Leeftyd se wroeg - en tog maak dit min verskil
Jun 02 2006 07:16:40:230PM - (SA)
D ie onderhoud moenie oor hom gaan nie, s=EA mnr. Dave Murray (45),
susterskind van die vermoorde NP-ekonoom dr. Robert Smit.
"Die prentjie is baie groter as d=EDt waarop mense fokus. Ek wil nie
die mens in die middel van die verhaal wees nie. Ek wil nie afbreuk
doen aan hul dood nie.
"Maar dit is vir my sleg om te sien sommige dinge is nog presies
dieselfde as in die ou Suid-Afrika: dit gaan oor olie en wapenaankope
en indien di=E9 sektore in die nuwe Suid-Afrika nie 'skoongemaak'
word nie, sal ons nooit vry wees nie."
Murray raak baie vinnig ernstig, di=E9 lang, skraal, aangename man wie
se lewe heeltemal deur die vreemde moord op sy briljante oom en
saggeaarde tannie oorgeneem is.
Die soeke na die waarheid het hom twee huwelike, gebroke verhoudings
met sy kinders en 'n drankprobleem gekos. Hoewel hy nie veel
antwoorde op die tergende vrae het nie, is hy vandag beslis 'n wyser
man.
Die lewe van sy neef mnr. Robert Smit jr., seun van die vermoorde
Smit-egpaar, is uiteraard ingrypend geraak deur die trauma van destyds.
Hy was 15 jaar oud toe sy ouers vermoor is.
Dit was moeilike jare daarna, s=EA hy - daardie gevoel van alleenheid,
om groot te word sonder jou ouers, om nie te weet waarom nie. Maar hy
het 'n pad met God gestap en vandag is hy nie meer alleen nie (berig
hieronder).
Murray praat selfversekerd oor 'n onderwerp wat hy kennelik goed
ingestudeer het.
Die name van bekendes in NP-kringe duik kort-kort op: eerste ministers,
frontmaatskappye wat moes seker maak apartheid-Suid-Afrika het genoeg
oliereserwes, ondersoekbeamptes, wynplase in die Kaap en Sowjet-spioene
wat in Simonstad vasgetrek is. Almal blykbaar met een gemene deler: dr.
Robert Smit.
"Dit was 'n moeilike tyd vir my familie," s=EA hy terwyl hy
vooroor sit en die kooltjie op die punt van sy Camel Filter langer
word. "My ma was gebroke toe sy van haar broer se dood hoor. Daar was
niks wat my pa daaraan kon doen nie. Sy was tien jaar lank te bang om
voor 'n oop venster in die huis te sit."
Murray was 16 jaar oud toe Smit, 'n voormalige Suid-Afrikaanse
verteenwoordiger by die Internasionale Monet=EAre Fonds in Wa****ngton,
en sy vrou, Jean-Cora, op 22 November 1977 in hul huurhuis in Springs
doodgeskiet is.
Murray soek al 29 jaar lank na antwoorde op die vrae wie die sneller
getrek het en waarom hulle dit gedoen het. Maar, s=EA hy, "dit gaan
lankal nie meer vir my oor wie die moordenaars is nie".
Hy bly lank stil. Sy o=EB word rooi en sy diep stem sag: "Dit was my
t=E1nnie wat hulle so wreedaardig doodgemaak het. My sagte tannie.
"Weet jy, sy het my uit die koshuis in Pretoria Boys' High kom haal
toe my blindederm lol. Dit was sy wat my na die Little Company of
Mary-hospitaal geneem het en langs my bed was toe ek n=E1 die operasie
wakker word.
"Hulle het haar eerste vermoor. Sy was klein, tengerig. Sy het met
haar hande probeer keer," s=EA hy terwyl hy wys hoe sy waarskynlik
haar hande voor haar gesig gehou het.
"Haar linkerduim is met die eerste skoot afgeskiet . . .
"Sekere dinge moet seker maar net met rus gelaat word . . . Don't
f*** with it ."
Murray het 'n "kleurryke lewe", soos hy dit bestempel, gelei. Sy
tweede huwelik is op die rotse, sy verhouding met sy drie kinders uit
sy eerste huwelik is spotty en hy is op pad na 'n Alkoholiste
Anoniem-vergadering ("ek's nou sewe maande nugter").
"Die woede, kwaad en die wrok wat ek gedra het, is amper weg,"
vertel hy, aanvanklik huiwerig en toe driftig: "Hoe dieper ek gekrap
het, hoe meer deure in my gesig toegeslaan is, en hoe meer ek besef het
hoe korrup die 'stelsel' is, hoe meer het ek geloof in die land en
in God verloor."
Dit het hom baie gekos.
Verhoudings, stabiliteit, normaliteit en respek. "Ek dink nie ek is
op die oomblik 'n vergestalting van die soort man wat oom Robert was
nie, maar ek werk hard om daar uit te kom."
Die moorde m=E1g nie vergeet word nie, s=EA hy. Maar sy oom en tante se
dood "sal niks beteken" as dit wat in die ou Suid-Afrika verkeerd
was, nie in die nuwe Suid-Afrika reggemaak word nie. "Ons politieke
stelsel moet deursigtig met 'n sterk sin van maatskaplike
geregtigheid wees. As ons d=EDt nie regkry nie, kan ons maar netsowel
vir oom John Vorster vra om terug te kom."
Hy het nou 'n "selfsugtige" besluit geneem dat die veiligheid van
sy familie en geliefdes belangriker is as om uit te vind waarom sy oom
en tante vermoor is. "Ek het begin bang raak. Dis 'n gevaarlike
speletjie di=E9. You don't f*** with these people."
Smit was 'n NP-kandidaat vir die komende algemene verkiesing in 1977
en wyd is gegis dat hy eendag minister van finansies sou kon word.
"My oom is in 1976 aangestel as uitvoerende hoof van Santam
Internasionaal. Di=E9 onderneming, wat gesamentlik deur onder meer
Santam, plaaslike handelsbanke en wapentuighandelaars gestig is, was
glo 'n frontmaatskappy wat kredietgeriewe aan plaaslike ondernemings
en die regering moes bied om goedere te bekom wat ons nie ingevolge
sanksies maklik kon kry nie."
Soos wapens en olie, s=EA Murray.
"Die winsgrens op van die goedere wat di=E9 sogenaamde sanction
busters gemaak het, was enorm. My oom het in 'n stadium agtergekom
'n sekere persentasie word van di=E9 bedrae weggesyfer."
Tot in die sakke van "Afrikaner-maatskappye, Broederbonders se
bankrekenings en NP's se diskresion=EAre fondse".
Murray is versigtig om te veel te s=EA en doen moeite om te verduidelik
dat hy nie meer so behep is daarmee om ten alle koste agter die kap van
die byl te kom nie.
"Uit gesprekke met mense wat baie naby aan hom was, is ek oortuig my
oom het bewyse gekry van reuse somme geld wat weggesyfer is."
Murray het die logistiek en meganika van die beweegredes agter sy oom
en tannie se dood al honderde kere in sy kop uitgepluis en duisende
kere hardop daarvan probeer sin maak.
Dit is bekend dat Smit die aand van sy dood 'n afspraak met ene
"McDougall" gehad het.
"Oom Robert (wat aan Grey-kollege in Bloemfontein gematrikuleer het)
was 'n Rhodes-beurshouer en het aan Pembroke-kollege in Oxford
gestudeer. McDougall was onder sy vriende 'n staande grap en was 'n
verwysing na een van hul makkers.
"Ek dink hy was veronderstel om daardie aand iemand te ontmoet met
wie hy al 'n lang pad gestap het."
Konteks is vir Murray belangrik. "Die inligting waaroor oom Robert
beskik het, sou die NP destyds erg seergemaak en verreikende gevolge
gehad het."
Die stryd tussen die verligtes en verkramptes in die NP was besig om
'n hoogtepunt te bereik. Sommige mense kon geredeneer het deur sy oom
"stil te maak", sou 'n swaai na regs verhoed kon word.
"Hy het destyds oor die inligting (waaroor hy beskik het) aan my pa
ges=EA: 'Dit sal Watergate na kinderspeletjies laat lyk.' En hy was
nie geneig om te oordryf nie."
Die dood van die swartbewussynsaktivis Steve Biko in September 1977 -
net twee maande voor die Smit-moorde - was vir sy oom 'n
openbaring, s=EA Murray. Sy o=EB het oopgaan vir die toestande waarin
swart Suid-Afrikaners geleef het en hy was oortuig hy kan 'n verskil
maak om 'n blywende oplossing vir die land se rasseprobleme te vind.
"Hy het n=E1 'n vergadering met mnr. F.W. de Klerk (destyds LP vir
Vereeniging) en mnre. Barend du Plessis (later minister van finansies)
en Louis la Grange (later minister van wet en orde) besluit om hom vir
die setel in Springs verkiesbaar te stel."
Dis vir Murray duidelik sy oom is as deel van die "verligte" kamp
in die NP beskou en dat hy 'n noue verhouding met De Klerk gehad het.
Hy vertel sy ma het De Klerk die jaar n=E1 haar broer se dood gaan
spreek om oor die stadige vordering met die moordondersoek te kla.
"Hy het (volgens haar) ges=EA watter groot verlies haar broer se dood
vir die land is en het belowe om uit te vind wat met die ondersoek
gebeur. Dit was die laaste van hom: nie 'n brief of 'n oproep
daarna om te s=EA wat aangaan nie."
Murray glo die verligtes in die NP-kamp wou die inligting wat sy oom
gehad het, gebruik om die verkramptes uit te werk. Hy dink nie Smit sou
die inligting vir homself gehou het nie en glo verskeie vergaderings is
met belanghebbendes gehou.
"Ek dink die moorde is oorhaastig uitgevoer en swak beplan. Iemand
het paniekerig geraak en wou dadelik van hom ontslae raak."
Murray het nie veel erg aan sommige bespiegelings oor die moorde nie.
So meen hy bespiegelings dat die Smit-egpaar in opdrag van genl.
Langhendrik van den Bergh, destyds hoof van die Buro vir
Staatsveiligheid (BOSS), geskiet is, is bog: "Waarom is hy dan nooit
voor die hof gedaag nie? As Van den Bergh hof toe gesleep is, sou die
hele sak patats mos uitkom."
Ook bespiegelings oor huurmoordenaars wat die land via die
Lanseria-lughawe sou verlaat het en beweerde navrae deur die
Amerikaanse CIA oor internasionale sluipmoordenaars wat glo betrokke
sou gewees het, is twak: "Daar is geen bewyse daarvoor nie."
En as die waarheid eendag uitkom?
"Ek weet nie. My eerste gedagte sal seker wees om te vra hoekom ek
dit nie vroe=EBr self ontrafel het nie. Ek dink die oplossing is voor
die hand liggend - dit staar ons in die gesig."
Sy gedagtes dwaal: na sakemanne met bedenklike reputasies, smokkelaars
wat Suid-Afrika as halfweghuis in die Koue Oorlog gebruik het, die land
se sentrale energiefonds, oud-NP-ministers wat vandag rustig afgetree
is . . .
"As die moorde eendag opgelos word, sal dit seker nie veel verskil
aan die meeste mense maak nie. Dis immers ou nuus. Ek skat die enigste
waarde wat s=F3 'n onthulling kan h=EA, is dat 'n mens die
geskiedenis reg sal kan interpreteer.
"Ek dink baie van die goeie goed wat destyds deur ware patriotte
gedoen is, word vandag weggesteek. Baie van di=E9 mense het hard gewerk
om Suid-Afrika aan die gang te hou en tyd te koop. Ons sou nie in die
1970's 'n oorgangstydperk midde-in die kommunistiese bedreiging en
die (Amerikaanse) Carter-administrasie oorleef het nie."
Een ding is seker: Robert Smit se dood was 'n verlies vir
Suid-Afrika.
"Deur hom te vermoor, is die gees van iemand wat 'n positiewe krag
in ons geskiedenis kon gewees het, uitgedoof. Hy sou baie waardevol in
die Suid-Afrika van destyds gewees het. Hy was 'n progressiewe
patriot."
Murray s=EA hy kan mens dae lank besig hou met besonderhede van sy
soektog na die waarheid. Maar of dit nog relevant is, weet hy nie.
"Ek is besig om my lewe vir die soveelste keer aanmekaar te sit. Ek
is nie meer honger nie: die wrewel is weg - maar die emosie is steeds
daar."
Die moorde op sy oom en tante 29 jaar gelede is nog nie opgelos nie,
maar vir Murray is die dossier gesluit.
'Ek het vergewe, soos verwag word'
"Ek is al 29 jaar lank hartseer," s=EA mnr. Robert Smit, seun van
dr. Robert Smit.
"Dis 'n groot deel van 'n ou se lewe. Ek was 'n seun toe my pa
en ma vermoor is, 15 jaar oud. Mens het jou ouers nodig om vir jou
leiding te gee en jou groot te maak. Ek het d=EDt nie gehad nie.
"Dis nie lekker om jou ouers dood te sien nie . . . ek het saam met
my oom na hul lyke gaan kyk. Dit was sleg.
"Ek was destyds te jonk om presies te weet waarby my pa betrokke was.
"Ja, die moorde het my hartseer gemaak, maar die probleem is steeds
dat ek nie weet wie dit gedoen het nie en ook nie waarom nie. Ek het al
vrede daarmee gemaak dat ek nooit antwoorde sal kry nie. Mens moet
bloot aanvaar hulle is vermoor en dis dit.
"As volwassene leer mens om dinge beter te hanteer, maar aanvanklik
het ek gesukkel om te cope . Dit het my nader aan die Here gebring en
ek het di=E9 wat my ouers doodgemaak het, vergewe, soos daar van my
verwag word.
"As die ware moordenaars eendag gevang word, sal ek waarskynlik niks
vir hulle te s=EA h=EA nie.
"Die stories wat in die koerante gepubliseer is en die gerugte oor
hul moorde? Nee, ek het my nie daaraan gesteur nie. Jy moet met
konkrete bewyse na my kom. Gerugte werk nie vir my nie.
"Ek is vandag gelukkig getroud, ek het drie kinders en 'n baie
goeie werk in Rustenburg. Die Here het my gemaak wie ek nou is.
"Ek is nie meer alleen nie.
"Ek is nou 44 - so oud soos my pa toe hy vermoor is . . ."


|