Riaan skryf
> Ek is oortuig daarvan dat in jou oe is Ferdi, Torreke en Soois nie
> rassiste nie. Maar selfs Ferdi is al as 'n rassis uitgekryt toe hy 'n
> baie lang ruk terug ook van die regering verskil het oor iets. En as jy
> van Torreke se plasings hier vir die ANC gaan wys, is ek seker hulle
> sal hom op die plek ook as 'n rassis brandmerk.
Riaan, jy is 'n interessante sielkundige studie.
Ek is geamuseer deur jou "probleem" met mense
soos Torreke, Fran=E7ois Human, Ferdi en seker
ook ek, wat net eenvoudig nie wil inpas in die
duiwehokkies in jou kop van hoe Afrikaners
behoort te reageer nie. Ons gee jou 'n probleem.
Is ons nou rassiste of is ons nie? Ons maak
jou deurmekaar, n=E9? Maar tot tyd en wyl jy kan
aanneem dat die deursnee goeie Afrikaner eintlik
mense soos ons is, is jy eintlik 'n bedreiging vir
die Afrikanerskap, maak jy van die Afrikaner-
karakter iets wat dit nie waardig is nie. Vaderdank
vir mense soos Torreke, wat baie helder sien en
dink.
Gloudina


|