1 van W'Kloof-4 wou paspoort glo onwettig kry
Jul 25 2006 08:35:43:653PM - (SA)
Neldi Faure
Die moontlikheid word ondersoek dat 'n onwettige paspoort vir een van
die Waterkloof-vier gere=EBl word, maar weens die sensitiewe aard van
die ondersoek is nie bekendgemaak vir wie nie.
D=EDt het gister aan die lig gekom toe kapt. Lynn Evans,
ondersoekbeampte, in die Pretoriase streekhof getuig het tydens 'n
aansoek deur Christoff Becker, wat vroe=EBr skuldig bevind is aan moord,
dat sy paspoort aan hom teruggegee word.
Becker se aansoek om sy paspoort terug te kry, is gister afgekeur en
sy, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt se
vonnisoplegging is uitgestel.
Di=E9 vier mans is in Junie verlede jaar in die Pretoriase streek=ADhof
aan moord skuldig bevind nadat hulle 'n man in Desember 2001 in 'n
park in Moreletapark, Pretoria, doodgeslaan het. Du Preez is voorts
skuldig bevind aan aanranding en die res van die groep aan aanranding
met die doel om ernstig te beseer nadat hulle vroe=EBr dieselfde aand
'n ander onbekende man in Constantiapark aangerand het.
Adv. Jaap Cilliers, vir die verdediging, het gevra dat Becker se
paspoort teruggegee word, omdat hy 'n dramakursus in die VSA wil
bywoon. Becker studeer aan die New York Film Academy en moet in
September glo 'n prak=ADtiese kursus daar bywoon.
Cilliers het ges=EA dat Becker al twee keer gedurende die saak oorsee
was en telkens teruggekeer het. Becker het in die getuiebank ges=EA hy
verstaan dat hy skuldig bevind is aan 'n ernstige misdryf en dat hy
moontlik gevangenisstraf sal moet uitdien, maar dat hy onderneem om
terug te keer vir sy volgende hofverskyning.
Evans het getuig Becker se woord kan nie "goedsmoeds" aanvaar word
nie. Sy het verwys na adv. Dirk Prinsloo wat ook in die hof onderneem
het om terug te keer na 'n besoek aan Rusland, maar dit toe nie
gedoen het nie.
Evans het voorts getuig daar is 'n indruk onder die publiek dat die
Waterkloof-vier "met handskoene" hanteer word weens hul gegoede
agtergrond.
Landdros Peet Johnson het ges=EA 'n ernstige misdryf is ter sprake met
swaar gevangenisstraf wat oor die beskuldigde (Becker) se kop hang.
"Becker het geen werk of bates in die land nie, ek aanvaar dat dat hy
familiebande het, maar niks wat hom sal noop om terug te keer nie."
Johnson het daarna die aansoek geweier, omdat dit volgens hom nie in
die belang van geregtigheid is nie.
Hy het die vier se borgtogvoorwaardes gewysig en hulle hoef nou net op
die eerste Woensdag van elke maand by die polisie te rap****teer.
Na die hofverrigtinge het die vier jong mans buite die hofsaal
ontspanne saam met vriende en familielede gesels. Die vier sal weer op
20 November in die Pretoriase streekhof verskyn.


|