Uit "Kwatryne"
I.D. du Plessis
Djokjakarta
In Djokjakarta waar die silwersmede
Geduldig hamer op die wit metaal,
Het ek vir jou - 'n duisend jaar gelede? -
Di=E9 bontgeblomde batikdoek gaan haal.
Duiwe
Bali se singende duiwe
Omsingel die maan in hul vlug
En hang, 'n tros donkerblou druiwe,
Aan die ho=EB prieel van die lug.