Gloudina selfs 'n blinde persoon sal jou "lokvalle" kan raaksien.
Die probleem met jou "lokvalle" is dat jy nie hou van die teenargumente
nie. En net soos wat die ANC die oomblik as hulle in 'n hoek gedryf
word die apartheid woordjie uithaal, net so vinnig spring jy agter
rassisme in om jouself te probeer beskerm.
Ek is oortuig daarvan dat in jou oe is Ferdi, Torreke en Soois nie
rassiste nie. Maar selfs Ferdi is al as 'n rassis uitgekryt toe hy 'n
baie lang ruk terug ook van die regering verskil het oor iets. En as jy
van Torreke se plasings hier vir die ANC gaan wys, is ek seker hulle
sal hom op die plek ook as 'n rassis brandmerk.
Ek glo waarin ek glo as gevolg van my eie waarnemings. Indien jy van my
verskil oor wat ookal kom tot die partytjie en kom redeneer en dabateer
met my, en wie weet, net dalk leer ek iets by jou wat moontlik my
sienswyses van sekere goed kan verander, en dalk leer ek vir jou iets.
So klim agter jou "rassis skuilplek en gemaksone" uit, en hou jouself
reg want ek kan dit net so goed uitdeel as wat ek dit kan vat
Hessie wrote:
>
> Natuurlik skryf ek die goed om mense soos jy uit
> te lok. Sodat jy in die lokval kan loop. Hier is die
> antwoord op twee van hulle:


|