Ag, ou Otterkop, ek gaan nou nie weer in die soort gesprek met jou betrokke
raak wat ek vantevore op hierdie NG gehad het nie.
Ja, ek glo wat ek sê! Meer nog, ek wéét waarvan ek praat.
Jy reageer met tipiese stereotipering.
Jy het na 10 reels opgehou lees. Dis wat ek van jou kon verwag het. Jy
stop jou ore toe want jy WIL NIE graag die waarheid hoor nie, want jy kan
nie die waarheid hanteer nie.
Ek het nie swartes tot gode verhef nie - net gewoon erken dat hulle
medemense is soos ek en jy.
Ek voel beslis nie minderwaardig teenoor hulle nie, maar ou Otterkop, ek
het
vantevore op hierdie NG die stelling gemaak dat ek verskeie swart kollegas
het wat jou ore sal aansit, netso seker as wat Cyril Ramaphosa vir Roelfie
Meyer ore aangesit het; ek herhaal dit.
En, o ja, oor die misdaad gedeelte. Ek herinner my dat ek vantevore op
hierdie NG uitdagend gevra is of ek kan vertel van Wittes wat vrouens
verkrag - as ek my reg herinner was dit jy. My antwoord wat maar net 'n
paar minder aangename verhale ingesluit het, is met stilte beantwoord.
Moet ek jou nou 'n paar van die grusame stories vertel waaraan wittes
hulle
in hierdie land skuldig gemaak het - teenoor ander wittes en teenoor
swartes? Of sou 'n herinnering aan 26000 boerevroue en -kinders wat deur
Brittanje onder edele Koningin Victoria (met al al haar
beskawingstandaarde)
in stryd met die 1e Geneefse Konvensie in kampe aangehou en van ellende
gesterf het, en omtrent dieselfde hoeveelheid swartes, genoeg wees? Die
verskroeide aarde met plase wat afgebrand en vee wat eenvoudig doodgeskiet
is? Of ene Wit Wolf wat hoevele swart mense koelbloedig doodgeskiet het
net
omdat hulle swart is? Wit mans wat swart vrouens in die apartheidsjare
verkrag en daarna doodgemaak het om hulle stil te maak? Of ene Buchling
wat
in die sestiger jare van die vorige eeu 'n vrou en 2 skoolkinders in
Potgietersrus soos varke met 'n piksteel doodgeslaan het? Hoevele wit
pa's
en ma's wat hulle eie kinders mishandel en soos diere doodskiet? Lees jy
nie die koerante nie? Of lees jy net die berigte waar swart op wit
misdaad
verhaal word?
Torreke
PS. Waarom kry ek die gevoel dat jy na Jim Again se laagtes begin daal?
Het jy opgemerk hoe hy na my 'grand finale' antwoord stil-stil die aftog
geblaas het? Of het Otterkop en Jim Again dalk iets meer in gemeen as
net
rassisme?
"Otterkop" <Otterkop@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:mcadnWd4_MO6LezZRVn-iA@[EMAIL PROTECTED]
> EK het so na 10 reels ophou lees, jy leef duidelik in jou eie wereld ou
> Tor
> GLO jy die stront wat jy kwytraak. Dink jy die swartes het jou denke ?
> Jy kan nog steeds nice wees met alle mense, maar donner moet
> nie jou kop in hul gatte opdruk nie. Jy klink eerder minderwaardig
teenoor
> jou swart gode
>
> As hulle jou eendag kaap of by jou huis inbreek en julle aanrand gaan
> hulle
> nie die ring om jou nek soek nie , hulle gaan jou hard moer en 10 teen 1
> nog
> skiet ook, maak nie saak of jy die "verligte" tor om die kers is nie
>
>
>
>
> "Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
> news:e4s49b$lno$1@[EMAIL PROTECTED]
>> Hi Katryn en Hessie
>>
>> Julle raak nou heetemal te filosofies en intellektueel vir my. Komende
>> van
>> iemand
>> met filosofie 3 agter sy naam (jare gelede verwerf) en 'n ouboet wat
>> proffie in filosofie is, sê dit baie. Maar by al my agting vir my
broer,
>> sy hoë
>> geleerdheid en kennis wat wêreldwye erkenning geniet, dink ek my ouboet
>> is
>> so bietjie uit voeling met elke dag se harde werklikheid.
>>
>> Ek dink baie meer "nuts and bolts" oor die dinge! (soos ek al vir my
>> ouboet
>> gesê het "Ek praat nie bloot versoening nie, ek lééf dit") - en bou so
>> bietjie op my sielkunde 1 kennis (net genoeg om gevaarlik te wees) en
eie
>> ervaring van menslike gedrag.
>>
>> Dat meeste wit en swart Suid-Afrikaners steeds in terme van wit en
swart
>> dink, het ek geen twyfel oor nie. Maar dit is omdat ons nog steeds in
>> terme
>> van wit en swart praat. 'n Mens se denkpatroon volg jou manier van
praat
>> en
>> jou manier van praat jou denkpatroon. Die Bybel sê ook dat mens se
>> gedrag
>> moet verander deurdat jou denke vernuwe word. 'n Mens moet konsekwent
>> ophou
>> praat in terme van wit en swart, K...f...r, etc. Dan begin jou denke
jou
>> spraak volg, etc. Ek onthou goed watter groot brug dit vir my was om
oor
>> te
>> steek toe ek vir die eerste keer 'n ouer swart man as "Oom" aangespreek
>> het;
>> vandag kan ek nie verstaan hoekom dit ooit vir my 'n probleem was nie;
>> trouens ek is diep skaam dat ek mense van kleur met minder respek
>> behandel
>> het as wit mense, ouer swart mense as kind gejy en -jou en op die
>> voornaam
>> genoem het, ens.; ek onthou met skaamte hoeveel keer ouer swart mense
my
>> op
>> 'n mooi manier gevra het waarom ek hulle nie met dieselfde respek as
ouer
>> witmense behandel nie? Vir my kinders is dit beslis nie 'n probleem
nie
>> want ek leer hulle van die
>> begin af om alle mense eenders te sien en te behandel. Maar 'n mens
kan
>> nie
>> uit jou emosionele rassisme uitkom as jy om 'n wit braaivleisvuur of
hier
>> op
>> 'n NG steeds van "K...f...r" praat en andersins na hulle as
>> minderwaardig,
>> dom, minder bekwaam, etc. verwys of oor hulle grappies maak nie.
>>
>> 'n Ander faktor is blootstelling aan mense van 'n ander ras. Ek werk
vir
>> baie jare tussen swart mense. Ek het al in PW se dae
apartheid/rassisme
>> intellektueel agter my gesit, maar toe het ek nog in 'n hoofsaaklik wit
>> omgewing gewerk. Emosioneel was dit 'n ander saak om van rassisme
>> ontslae
>> te raak. Dit vat laaaaaaang en naby blootstelling aan mense van 'n
ander
>> ras, gekoppel aan die regte houding, voordat jy emosioneel rassisme
agter
>> jou sit. Dit beteken nie dat jy nie meer die ander velkleur, hare of
>> gelaatstrekke raaksien nie, maar dat dit geen bloue duit meer verskil
>> maak
>> nie - dat jy die ander mens ongeag sy ras, taal, geslag geloof as net
nog
>> 'n
>> medemens aanvaar en behandel. Ek onthou watter emosionele "canyon" ek
>> moes
>> oorsteek toe ek vir die eerste keer teruggestaan het om 'n swart vrou
toe
>> te
>> laat om eerste te stap. Vandag kan ek nie verstaan dat ek ooit 'n
>> probleem
>> gehad het om swart vrouens met dieselfde respek te behandel as wit
>> vrouens
>> nie. Maar 'n mens kan nie uit die rassisme uitkom as jy
>> steeds van 'n "m..d" of "a..a" praat en 'n swart vrou derhalwe met jou
>> woorde tot minderwaardige vrou afbreek en
>> gevolglik só oor haar dink nie.
>>
>> Dit is vir my bitter jammer dat die ANC wat geveg het teen rassisme nie
>> kan
>> insien dat hulle beleidsrigtings om sg. die onregte van die verlede reg
>> te
>> stel, in werklikheid rassisme ad infinitum perpetueer nie. Hoe hard
>> hulle
>> ookal teen apartheid geveg het en bly veg, Verwoerd regeer hulle steeds
>> vanuit die graf - want hy regeer hulle denke! Dit is interresant dat
>> hulle
>> nou besig is om 'n swart "Broederbond" te stig. Die aanvanklike idee
was
>> dat net swart Afrikane as lede welkom sou wees; na druk is teesinnig
>> toegegee dat Kleurlinge en Indiërs ook lede mag word, maar wittes -
Hayi
>> kona!
>>
>> Daar is net een manier waarop rassisme in die lang termyn ooit
uitgeroei
>> sal
>> word, d.i. as enige verwysing na ras
>> eenvoudig taboe is! (behalwe waar daar na iemand gesoek word en 'n
>> beskrywing dus noodskaaklik is) - as elke individu alleen op sy
>> persoonlike,
>> inherente
>> eienskappe, vermoëns, kwalifikasies, ervaring, etc. beoordeel word en
>> basta
>> met enigiets anders.
>>
>> Torreke
>>
>> "Katryn" <streepmuis@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
>> news:ab9v62pap2a1cn0fmjvosjhgsgq7a6o920@[EMAIL PROTECTED]
>>> bouwer@[EMAIL PROTECTED]
skryf:
>>>
>>>> William Blake se Golgonooza is
>>>> omtrent dieselfde konsep.
>>>
>>> Nogsteeds interessant, maar nie dieselfde as Dawkins se meme nie.
>>> Eugéne Marais daarteen het in sy Siel van die Wit Mier, baie naby
>>> gekom aan die moderne meem teorie van Dawkins.
>>>
>>>
>>
>>
>>
>>
>>
>
>


|