Talk About Network

Google


Register and Login
Nick
Password
Register create new account Sign up is FREE and you can post replies, new topics, bookmark posts and more!
Recover lost password


Education > Languages Afrikaans > Re: 3768
Latest [ Topics | Posts ] Archive Post A New Topic Post a Reply
<< Topic < Post Post 3 of 7 Topic 441 of 492
Post > Topic >>

Re: 3768

by "Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED] > May 23, 2006 at 08:48 AM

Nie meer kieme as by die wittes nie.

In ieder geval, Hessie het dit oorleef, en haar imunitiet was daarna 
waarskynlik heelwat beter.

Torreke

"Otterkop" <Otterkop@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message 
news:o7idnXD3be9MC-_ZnZ2dnUVZ_uidnZ2d@[EMAIL PROTECTED]
> dink aan al daai kieme in daai chip in daai koppie , vrot
>
>
> <bouwer@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message 
> news:1148334872.239458.127970@[EMAIL PROTECTED]
>
> Torreke skryf
>
>    Ek onthou goed watter groot brug dit vir my was om oor te
>> steek toe ek vir die eerste keer 'n ouer swart man as "Oom" aangespreek

>> het;
>> vandag kan ek nie verstaan hoekom dit ooit vir my 'n probleem was nie;
>
>              Almal van ons, in die proses van daardie brug oorsteek,
>              het seker sulke moments of truth. Hier was myne.
>              Ek gaan, na my eerste pos by 'n meisiesskool net
>              buite Pietermaritzburg, waar alle studente wit was,
>              na Adams College, naby Amanzimtoti, waar alle
>              studente swart was. Ek het dit nie vooraf geweet
>              nie, maar vir 'n rukkie was ek, die Afrikaanse
>              onderwyser, die enigste wit persoon in 'n hele-
>              maal swart personeel, insluitende die prinsipaal,
>              ( Dit was voor dit onwettig geword het vir wittes
>              om onder swart prinsipale te werk.)  Toe ek uit-
>              vind ek sou die enigste wit persoon in die hoërskool
>              wees, het ek verwag om bietjie ongemaklik te voel,
>              maar dit het nie gebeur nie.
>                        Maar iets anders het gebeur: Met teetyd
>              word toebroodjies en teekoppies na die skool
>              gestuur. Daar was 'n ooreenkoms dat die wit
>              vrouepersoneel se woonplek die toebroodjies
>              vir die Opleidingskollege sou maak, en ons
>              toebroodjies en koppies vir die hoërskool het
>              gekom van die gebou waar die swart mans-
>              personeel gevestig is. Die eerste dag toe die
>              toebroodjies en teekoppies by ons hoërskool
>              aankom, toe sien ek die toebroodjies is gemaak
>              met bruin nie baie lekker bruinbrood nie ( seker
>              tuisgebak)  en die koppies was baie gechip en
>              goedkoop. Ek moes dit maar inwurg, maar dit
>              was regtig nie'n goeie ondervinding nie. Die
>              nag word ek na 'n paar uur wakker, en voel
>              daar is iets verkeerd met my. Na bietjie dink
>              onthou ek die effens suurderige toebroodjies
>              en die onaantreklike teekoppies, en ek
>              begin onbedaardelik huil. Op daardie oomblik
>              kon ek nie sien hoe ek die toekoms kon
>              aanvat met sulke toebroodjies en teekoppies
>              in my toekoms nie. Ek het my toe goed
>              uitgehuil. Die volgende dag het ek baie beter
>              gevoel, en die brood en die teekoppies het
>              my nooit weer gehinder nie.
>
>                Gloudina
>
>
 




 7 Posts in Topic:
Re: 3768
bouwer@[EMAIL PROTECTED]   2006-05-22 14:54:32 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-23 06:59:52 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-23 08:48:49 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-23 08:52:33 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-24 12:55:56 
Re: 3768
"Torreke" <m  2006-05-24 13:34:34 
Re: 3768
"Otterkop" <  2006-05-25 06:22:26 

Post A Reply:
  Go here to Signup

AddThis Feed Button


About - Advertising - Contact - Frequently Asked Questions - Privacy Policy - Terms of Use - Signup

Contact
tan12V112 Fri Nov 21 19:48:58 CST 2008.