Ja - die robyne en diamante gaan saam. Maar nie noodwendig nie...
My Oupa het gaan delf naby Christiana in die Wes-Transvaal op sy dag.
En met net 'n botteltjie robyne teruggekom - volgens my Ouma.
"Continental drift" (ek ken nie die Afrikaans nie) was aanvanklik bloot
'n teorie - vandag is natuurlik 'n voldwonge feit.
bouwer@[EMAIL PROTECTED]
wrote:
> > Die kontinente van die aarde het nie altyd gelyk soos dit
> > vandag lyk nie. Mens weet dat Afrika en Suid-Amerika
> > oorspronklik een was in die oer-kontinent van Gondwana-
> > land, en dat dit later van mekaar weggebreek het. Deel
> > van die oorspronklike Gondwanaland het ook weggebreek
> > in die ooste en opgedryf in die rigting van Indi=EB.
>
> Nog 'n interessante brokkie wat ek hieroor in 'n
> ander boek gelees het: In Suid Amerika, op die
> plek waar Afrika en Suid Amerika miljoene jare
> gelede =E9=E9n was, kry hulle alluviale diamante,
> sonder enige rede daarvoor, behalwe dat dit
> deel was van dieselfde pyplyn wat diamante
> aan die mond van die Oranje-rivier gee. Dieselfde
> gebeur in Indi=EB - daar is 'n area waar hulle diamante
> vind, en die enigste verklaring daarvoor is dat dit
> deel was van dieselfde pyplyn diamante in die
> oorspronklike Gondwanaland, wat veroorsaak het
> dat SA so ryk aan diamante is.
> Vir ander mag hierdie saak miskien net
> akademies interessant wees. Maar vir iemand wat
> in haar jeug gaan "diamante soek" het in die
> uitgewerkte kleims wat in die heuwels rondom
> Marchand gevind kon word, is dit nogal van
> persoonlike belang. Blykbaar het die Oranje
> oor die eeue effens van vloei verskuif, en was
> daar dus alluviale diamante in die heuwels
> rondom Marchand.
> Ons het nooit diamante gekry nie. Wel
> soms klein robyne. Robyne is altyd teenwoordig
> waar daar diamante is.
>=20
> Gloudina


|