ongelukkig is jy 1 van daai wat glo dat swartes vir ons 'n beter lewe gaan
gee
"Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:e4uqu3$nd6$1@[EMAIL PROTECTED]
> Enigiemand wat my persoonlik ken, familie, vriende, swart en wit
kollegas,
> sal spontaan in jou gesig uitbars van die lag as jy vir hulle sou sê ek
is
> in Swartes se "......" opgekruip.
>
> Ou Otterkop, glo dit of laat staan, maar ek klim met dieselfde vurigheid
> onder
> swart rassisme as onder wit rassisme in! Ek het al die ANC onder
> dieselfde
> skuilnaam fel in die openbare pers bygekom oor hulle rassisme en aanhang
> van
> verwoerdisme! - en sal dit weer doen!
>
> Ek is gladnie 'n ondersteuner van die ANC of enige linkse party nie.
>
> Maar ek dink jy het ook geen twyfel daaroor dat ek gladnie simpatie het
> met
> die regse partye nie, selfs nie die Vryheidsfront nie, al ken ek Pieter
> Mulder van redelik naby en het baie hoë agting vir hom.
>
> Net vir die rekord, ek ondersteun ook nie die DA nie. Trouens ek voel
my
> nie tuis by enige politieke party nie. My brief in Rap****t voor die
> munisipale verkiesing (Annette het dit gelees), dink ek, het geen twyfel
> hieroor
> gelaat nie.
>
> En, o terloops, opgevoede en geleerde witmense wat van beter moes geweet
> het nie, het my so 'n klompie jare gelede emosioneel, finansieel en
> regtens onbeskryflike leed aangedoen (die besonderhede is nie hier ter
> sake nie) - net so erg as wat enige fisiese aanranding, verkragting of
> soortgelyke misdaad sou kon wees, indien nie erger nie.
>
> Weet jy wat het ek daaruit geleer? Daar is niks so bevrydend as om
mense
> te vergewe vir wat hulle aan jou gedoen het nie.
>
> Weet jy wat dit is om te vergewe, Otterkop, rêrig, rêrig te vergewe? Ek
> dink nie jy weet nie!!!
>
> Torreke
>
>
> "Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
> news:e4uake$qee$1@[EMAIL PROTECTED]
>> Ag, ou Otterkop, ek gaan nou nie weer in die soort gesprek met jou
>> betrokke raak wat ek vantevore op hierdie NG gehad het nie.
>>
>> Ja, ek glo wat ek sê! Meer nog, ek wéét waarvan ek praat.
>>
>> Jy reageer met tipiese stereotipering.
>>
>> Jy het na 10 reels opgehou lees. Dis wat ek van jou kon verwag het.
Jy
>> stop jou ore toe want jy WIL NIE graag die waarheid hoor nie, want jy
kan
>> nie die waarheid hanteer nie.
>>
>> Ek het nie swartes tot gode verhef nie - net gewoon erken dat hulle
>> medemense is soos ek en jy.
>>
>> Ek voel beslis nie minderwaardig teenoor hulle nie, maar ou Otterkop,
ek
>> het vantevore op hierdie NG die stelling gemaak dat ek verskeie swart
>> kollegas het wat jou ore sal aansit, netso seker as wat Cyril Ramaphosa
>> vir Roelfie Meyer ore aangesit het; ek herhaal dit.
>>
>> En, o ja, oor die misdaad gedeelte. Ek herinner my dat ek vantevore op
>> hierdie NG uitdagend gevra is of ek kan vertel van Wittes wat vrouens
>> verkrag - as ek my reg herinner was dit jy. My antwoord wat maar net
'n
>> paar minder aangename verhale ingesluit het, is met stilte beantwoord.
>>
>> Moet ek jou nou 'n paar van die grusame stories vertel waaraan wittes
>> hulle in hierdie land skuldig gemaak het - teenoor ander wittes en
>> teenoor
>> swartes? Of sou 'n herinnering aan 26000 boerevroue en -kinders wat
deur
>> Brittanje onder edele Koningin Victoria (met al al haar
>> beskawingstandaarde) in stryd met die 1e Geneefse Konvensie in kampe
>> aangehou en van ellende gesterf het, en omtrent dieselfde hoeveelheid
>> swartes, genoeg wees? Die verskroeide aarde met plase wat afgebrand
en
>> vee wat eenvoudig doodgeskiet is? Of ene Wit Wolf wat hoevele swart
>> mense
>> koelbloedig doodgeskiet het net omdat hulle swart is? Wit mans wat
swart
>> vrouens in die apartheidsjare verkrag en daarna doodgemaak het om hulle
>> stil te maak? Of ene Buchling wat in die sestiger jare van die vorige
>> eeu
>> 'n vrou en 2 skoolkinders in Potgietersrus soos varke met 'n piksteel
>> doodgeslaan het? Hoevele wit pa's en ma's wat hulle eie kinders
>> mishandel
>> en soos diere doodskiet? Lees jy nie die koerante nie? Of lees jy net
>> die berigte waar swart op wit misdaad verhaal word?
>>
>> Torreke
>>
>> PS. Waarom kry ek die gevoel dat jy na Jim Again se laagtes begin
daal?
>> Het jy opgemerk hoe hy na my 'grand finale' antwoord stil-stil die
aftog
>> geblaas het? Of het Otterkop en Jim Again dalk iets meer in gemeen as
>> net rassisme?
>>
>> "Otterkop" <Otterkop@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
>> news:mcadnWd4_MO6LezZRVn-iA@[EMAIL PROTECTED]
>>> EK het so na 10 reels ophou lees, jy leef duidelik in jou eie wereld
ou
>>> Tor
>>> GLO jy die stront wat jy kwytraak. Dink jy die swartes het jou denke ?
>>> Jy kan nog steeds nice wees met alle mense, maar donner moet
>>> nie jou kop in hul gatte opdruk nie. Jy klink eerder minderwaardig
>>> teenoor jou swart gode
>>>
>>> As hulle jou eendag kaap of by jou huis inbreek en julle aanrand gaan
>>> hulle
>>> nie die ring om jou nek soek nie , hulle gaan jou hard moer en 10 teen
1
>>> nog
>>> skiet ook, maak nie saak of jy die "verligte" tor om die kers is nie
>>>
>>>
>>>
>>>
>>> "Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
>>> news:e4s49b$lno$1@[EMAIL PROTECTED]
>>>> Hi Katryn en Hessie
>>>>
>>>> Julle raak nou heetemal te filosofies en intellektueel vir my.
Komende
>>>> van
>>>> iemand
>>>> met filosofie 3 agter sy naam (jare gelede verwerf) en 'n ouboet wat
>>>> proffie in filosofie is, sê dit baie. Maar by al my agting vir my
>>>> broer, sy hoë
>>>> geleerdheid en kennis wat wêreldwye erkenning geniet, dink ek my
ouboet
>>>> is
>>>> so bietjie uit voeling met elke dag se harde werklikheid.
>>>>
>>>> Ek dink baie meer "nuts and bolts" oor die dinge! (soos ek al vir my
>>>> ouboet
>>>> gesê het "Ek praat nie bloot versoening nie, ek lééf dit") - en bou
so
>>>> bietjie op my sielkunde 1 kennis (net genoeg om gevaarlik te wees) en
>>>> eie
>>>> ervaring van menslike gedrag.
>>>>
>>>> Dat meeste wit en swart Suid-Afrikaners steeds in terme van wit en
>>>> swart
>>>> dink, het ek geen twyfel oor nie. Maar dit is omdat ons nog steeds
in
>>>> terme
>>>> van wit en swart praat. 'n Mens se denkpatroon volg jou manier van
>>>> praat en
>>>> jou manier van praat jou denkpatroon. Die Bybel sê ook dat mens se
>>>> gedrag
>>>> moet verander deurdat jou denke vernuwe word. 'n Mens moet
konsekwent
>>>> ophou
>>>> praat in terme van wit en swart, K...f...r, etc. Dan begin jou denke
>>>> jou
>>>> spraak volg, etc. Ek onthou goed watter groot brug dit vir my was om
>>>> oor te
>>>> steek toe ek vir die eerste keer 'n ouer swart man as "Oom"
aangespreek
>>>> het;
>>>> vandag kan ek nie verstaan hoekom dit ooit vir my 'n probleem was
nie;
>>>> trouens ek is diep skaam dat ek mense van kleur met minder respek
>>>> behandel
>>>> het as wit mense, ouer swart mense as kind gejy en -jou en op die
>>>> voornaam
>>>> genoem het, ens.; ek onthou met skaamte hoeveel keer ouer swart mense
>>>> my
>>>> op
>>>> 'n mooi manier gevra het waarom ek hulle nie met dieselfde respek as
>>>> ouer
>>>> witmense behandel nie? Vir my kinders is dit beslis nie 'n probleem
>>>> nie
>>>> want ek leer hulle van die
>>>> begin af om alle mense eenders te sien en te behandel. Maar 'n mens
>>>> kan
>>>> nie
>>>> uit jou emosionele rassisme uitkom as jy om 'n wit braaivleisvuur of
>>>> hier op
>>>> 'n NG steeds van "K...f...r" praat en andersins na hulle as
>>>> minderwaardig,
>>>> dom, minder bekwaam, etc. verwys of oor hulle grappies maak nie.
>>>>
>>>> 'n Ander faktor is blootstelling aan mense van 'n ander ras. Ek werk
>>>> vir
>>>> baie jare tussen swart mense. Ek het al in PW se dae
>>>> apartheid/rassisme
>>>> intellektueel agter my gesit, maar toe het ek nog in 'n hoofsaaklik
wit
>>>> omgewing gewerk. Emosioneel was dit 'n ander saak om van rassisme
>>>> ontslae
>>>> te raak. Dit vat laaaaaaang en naby blootstelling aan mense van 'n
>>>> ander
>>>> ras, gekoppel aan die regte houding, voordat jy emosioneel rassisme
>>>> agter
>>>> jou sit. Dit beteken nie dat jy nie meer die ander velkleur, hare of
>>>> gelaatstrekke raaksien nie, maar dat dit geen bloue duit meer verskil
>>>> maak
>>>> nie - dat jy die ander mens ongeag sy ras, taal, geslag geloof as net
>>>> nog 'n
>>>> medemens aanvaar en behandel. Ek onthou watter emosionele "canyon"
ek
>>>> moes
>>>> oorsteek toe ek vir die eerste keer teruggestaan het om 'n swart vrou
>>>> toe te
>>>> laat om eerste te stap. Vandag kan ek nie verstaan dat ek ooit 'n
>>>> probleem
>>>> gehad het om swart vrouens met dieselfde respek te behandel as wit
>>>> vrouens
>>>> nie. Maar 'n mens kan nie uit die rassisme uitkom as jy
>>>> steeds van 'n "m..d" of "a..a" praat en 'n swart vrou derhalwe met
jou
>>>> woorde tot minderwaardige vrou afbreek en
>>>> gevolglik só oor haar dink nie.
>>>>
>>>> Dit is vir my bitter jammer dat die ANC wat geveg het teen rassisme
nie
>>>> kan
>>>> insien dat hulle beleidsrigtings om sg. die onregte van die verlede
reg
>>>> te
>>>> stel, in werklikheid rassisme ad infinitum perpetueer nie. Hoe hard
>>>> hulle
>>>> ookal teen apartheid geveg het en bly veg, Verwoerd regeer hulle
steeds
>>>> vanuit die graf - want hy regeer hulle denke! Dit is interresant
dat
>>>> hulle
>>>> nou besig is om 'n swart "Broederbond" te stig. Die aanvanklike idee
>>>> was
>>>> dat net swart Afrikane as lede welkom sou wees; na druk is teesinnig
>>>> toegegee dat Kleurlinge en Indiërs ook lede mag word, maar wittes -
>>>> Hayi
>>>> kona!
>>>>
>>>> Daar is net een manier waarop rassisme in die lang termyn ooit
>>>> uitgeroei
>>>> sal
>>>> word, d.i. as enige verwysing na ras
>>>> eenvoudig taboe is! (behalwe waar daar na iemand gesoek word en 'n
>>>> beskrywing dus noodskaaklik is) - as elke individu alleen op sy
>>>> persoonlike,
>>>> inherente
>>>> eienskappe, vermoëns, kwalifikasies, ervaring, etc. beoordeel word en
>>>> basta
>>>> met enigiets anders.
>>>>
>>>> Torreke
>>>>
>>>> "Katryn" <streepmuis@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
>>>> news:ab9v62pap2a1cn0fmjvosjhgsgq7a6o920@[EMAIL PROTECTED]
>>>>> bouwer@[EMAIL PROTECTED]
skryf:
>>>>>
>>>>>> William Blake se Golgonooza is
>>>>>> omtrent dieselfde konsep.
>>>>>
>>>>> Nogsteeds interessant, maar nie dieselfde as Dawkins se meme nie.
>>>>> Eugéne Marais daarteen het in sy Siel van die Wit Mier, baie naby
>>>>> gekom aan die moderne meem teorie van Dawkins.
>>>>>
>>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>
>>>
>>
>>
>
>
>


|