Ek is laaaankal uit die "Oom" en "Tannie" ding uit. Ek PES dit as iemand
vir my "Oom" sê en vra gewoonlik dat die persoon my op die voornaam noem
of
"meneer" gebruik.
Ek het die "Oom-"storie bloot as voorbeeld aangehaal.
Torreke
<bouwer@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:1148333770.463733.258140@[EMAIL PROTECTED]
skryf
> Dat meeste wit en swart Suid-Afrikaners steeds in terme van wit en swart
> dink, het ek geen twyfel oor nie. Maar dit is omdat ons nog steeds in
> terme
> van wit en swart praat. 'n Mens se denkpatroon volg jou manier van
praat
> en
> jou manier van praat jou denkpatroon. Die Bybel sê ook dat mens se
gedrag
> moet verander deurdat jou denke vernuwe word.
Ja, ek dink jy is reg wanneer jy sê dat beide wit
EN SWART mense in SA nog altyd in die wit/
swart matriks gevang is, hoofsaaklik as gevolg
van hulle spraak en denkpatrone. Ek vertel vandag
vir my man jou observasie oor hoe moeilik dit vir
jou gewees het om vir die swart man "oom" te
sê. My man sê toe "maar hy hoef vir NIEMAND
"oom" te noem nie." Dit wil sê, die feit dat jy
vir jare deur jou kultuurmatriks gedwing is om
mense wat nie aan jou verwant was nie, as
"oom" aan te spreek, was natuurlik ook deel
van 'n kulturele dwingelandy. Ek kom uit die
Noord-Kaap oorspronklik, waar mense nie vir
ouerige vroue "tannie" noem nie, en ek onthou
hoe dit my geirreteer het as iemand my later
in my lewe "tannie" genoem het. (In die
Noordkaap het ons van "anties" gepraat.)
Gloudina


|