by "Hessie" <bouwer@[EMAIL PROTECTED]
>
Jul 27, 2006 at 07:58 AM
Riaan skryf
> Jy weet Gloudina ek dink jy plaas dikwels iets soos dit wat jy hier
> onder geplaas het met opset net om 'n fight uit te lok. As jy van 'n
> land weet waar daar GEEN geweld en misdaad is nie laat weet ons asb,
> want ek glo daar sal baie mense soontoe wil trek.
>
> Jou duidelike haat vir 'n Afrikaans sprekende witman/witvrou ken een
> perke nie doen dit Gloudina.
Natuurlik skryf ek die goed om mense soos jy uit
te lok. Sodat jy in die lokval kan loop. Hier is die
antwoord op twee van hulle:
(1) Natuurlik het alle lande misdaad. Hier in Ottawa
gaan dinge aan wat vir Pretoria normaal kan laat
lyk. Maar mense soos jy argumenteer altyd dat
die soort goed net in SA aangaan. Dat Australi=EB
veilig is. Dat Kanada veilig is.
(2) Jy wil graag glo dat ek Afrikaners haat. Jy vergeet
natuurlik dat ek baie Afrikaner-familie in SA het.
En goeie vriende wat Afrikaners is. Sommige
van hulle het die afgelope maand of twee vir ons
kom kuier. Maar ek sal nie vergeet dat daar mense
was op hierdie nuusgroep wat my familie in SA
uitgekryt het as ek dinge aanhaal wat hulle s=EA
wat nie strook met die regse gepraat op hierdie
nuusgroep nie.
Gloudina