AddThis Feed Button


About - Advertising - Contact - Frequently Asked Questions - Privacy Policy - Terms of Use - Signup

Contact
tan12V112 Fri Nov 21 21:40:59 CST 2008.