Nog 'n interessante brokkie oor Teilhard de Chardin.
Ek wou eenkeer 'n stuk skryf oor Teilhard se besoeke
in Suid-Afrika ( as deel van 'n groter geskrif oor die
ooreenkoms van Teilhard se idees en die van William
Blake, veral die no=F6sfeer/ Golgonooza ooreenstemming.)
Ek het aan verskeie mense geskryf, sommige van wie
hom maar vaagweg onthou het. Ek het ook aan George
Fensham geskryf, wat voor sy dood Professor op
Stellenbosch was, en wie 'n stuk oor Teilhard in die
koerant geskryf het. ( Fensham was ook terloops
getroud met iemand met wie ek eerstejaar was in
Huis de Villiers.) Hy het vertel dat Teilhard vir Prof.
Mattie Taljaard ontmoet het, en vir hom ges=EA het dat
hulle verlangs familie moet wees, want hulle vanne
klink so dieselfde.
Gloudina