Is geweld in SA drasties aan die toeneem die afgelope
paar jaar? As mens mediaberigte lees, dan sou mens
so dink.
Maar wat vir my snaaks is, is die ongesproke vibes
wat ek van familie kry. Net na 1994 was meeste van
hierdie familielede baie geinteresseerd om vir ons te
vertel van die geweld, en hoe mens nerens heen kon
gaan nie. Deesdae kry ons nie meer daardie soort
gevoel nie. Die familielede ry ook oral rond asof daar
geen gevaar is nie. Wat het verander? Ek merk selfs
op dat die aantal aanmerkings wat subtiel anti-swart
is aan die afneem is. Dis nou van familielede wat
in die ou dae Konserwatiewe party sou gestem het.
Ek neem aan daar is baie geweld in SA. Net
soos daar 'n ruk gelede baie meer geweld byvoorbeeld
in New York City was as wat daar nou is. Die afneem
van geweld in New York word gewoonlik toegeskryf
aan die feit dat die baby boomers se kinders die
meer geweld veroorsaak het deur hulle groter getalle,
en dat die verminderde geweld toegeskryf word aan
die verminderende getalle van jongmense onder
twintig.
Gloudina