Ek praat nie spesifiek nie, sommer in breë trekke. As jy na
Suidelike-Afrika kyk, dan is die droogste dele na die Westekant geleë en
is
die warm, natter klimaat na die oostekant toe. Sover ek weet is in
Noord-Amerika die woestyne ook meestal aan die westekant? Sekerlik as jy
nader na die noordpool beweeg sal dit verander, daaroor stry ek nie. Ek
wonder wat sou geoloë sê? Dalk iets met die draai van die aardbol te
doene? En aerodinamika?
<bouwer@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:1149164160.658291.129390@[EMAIL PROTECTED]
skryf
> maar daar is iets anders > wat my weer opval:
> Afrika se westekant is droog en Suid-Amerika se oostekant is nat.
> So is die weste van die VSA droog en die oostekant drup van die water.
> So
> ook Australië.
Ek praat onder korreksie, maar ek dink dit het
te doen met die heersende winde en die nabyheid
van watermassas. En ook met watter breedtegraad
die land is waarna jy verwys. Onthou, as jy sê dat
die VSA se hele westekant droog is, dan maak jy
'n fout. Dis net die deel wat in die Mediterreense
klimaat se breedtegrade lê wat so droog is. Soos
mens in Oregon begin kom, en dan op in Kanada,
is daar woude op die weskus. Dieselfde met
Afrika. Namibië is droog, maar net bo julle in
Angola en verder op is daar woude op die
westekant. Totdat jy weer bo in die Mediterreense
klimaat kom, en dan begin dit weer droog word.
Gloudina


|