Hier by ons is 'n slim dame met die naam van Nicole Grünert wat 'n geoloog
is wat 'n boek geskryf het met die naam van: 'Namibia Fascination of
Geology'. Dit word getipeer as 'a travel handbook'. Oor die algemeen
is
dit mos die akedemikus wat probeer 'opskryf' in die waas van sy eie
belangrikheid of om homself belangrik te maak. Hier het jy iemand wat
die
behoefte besef het van die gewone toeris wat die wonderlike geologie van
ons
land elke dag sien en wonder hoe het alles tot stand gekom. Sy
verduidelik
alles in verstaanbare taal en terme sodat ons dom donners vir 'n slag iets
kan verstaan!
In elk geval, sy reken Namibië het een van die mees stabiele
grondstrukture op die aardbol [die dat die VSA, Europa, Kanada, ens. almal
so graag kernafval hier in ons woestyne wil kom begrawe] en dat die eerste
kraak van die Godwana-skeiding juis ongeveer langs die Namibiese kus begin
het. [Die Gobabis-boere stry natuurlik dat hulle vrek, want hulle reken
daai laaste faait by die 40's se groot verkiesing was die oorsaak!] In
elk
geval, jou diamante-teorie kan sekerlik reg wees, maar daar is iets anders
wat my weer opval:
Afrika se westekant is droog en Suid-Amerika se oostekant is nat.
So is die weste van die VSA droog en die oostekant drup van die water.
So
ook Australië.
<bouwer@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:1149113178.568085.207220@[EMAIL PROTECTED]
Nog 'n interessante brokkie wat ek hieroor in 'n
ander boek gelees het: In Suid Amerika, op die
plek waar Afrika en Suid Amerika miljoene jare
gelede één was, kry hulle alluviale diamante,
sonder enige rede daarvoor, behalwe dat dit
deel was van dieselfde pyplyn wat diamante
aan die mond van die Oranje-rivier gee. Dieselfde
gebeur in Indië - daar is 'n area waar hulle diamante
vind, en die enigste verklaring daarvoor is dat dit
deel was van dieselfde pyplyn diamante in die
oorspronklike Gondwanaland, wat veroorsaak het
dat SA so ryk aan diamante is.
Vir ander mag hierdie saak miskien net
akademies interessant wees. Maar vir iemand wat
in haar jeug gaan "diamante soek" het in die
uitgewerkte kleims wat in die heuwels rondom
Marchand gevind kon word, is dit nogal van
persoonlike belang. Blykbaar het die Oranje
oor die eeue effens van vloei verskuif, en was
daar dus alluviale diamante in die heuwels
rondom Marchand.
Ons het nooit diamante gekry nie. Wel
soms klein robyne. Robyne is altyd teenwoordig
waar daar diamante is.
Gloudina


|