Suidwester skryf
> maar daar is iets anders > wat my weer opval:
> Afrika se westekant is droog en Suid-Amerika se oostekant is nat.
> So is die weste van die VSA droog en die oostekant drup van die water.
=
So
> ook Australi=EB.
Ek praat onder korreksie, maar ek dink dit het
te doen met die heersende winde en die nabyheid
van watermassas. En ook met watter breedtegraad
die land is waarna jy verwys. Onthou, as jy s=EA dat
die VSA se hele westekant droog is, dan maak jy
'n fout. Dis net die deel wat in die Mediterreense
klimaat se breedtegrade l=EA wat so droog is. Soos
mens in Oregon begin kom, en dan op in Kanada,
is daar woude op die weskus. Dieselfde met
Afrika. Namibi=EB is droog, maar net bo julle in
Angola en verder op is daar woude op die
westekant. Totdat jy weer bo in die Mediterreense
klimaat kom, en dan begin dit weer droog word.
Gloudina


|