Ek stem met jou saam en glo dat die hoofoorsaak vir die geweld, die
werkloosheid van die gewone man op straat is. Hoekom steel 'n mens?
Hoofsaaklik omdat hy nie geld verdien en 'n lewe kan maak nie. Wat SA
nou
nodig het is 'n regering wat die vinger uit sy hol kan trek en werk kan
skep
vir die gewone burger. Dan moet die strawwe wat hy bied vir misdaad,
soveel 'smaakliker' wees. Vir 'n bedelaar om in 'n tronk te gaan sit met
drie etes per dag en 'b dak oor die kop is veel beter as wat hy op straat
het! Gee hom hardepad en werk hom amper vrek sodat hy bang is vir
tronkstraf....en dan, bring die doodstraf terug. Ek kan aan geen enkele
rede dink hoekom daar vir 'n misdadiger meer genade betoon moet word as
wat
hy vir sy slagoffers gebied het nie! Of, vermoor hom soos hy gemoor het?
Daar is mense wat reken dit is nie 'n afskrikmiddel nie, maar sy lewe is
die
enigste ding van werklike waarde wat meeste van hierdie mense besit.
"Jonas" <fanagalog@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:1152766968.238658.53130@[EMAIL PROTECTED]
van die unieke eienskappe van misdaad in Suid-Afrika is die omvang
van sinnelose geweld. Waar 'n weerlose pensioenaris wreed aangerand of
self vermoor word vir beuselagtige items soos 'n selfoon endiesmeer.
Ek het 'n paar jaar in 'n Afrika-staat se hoofstad met nagenoeg 2.5
miljoen mense gewoon. Die armoede daar was veel, veel erger daar as wat
dit tans hier is. Daar was msdaad - maar nie die onnodige geweld nie.
(En die betrokke land se koloniale geskiedenis was veel erger as die
van Suid-Afrika.)
Dan moet ek byvoeg - volgens koerantberigte is geweldsmisdaad besig om
vinnig toe te neem in lande in Oos-Afrika - soos Kenia.
Nog 'n eienskap van Suid-Afrikaanse geweldsmisdaad wat dit uniek maak
is die gebrek aan 'n motief vir die misdaad. 'n Mens wat se kar langs
die pad gaan staan - helder oordag of in die nag, word wreed vermoor
vir 'n paar goedkoop artikels. Asof daar hierdie aasvoëls is wat
bokant sirkel en 'n swak lam raaksien - en vermoor.
Suid-Afrika soos die VSA bestaan uit eiland - eilande van vrede en die
van geweld. En as jy verdwaal tussen die eilande sal jy 'n duur les
geleer word.
Die situasie verbeter nie maar vererger. Die staatsinstellinge, almal
behalwe die Ontvanger, is besig om in duie te stort. Die resultaat van
regstellende opttredes - onbevoegde mense wat in poste en posisies
aangestel word. (En met die bestaande arbeidswetgewing het jy nie eens
'n vae kans om van hierdie dooie hout ontslae te raak nie.)
Ek glo dat korrupsie in hierdie land nie hok geslaan sal word voordat
jy ongekorrupteerde leierskap het nie. Ek daag enige kabinetsminister
om 'n poligraaftoets te slaag dat hy nie besig is/was om hom/haarself
te verryk nie.


|