Tot dusver was daar nog net twee mense wat ereburgers
van Kanada gemaak is. Die een is Raoul Wallenberg, die
Sweedse diplomaat wat gedurende die Tweede W=EAreld-
oorlog talle Jode uit Duitsland uitgesmokkel het. Die ander
ereburger is Nelson Mandela. Nou sien ek dat hulle die
Dalai Lama ook ereburger van Kanada gaan maak. Dit
verbaas my nogal. Die Kanadese regering het tot dusver
hulself gedistansieer van die Dalai Lama, want hulle is
te bang om op Sjina se tone te trap. Ek wonder of die
nuwe Konserwatiewe Regering iets daarmee te doen
het.
Gloudina