Die kontinente van die aarde het nie altyd gelyk soos dit
vandag lyk nie. Mens weet dat Afrika en Suid-Amerika
oorspronklik een was in die oer-kontinent van Gondwana-
land, en dat dit later van mekaar weggebreek het. Deel
van die oorspronklike Gondwanaland het ook weggebreek
in die ooste en opgedryf in die rigting van Indi=EB. Wat vir
die Kanadees baie interessant is, is dat 'n deel daarvan
ook weggebreek het en noordwaarts beweeg het en nou
deel uitmaak van die Kanadese Maritieme provinsies.
As mens die honderd of so kilometers tussen Fredericton
en Saint John in New Brunswick afry, dan gaan jy =EArens
tussenin oor van oorspronklike Noord-Amerikaanse
grond na bodem wat oorspronklik Gondwanaland was.
Halifax kon miljoene jare gelede die voorstad van
Casablanca gewees het.
Gloudina