"Otterkop" >
> Ek dink in elk geval 'n burgeroorlog sou 'n beter oplossing gewees het.
> Een wat
> ons beslis nie sou verloor het nie.
Is dit 'n Christen wat so praat?
Oor hoeveel lyke wou jy loop in jou selfsug om die land net vir jouself te
behou? Daar is meer as 35-miljoen swartes in die land; hoeveel wou jy
koelbloedig doodskiet, 1 miljoen, 2 miljoen of 6 miljoen soos die
Duitsers?
Het jy kennis geneem wat die wêreld se reaksie was oor die 64 wat by
Sharpville doodgeskiet is? Wat dink jy sou hulle gdoen het as ons
eenvoudig
links en regs begin skiet het - met gevoude hande bly sit het?
Jy sê die Wittes sou die burgeroorlog gewen het? Jy het nie so mooi oor
die
ding nagedink nie. Wat dink jy sou met ons gebeur het as die Swartes in
m***** in opstand gekom en die wit gebiede binnegestroom het? Wie sou
hulle
gestop het? Die weermag? Ons kon op beste 400-duisend onder die wapen
bring. Teen meer as 30 miljoen! Waar wou jy hulle ontplooi? Dink jy
regtig met 400-duisend kon ons elke dorp, elke sleutelinstallasie, elke
town****p beskerm?
Wat dink jy sou met ons gebeur het as die huisbediendes gif in hulle base
se
kos begin gooi het? Kan jy jou die paniek voorstel as jy nie seker was of
'n blikke wat jy van 'n winkelrak afhaal in jou gesig gaan ontplof nie.
Om
nie eers van die impak op die ekonomie te praat as COSATU eers regtig aan
die rol begin raak het nie; hulle sou die land se ekonomie in dae in die
grond in kon gestaak het.
Moenie belaglik wees nie, man.
Jy het my vraag vermy; ek herhaal dit: Noem my een enkele geval in die
wêreld se geskiedenis waar 'n minderheid reggekry het om suksesvol die
meerderheid te bly onderdruk en aan die bewind te bly?
Jy kan my nie die antwoord gee nie, want daar is nie so 'n voorbeeld nie!
En na die bloedige burgeroorlog wat ons inderdaad sou verloor het, sou ons
moes gaan sit en onderhandel - vanuit 'n posisie van totale swakheid!
> My man was Viljoen alhoewel ek nie self in 'n volksaat wil bly nie, maak
> nie saak
> waar dit is nie.
Viljoen het loop onderhandel omdat hy besef het dat daar geen ander uitweg
was nie.
> Ja die ekonomie bloei en dauisende blankes bloei ook. Hulle is vervang
> deur
> politiek gemotiveerde kandidaat seleksies.
As ons in 'n burgeroorlog beland het, sou ons erger gebloei het - by die
duisende in massagrafte gegooi gewees het!
> Hoe kan jy dan niu na Roelfie verwys , hys dan totaal oorheers deur die
> ANC
> Al wat hy gekry het was 'n anner le plek.
Ek het nooit gesê Roelfie het niks reggekry nie, ek het gesê Cyril het hom
ore aangesit.
>
> Dink jy as PWBotha doodgaan is hy geregtig op 'n staatsbegrafnis ?
Ja! En die ANC regering sal dit vir hom aanbied ook. Of sy familie dit
sal
aanvaar is 'n ander saak. Hy is nog steeds op die protokol lys. Hy word
steeds bewaak. Hy ontvang steeds sy pensioen
>
>
>>>>> Ou Cyril is mos nou al klaar bemagtig , wonder hoekom moet hy nog
>>>>> voordeel
>>>>> trek uit SEB
>>>>>
>>>>
>>>> Nou klink jy nes 'n "grammaphone" wat vasgehaak het - jy weet van
>>>> daardies
>>>> wat die "boys" jare gelede met 'n slinger opgewen het, met die
>>>> draadnaalde
>>>> wat oor die plaat krap terwyl die kopstuk met die "speker" in
>>>> "graciously" op en af wieg. Jy het mos nou al hierdie draad probeer,
>>>> Otterkop, weer-en-weer-en-weer-en-weer.......
>>>
>>> Ag tog was daai ring om jou nek af en af en af en af....
>>
>> Jy het nou nie 'n antwoord nie, het jy?
>
>
>
>


|