Talk About Network

Google


Register and Login
Nick
Password
Register create new account Sign up is FREE and you can post replies, new topics, bookmark posts and more!
Recover lost password


Education > Languages Afrikaans > " Die Brand" d...
Latest [ Topics | Posts ] Archive Post A New Topic Post a Reply
<< Topic < Post Post 1 of 2 Topic 467 of 492
Post > Topic >>

" Die Brand" deur JAN CELLIERS

by "Hessie" <bouwer@[EMAIL PROTECTED] > Jul 11, 2006 at 05:29 PM

DIE BRAND
                  Jan  F. E. Celliers
                   (1865  -  1940)

Dit is die winterwind wat waai,
al wenend deur die lange nag,
al wenend om die verre dag;
die twye swenk, die takke swaai  -
dit is die winterwind wat waai.

Hy sleep die sug van eeue mee
uit dieptes van die diepe see,
en waar vergane skepe rus
op menig maan-gebleekte kus;
hy sing van lang-vergete wee:
hy bring die sug van eeue mee.

Hy kom oor velde ver en wyd,
oor grafte in hul eensaamheid,
waar moeders  van hul sorge rus,
waar kindersnikkies is gesus  -
dit is die lied van die  eensaamheid -
hy kom oor velde ver en wyd.

                      *

"My ma, ek hoor van verre om
'n dreuning oor die velde kom!"
"Dit is die bome in die wind:
die wilgertakke kreun, my kind."  -
"My ma, ek hoor my brakkie huil:
wat sou daar kruip, wat sou daar skuil?" -
"My kind, die nag is koud en lang:
die diertjie is alleen en bang."

"My ma, dit dreun al in die rond
soos perdehoewe op die grond;
my ma, wat lig daar soos 'n vuur
van buite op die kamermuur?
My ma, daar brand die koringmiet!"  -
"My kind, die Heer se wil geskied!"

                        *

Daar staan 'n moeder met haar kind
allenig in die winterwind  -
en niemand wat haar trane siet,
en niemand wat haar trooste bied.

En wilde vlamme strooi dit wyd,
die vrug van lange lewensvlyt  -
in vonke deur die lug gesaai,
in vonke wat die wind verwaai.

Haar kindjie, aan haar bors gevou,
beskut sy teen die winterkou  -
die trane wat sy swyend ween,
so op haar wang tot ys versteen.

En winterwinde sing die lied
van eensaamheid en stil verdriet;
en sonder weerklank sterf die klag
op wye velde in die nag,
al sugtend deur die gras se saad  -
en verre is die daeraad.

Die twye swenk, die takke swaai,
dit is die winterwind wat waai...
 




 2 Posts in Topic:
" Die Brand" deur JAN CELLIERS
"Hessie" <bo  2006-07-11 17:29:37 
Re: " Die Brand" deur JAN CELLIERS
"Koot" <jpie  2006-07-14 00:55:49 

Post A Reply:
  Go here to Signup

AddThis Feed Button


About - Advertising - Contact - Frequently Asked Questions - Privacy Policy - Terms of Use - Signup

Contact
tan12V112 Sat Nov 22 12:21:57 CST 2008.