Talk About Network

Google


Register and Login
Nick
Password
Register create new account Sign up is FREE and you can post replies, new topics, bookmark posts and more!
Recover lost password


Education > Languages Afrikaans > Re: Geweld in S...
Latest [ Topics | Posts ] Archive Post A New Topic Post a Reply
<< Topic < Post Post 4 of 6 Topic 466 of 492
Post > Topic >>

Re: Geweld in SA.

by "Jonas" <fanagalog@[EMAIL PROTECTED] > Jul 12, 2006 at 10:02 PM

Een van die unieke eienskappe van misdaad in Suid-Afrika is die omvang
van sinnelose geweld. Waar 'n weerlose pensioenaris wreed aangerand of
self vermoor word vir beuselagtige items soos 'n selfoon endiesmeer.
Ek het 'n paar jaar in 'n Afrika-staat se hoofstad met nagenoeg 2.5
miljoen mense gewoon. Die armoede daar was veel, veel erger daar as wat
dit tans hier is. Daar was msdaad - maar nie die onnodige geweld nie.
(En die betrokke land se koloniale geskiedenis was veel erger as die
van Suid-Afrika.)
Dan moet ek byvoeg - volgens koerantberigte is geweldsmisdaad besig om
vinnig toe te neem in lande in Oos-Afrika - soos Kenia.
Nog 'n eienskap van Suid-Afrikaanse geweldsmisdaad wat dit uniek maak
is die gebrek aan 'n motief vir die misdaad. 'n Mens wat se kar langs
die pad gaan staan - helder oordag of in die nag, word wreed vermoor
vir 'n paar goedkoop artikels. Asof daar hierdie aasvo=EBls is wat
bokant sirkel en 'n swak lam raaksien - en vermoor.
Suid-Afrika soos die VSA bestaan uit eiland - eilande van vrede en die
van geweld. En as jy verdwaal tussen die eilande sal jy 'n duur les
geleer word.
Die situasie verbeter nie maar vererger. Die staatsinstellinge, almal
behalwe die Ontvanger, is besig om in duie te stort. Die resultaat van
regstellende opttredes - onbevoegde mense wat in poste en posisies
aangestel word. (En met die bestaande arbeidswetgewing het jy nie eens
'n vae kans om van hierdie dooie hout ontslae te raak nie.)
Ek glo dat korrupsie in hierdie land nie hok geslaan sal word voordat
jy ongekorrupteerde leierskap het nie. Ek daag enige kabinetsminister
om 'n poligraaftoets te slaag dat hy nie besig is/was om hom/haarself
te verryk nie.
Suidwester wrote:
> "Hessie" <bouwer@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
> news:1152663759.630265.252040@[EMAIL PROTECTED]
> > Is geweld in SA drasties aan die toeneem die afgelope
> > paar jaar?  As mens mediaberigte lees, dan sou mens
> > so dink.
> ------Miskien moet jy die Beeld gaan lees op die 'Net en jy sal daagliks
> berigte sien van geweld in Suid-Afrika?   Wat vir my ontstel, is die
graad
> van aggressie wat daarmee saamgaan.   As 'n mens honger is, of hy wil
geld
> of goedere steel, is dit sekerlik redelik om aan te neem dat as die
> misdadiger die goedere wat hy gekry het, genoeg behoort te wees, maar
dit=
 is
> in meeste gevalle nie so nie.   Absolute wreedheid is deel van die hele
> storie en jy sal lees van gevalle waar byvoorbeeld ou mense se voete in
> kookwater gebrand is, net om hulle nog seerder te maak.
>
> >      Maar wat vir my snaaks is, is die ongesproke vibes
> > wat ek van familie kry. Net na 1994 was meeste van
> > hierdie familielede baie geinteresseerd om vir ons te
> > vertel van die geweld, en hoe mens nerens heen kon
> > gaan nie. Deesdae kry ons nie meer daardie soort
> > gevoel nie. Die familielede ry ook oral rond asof daar
> > geen gevaar is nie. Wat het verander?
> -------Het die mense nie maar net bloot misdaad as deel van die lewe
aanv=
aar
> en dit nie meer as die moeite werd beskou om daaroor te hanna-hanna nie?
> Dis die jammerste van alles.   Die aanvaarding.   Waar die gemeenskap 'n
> moordenaar aan sy ballas met 'n stuk doringdraad opgehang behoort te
word=
 in
> die publiek, nou aanvaar ons maar........
>
> Ek merk selfs
> > op dat die aantal aanmerkings wat subtiel anti-swart
> > is aan die afneem is. Dis nou van familielede wat
> > in die ou dae Konserwatiewe party sou gestem het.
> -------Wee'jy antie, enige mens kan aanpas en leer ook uit ondervinding
u=
it.
> Waar die mense in die verlede hulle in frustrasie uitgespreek het oor
die
> gemors met die nuwe administrasie, die bedrog, die swak diens, ens.,
raak
> mense ook moeg vir kla en dan kom die aanvaarding......
> >         Ek neem aan daar is baie geweld in SA.
> -------Dis nogal erg as jou direkte familie in SA nie meer 'n enkele lid
=
het
> wat nie in die een of ander vorm 'n slagoffer was van misdaad nie.   En
d=
it
> word meer en meer.   Die massas word groter en die werkgeleenthede
> verminder.   Die volk word hongerder en wat anders moet hulle maak?  
Ste=
el.
 




 6 Posts in Topic:
Geweld in SA.
"Hessie" <bo  2006-07-11 17:22:39 
Re: Geweld in SA.
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-07-12 12:15:46 
Re: Geweld in SA.
"Suidwester" &l  2006-07-12 11:30:44 
Re: Geweld in SA.
"Jonas" <fan  2006-07-12 22:02:48 
Re: Geweld in SA.
"Suidwester" &l  2006-07-13 07:23:02 
Re: Geweld in SA.
"Jonas" <fan  2006-07-14 06:50:44 

Post A Reply:
  Go here to Signup

AddThis Feed Button


About - Advertising - Contact - Frequently Asked Questions - Privacy Policy - Terms of Use - Signup

Contact
tan12V112 Sat Nov 22 12:17:55 CST 2008.