Het begrip daarvoor.
Soortgelyke ervaring gehad toe ek vir die 1e maal in 'n sendingkerk
nagmaal
gebruik en die beker van 'n swart vrou af by my uitgekom het.
Ek het maar oë toegeknyp en gedrink - in die geloof!
My mede witstudent wat aan die anderkant gesit het, het agterna gesê dat
hy
mooi gekyk het waar ek gedrink het en op dieselfde plek gedrink het.
Eintlik belaglik, want alkohol is 'n ontsmettingsmiddel en behalwe vir
Hepatitus B kan geen kiem op dié wyse oorgedra word nie.
Torreke
<bouwer@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:1148334872.239458.127970@[EMAIL PROTECTED]
skryf
Ek onthou goed watter groot brug dit vir my was om oor te
> steek toe ek vir die eerste keer 'n ouer swart man as "Oom" aangespreek
> het;
> vandag kan ek nie verstaan hoekom dit ooit vir my 'n probleem was nie;
Almal van ons, in die proses van daardie brug oorsteek,
het seker sulke moments of truth. Hier was myne.
Ek gaan, na my eerste pos by 'n meisiesskool net
buite Pietermaritzburg, waar alle studente wit was,
na Adams College, naby Amanzimtoti, waar alle
studente swart was. Ek het dit nie vooraf geweet
nie, maar vir 'n rukkie was ek, die Afrikaanse
onderwyser, die enigste wit persoon in 'n hele-
maal swart personeel, insluitende die prinsipaal,
( Dit was voor dit onwettig geword het vir wittes
om onder swart prinsipale te werk.) Toe ek uit-
vind ek sou die enigste wit persoon in die hoërskool
wees, het ek verwag om bietjie ongemaklik te voel,
maar dit het nie gebeur nie.
Maar iets anders het gebeur: Met teetyd
word toebroodjies en teekoppies na die skool
gestuur. Daar was 'n ooreenkoms dat die wit
vrouepersoneel se woonplek die toebroodjies
vir die Opleidingskollege sou maak, en ons
toebroodjies en koppies vir die hoërskool het
gekom van die gebou waar die swart mans-
personeel gevestig is. Die eerste dag toe die
toebroodjies en teekoppies by ons hoërskool
aankom, toe sien ek die toebroodjies is gemaak
met bruin nie baie lekker bruinbrood nie ( seker
tuisgebak) en die koppies was baie gechip en
goedkoop. Ek moes dit maar inwurg, maar dit
was regtig nie'n goeie ondervinding nie. Die
nag word ek na 'n paar uur wakker, en voel
daar is iets verkeerd met my. Na bietjie dink
onthou ek die effens suurderige toebroodjies
en die onaantreklike teekoppies, en ek
begin onbedaardelik huil. Op daardie oomblik
kon ek nie sien hoe ek die toekoms kon
aanvat met sulke toebroodjies en teekoppies
in my toekoms nie. Ek het my toe goed
uitgehuil. Die volgende dag het ek baie beter
gevoel, en die brood en die teekoppies het
my nooit weer gehinder nie.
Gloudina


|