Talk About Network

Google


Register and Login
Nick
Password
Register create new account Sign up is FREE and you can post replies, new topics, bookmark posts and more!
Recover lost password


Education > Languages Afrikaans > Re: Wie in glas...
Latest [ Topics | Posts ] Archive Post A New Topic Post a Reply
<< Topic < Post Post 2 of 2 Topic 455 of 492
Post > Topic >>

Re: Wie in glashuise woon.....

by "Jonas" <fanagalog@[EMAIL PROTECTED] > Jun 3, 2006 at 11:11 PM

Hierdie is 'n tragiese verhaal. Veral vir die kinders van die vermoorde
mense.
Ek glo dat die mense wat hulself persoonlik verryk het uit die
transaksies waarna daar verwys word, moet nou vervolg word - en hulle
moet gestraf word.
As Smit en sy vrou op die manier doodgemaak is om hul stil te kry oor
die ontbloting van persoonlike skelmstreke is dit onverskoonbaar.

Die artikel meld ook - "dit gaan oor olie en wapenaankope en indien
di=E9 sektore in die nuwe Suid-Afrika nie 'skoongemaak' word nie, sal
ons nooit vry wees nie." Die reels mbt wapens en olie word nie in
Suid-Afrika gemaak nie.

bouwer@[EMAIL PROTECTED]
 wrote:
> Leeftyd se wroeg - en tog maak dit min verskil
> Jun 02 2006 07:16:40:230PM  - (SA)
>
>  D ie onderhoud moenie oor hom gaan nie, s=EA mnr. Dave Murray (45),
> susterskind van die vermoorde NP-ekonoom dr. Robert Smit.
>
> "Die prentjie is baie groter as d=EDt waarop mense fokus. Ek wil nie
> die mens in die middel van die verhaal wees nie. Ek wil nie afbreuk
> doen aan hul dood nie.
>
> "Maar dit is vir my sleg om te sien sommige dinge is nog presies
> dieselfde as in die ou Suid-Afrika: dit gaan oor olie en wapenaankope
> en indien di=E9 sektore in die nuwe Suid-Afrika nie 'skoongemaak'
> word nie, sal ons nooit vry wees nie."
>
> Murray raak baie vinnig ernstig, di=E9 lang, skraal, aangename man wie
> se lewe heeltemal deur die vreemde moord op sy briljante oom en
> saggeaarde tannie oorgeneem is.
>
> Die soeke na die waarheid het hom twee huwelike, gebroke verhoudings
> met sy kinders en 'n drankprobleem gekos. Hoewel hy nie veel
> antwoorde op die tergende vrae het nie, is hy vandag beslis 'n wyser
> man.
>
> Die lewe van sy neef mnr. Robert Smit jr., seun van die vermoorde
> Smit-egpaar, is uiteraard ingrypend geraak deur die trauma van destyds.
> Hy was 15 jaar oud toe sy ouers vermoor is.
>
> Dit was moeilike jare daarna, s=EA hy - daardie gevoel van alleenheid,
> om groot te word sonder jou ouers, om nie te weet waarom nie. Maar hy
> het 'n pad met God gestap en vandag is hy nie meer alleen nie (berig
> hieronder).
>
>
>
> Murray praat selfversekerd oor 'n onderwerp wat hy kennelik goed
> ingestudeer het.
>
> Die name van bekendes in NP-kringe duik kort-kort op: eerste ministers,
> frontmaatskappye wat moes seker maak apartheid-Suid-Afrika het genoeg
> oliereserwes, ondersoekbeamptes, wynplase in die Kaap en Sowjet-spioene
> wat in Simonstad vasgetrek is. Almal blykbaar met een gemene deler: dr.
> Robert Smit.
>
> "Dit was 'n moeilike tyd vir my familie," s=EA hy terwyl hy
> vooroor sit en die kooltjie op die punt van sy Camel Filter langer
> word. "My ma was gebroke toe sy van haar broer se dood hoor. Daar was
> niks wat my pa daaraan kon doen nie. Sy was tien jaar lank te bang om
> voor 'n oop venster in die huis te sit."
>
> Murray was 16 jaar oud toe Smit, 'n voormalige Suid-Afrikaanse
> verteenwoordiger by die Internasionale Monet=EAre Fonds in Wa****ngton,
> en sy vrou, Jean-Cora, op 22 November 1977 in hul huurhuis in Springs
> doodgeskiet is.
>
> Murray soek al 29 jaar lank na antwoorde op die vrae wie die sneller
> getrek het en waarom hulle dit gedoen het. Maar, s=EA hy, "dit gaan
> lankal nie meer vir my oor wie die moordenaars is nie".
>
> Hy bly lank stil. Sy o=EB word rooi en sy diep stem sag: "Dit was my
> t=E1nnie wat hulle so wreedaardig doodgemaak het. My sagte tannie.
>
> "Weet jy, sy het my uit die koshuis in Pretoria Boys' High kom haal
> toe my blindederm lol. Dit was sy wat my na die Little Company of
> Mary-hospitaal geneem het en langs my bed was toe ek n=E1 die operasie
> wakker word.
>
> "Hulle het haar eerste vermoor. Sy was klein, tengerig. Sy het met
> haar hande probeer keer," s=EA hy terwyl hy wys hoe sy waarskynlik
> haar hande voor haar gesig gehou het.
>
> "Haar linkerduim is met die eerste skoot afgeskiet . . .
>
> "Sekere dinge moet seker maar net met rus gelaat word . . . Don't
> f*** with it ."
>
>
>
> Murray het 'n "kleurryke lewe", soos hy dit bestempel, gelei. Sy
> tweede huwelik is op die rotse, sy verhouding met sy drie kinders uit
> sy eerste huwelik is spotty en hy is op pad na 'n Alkoholiste
> Anoniem-vergadering ("ek's nou sewe maande nugter").
>
> "Die woede, kwaad en die wrok wat ek gedra het, is amper weg,"
> vertel hy, aanvanklik huiwerig en toe driftig: "Hoe dieper ek gekrap
> het, hoe meer deure in my gesig toegeslaan is, en hoe meer ek besef het
> hoe korrup die 'stelsel' is, hoe meer het ek geloof in die land en
> in God verloor."
>
> Dit het hom baie gekos.
>
> Verhoudings, stabiliteit, normaliteit en respek. "Ek dink nie ek is
> op die oomblik 'n vergestalting van die soort man wat oom Robert was
> nie, maar ek werk hard om daar uit te kom."
>
> Die moorde m=E1g nie vergeet word nie, s=EA hy. Maar sy oom en tante se
> dood "sal niks beteken" as dit wat in die ou Suid-Afrika verkeerd
> was, nie in die nuwe Suid-Afrika reggemaak word nie. "Ons politieke
> stelsel moet deursigtig met 'n sterk sin van maatskaplike
> geregtigheid wees. As ons d=EDt nie regkry nie, kan ons maar netsowel
> vir oom John Vorster vra om terug te kom."
>
> Hy het nou 'n "selfsugtige" besluit geneem dat die veiligheid van
> sy familie en geliefdes belangriker is as om uit te vind waarom sy oom
> en tante vermoor is. "Ek het begin bang raak. Dis 'n gevaarlike
> speletjie di=E9. You don't f*** with these people."
>
>
>
> Smit was 'n NP-kandidaat vir die komende algemene verkiesing in 1977
> en wyd is gegis dat hy eendag minister van finansies sou kon word.
>
> "My oom is in 1976 aangestel as uitvoerende hoof van Santam
> Internasionaal. Di=E9 onderneming, wat gesamentlik deur onder meer
> Santam, plaaslike handelsbanke en wapentuighandelaars gestig is, was
> glo 'n frontmaatskappy wat kredietgeriewe aan plaaslike ondernemings
> en die regering moes bied om goedere te bekom wat ons nie ingevolge
> sanksies maklik kon kry nie."
>
> Soos wapens en olie, s=EA Murray.
>
> "Die winsgrens op van die goedere wat di=E9 sogenaamde sanction
> busters gemaak het, was enorm. My oom het in 'n stadium agtergekom
> 'n sekere persentasie word van di=E9 bedrae weggesyfer."
>
> Tot in die sakke van "Afrikaner-maatskappye, Broederbonders se
> bankrekenings en NP's se diskresion=EAre fondse".
>
> Murray is versigtig om te veel te s=EA en doen moeite om te verduidelik
> dat hy nie meer so behep is daarmee om ten alle koste agter die kap van
> die byl te kom nie.
>
> "Uit gesprekke met mense wat baie naby aan hom was, is ek oortuig my
> oom het bewyse gekry van reuse somme geld wat weggesyfer is."
>
> Murray het die logistiek en meganika van die beweegredes agter sy oom
> en tannie se dood al honderde kere in sy kop uitgepluis en duisende
> kere hardop daarvan probeer sin maak.
>
> Dit is bekend dat Smit die aand van sy dood 'n afspraak met ene
> "McDougall" gehad het.
>
> "Oom Robert (wat aan Grey-kollege in Bloemfontein gematrikuleer het)
> was 'n Rhodes-beurshouer en het aan Pembroke-kollege in Oxford
> gestudeer. McDougall was onder sy vriende 'n staande grap en was 'n
> verwysing na een van hul makkers.
>
> "Ek dink hy was veronderstel om daardie aand iemand te ontmoet met
> wie hy al 'n lang pad gestap het."
>
> Konteks is vir Murray belangrik. "Die inligting waaroor oom Robert
> beskik het, sou die NP destyds erg seergemaak en verreikende gevolge
> gehad het."
>
> Die stryd tussen die verligtes en verkramptes in die NP was besig om
> 'n hoogtepunt te bereik. Sommige mense kon geredeneer het deur sy oom
> "stil te maak", sou 'n swaai na regs verhoed kon word.
>
> "Hy het destyds oor die inligting (waaroor hy beskik het) aan my pa
> ges=EA: 'Dit sal Watergate na kinderspeletjies laat lyk.' En hy was
> nie geneig om te oordryf nie."
>
>
>
> Die dood van die swartbewussynsaktivis Steve Biko in September 1977 -
> net twee maande voor die Smit-moorde - was vir sy oom 'n
> openbaring, s=EA Murray. Sy o=EB het oopgaan vir die toestande waarin
> swart Suid-Afrikaners geleef het en hy was oortuig hy kan 'n verskil
> maak om 'n blywende oplossing vir die land se rasseprobleme te vind.
>
> "Hy het n=E1 'n vergadering met mnr. F.W. de Klerk (destyds LP vir
> Vereeniging) en mnre. Barend du Plessis (later minister van finansies)
> en Louis la Grange (later minister van wet en orde) besluit om hom vir
> die setel in Springs verkiesbaar te stel."
>
> Dis vir Murray duidelik sy oom is as deel van die "verligte" kamp
> in die NP beskou en dat hy 'n noue verhouding met De Klerk gehad het.
>
> Hy vertel sy ma het De Klerk die jaar n=E1 haar broer se dood gaan
> spreek om oor die stadige vordering met die moordondersoek te kla.
>
> "Hy het (volgens haar) ges=EA watter groot verlies haar broer se dood
> vir die land is en het belowe om uit te vind wat met die ondersoek
> gebeur. Dit was die laaste van hom: nie 'n brief of 'n oproep
> daarna om te s=EA wat aangaan nie."
>
> Murray glo die verligtes in die NP-kamp wou die inligting wat sy oom
> gehad het, gebruik om die verkramptes uit te werk. Hy dink nie Smit sou
> die inligting vir homself gehou het nie en glo verskeie vergaderings is
> met belanghebbendes gehou.
>
> "Ek dink die moorde is oorhaastig uitgevoer en swak beplan. Iemand
> het paniekerig geraak en wou dadelik van hom ontslae raak."
>
> Murray het nie veel erg aan sommige bespiegelings oor die moorde nie.
> So meen hy bespiegelings dat die Smit-egpaar in opdrag van genl.
> Langhendrik van den Bergh, destyds hoof van die Buro vir
> Staatsveiligheid (BOSS), geskiet is, is bog: "Waarom is hy dan nooit
> voor die hof gedaag nie? As Van den Bergh hof toe gesleep is, sou die
> hele sak patats mos uitkom."
>
> Ook bespiegelings oor huurmoordenaars wat die land via die
> Lanseria-lughawe sou verlaat het en beweerde navrae deur die
> Amerikaanse CIA oor internasionale sluipmoordenaars wat glo betrokke
> sou gewees het, is twak: "Daar is geen bewyse daarvoor nie."
>
>
>
> En as die waarheid eendag uitkom?
>
> "Ek weet nie. My eerste gedagte sal seker wees om te vra hoekom ek
> dit nie vroe=EBr self ontrafel het nie. Ek dink die oplossing is voor
> die hand liggend - dit staar ons in die gesig."
>
> Sy gedagtes dwaal: na sakemanne met bedenklike reputasies, smokkelaars
> wat Suid-Afrika as halfweghuis in die Koue Oorlog gebruik het, die land
> se sentrale energiefonds, oud-NP-ministers wat vandag rustig afgetree
> is . . .
>
> "As die moorde eendag opgelos word, sal dit seker nie veel verskil
> aan die meeste mense maak nie. Dis immers ou nuus. Ek skat die enigste
> waarde wat s=F3 'n onthulling kan h=EA, is dat 'n mens die
> geskiedenis reg sal kan interpreteer.
>
> "Ek dink baie van die goeie goed wat destyds deur ware patriotte
> gedoen is, word vandag weggesteek. Baie van di=E9 mense het hard gewerk
> om Suid-Afrika aan die gang te hou en tyd te koop. Ons sou nie in die
> 1970's 'n oorgangstydperk midde-in die kommunistiese bedreiging en
> die (Amerikaanse) Carter-administrasie oorleef het nie."
>
> Een ding is seker: Robert Smit se dood was 'n verlies vir
> Suid-Afrika.
>
> "Deur hom te vermoor, is die gees van iemand wat 'n positiewe krag
> in ons geskiedenis kon gewees het, uitgedoof. Hy sou baie waardevol in
> die Suid-Afrika van destyds gewees het. Hy was 'n progressiewe
> patriot."
>
> Murray s=EA hy kan mens dae lank besig hou met besonderhede van sy
> soektog na die waarheid. Maar of dit nog relevant is, weet hy nie.
>
> "Ek is besig om my lewe vir die soveelste keer aanmekaar te sit. Ek
> is nie meer honger nie: die wrewel is weg - maar die emosie is steeds
> daar."
>
> Die moorde op sy oom en tante 29 jaar gelede is nog nie opgelos nie,
> maar vir Murray is die dossier gesluit.
>
>
>
> 'Ek het vergewe, soos verwag word'
>
>
>
> "Ek is al 29 jaar lank hartseer," s=EA mnr. Robert Smit, seun van
> dr. Robert Smit.
>
> "Dis 'n groot deel van 'n ou se lewe. Ek was 'n seun toe my pa
> en ma vermoor is, 15 jaar oud. Mens het jou ouers nodig om vir jou
> leiding te gee en jou groot te maak. Ek het d=EDt nie gehad nie.
>
> "Dis nie lekker om jou ouers dood te sien nie . . . ek het saam met
> my oom na hul lyke gaan kyk. Dit was sleg.
>
> "Ek was destyds te jonk om presies te weet waarby my pa betrokke was.
>
> "Ja, die moorde het my hartseer gemaak, maar die probleem is steeds
> dat ek nie weet wie dit gedoen het nie en ook nie waarom nie. Ek het al
> vrede daarmee gemaak dat ek nooit antwoorde sal kry nie. Mens moet
> bloot aanvaar hulle is vermoor en dis dit.
>
> "As volwassene leer mens om dinge beter te hanteer, maar aanvanklik
> het ek gesukkel om te cope . Dit het my nader aan die Here gebring en
> ek het di=E9 wat my ouers doodgemaak het, vergewe, soos daar van my
> verwag word.
>
> "As die ware moordenaars eendag gevang word, sal ek waarskynlik niks
> vir hulle te s=EA h=EA nie.
>
> "Die stories wat in die koerante gepubliseer is en die gerugte oor
> hul moorde? Nee, ek het my nie daaraan gesteur nie. Jy moet met
> konkrete bewyse na my kom. Gerugte werk nie vir my nie.
>
> "Ek is vandag gelukkig getroud, ek het drie kinders en 'n baie
> goeie werk in Rustenburg. Die Here het my gemaak wie ek nou is.
>
> "Ek is nie meer alleen nie.
>=20
> "Ek is nou 44 - so oud soos my pa toe hy vermoor is . . ."
 




 2 Posts in Topic:
Wie in glashuise woon.....
bouwer@[EMAIL PROTECTED]   2006-06-03 07:14:47 
Re: Wie in glashuise woon.....
"Jonas" <fan  2006-06-03 23:11:35 

Post A Reply:
  Go here to Signup

AddThis Feed Button


About - Advertising - Contact - Frequently Asked Questions - Privacy Policy - Terms of Use - Signup

Contact
tan12V112 Sat Nov 22 12:24:38 CST 2008.