"Suidwester" <wrote
>
> "Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
>>
>> Nie heeltemal waar nie, Suidwester. Die ANC-regering het die "hand
outs"
>> van die NP regering aan al wat werkloos is, gestop; die beleid is dat
>> mense moet leer om vir hulleself te sorg. Dis waar dat daar steeds
>> "disability grants" is en dit hoort in 'n beskafde samelewing. Dit is
>> ook waar dat mense sputum van TB-leiers of HIV-pos bloed van
>> Vigsslagoffers koop om vir die "disability grants" te kwalifiseer, maar
>> die regering is bewus van die probleem en stappe word geneem om dit uit
>> te roei. Nie altyd suksesvol nie, toegegee, maar die NP-regering was
nie
>> meer suksesvol om dié soort ding te bekamp nie; ek weet, ek werk
daarmee.
> ------So jy wil vir my vertel dat daar by julle in SA kry die swart
mense
> nie 'hand-outs' nie? Vertel meer! Wat noem jy die goedkoop behuising
> en goedkoop gesubsidieërde lenings vir huise? Swart taxis ontvang
> subsidies op voertuie, ens.
> Dan vra jy vir jouself of die blankes daardie selfde voorregte geniet.
>
>
Soos reeds gesê: Die NP-regering het alreeds in die vyftiger jare met
hulle
skemas die arm blankes op hulle voete gehelp - goedkoop grond, rentevrye
lenings, maklike terugbetalings. Verwag jy nou die ANC regering moet
dieselfde vir wittes doen nadat die wittes swartes eenvoudig by die wittes
se regstellende aksie uitgesluit het?
>> Die wit regerings se grootste fout was om swartes die geleentheid te
>> ontneem om welvarend te word.
> ----Dis presies hier waar ek en jy groot verskil. Soos jy te regte sê
> was die getalle omtrent gelyk doerie jare. Groot grond het onverbruik
> gelê. Sommige dele is toegewys aan swart stamgroepe en andere weer vir
> blanke boere. Wat het gebeur? die plaasgronde het ontwikkel en die
> stamgronde nie. Dit hoef ek jou nie te vertel nie. In die dorpe het
> besighede ontstaan hoofsaaklik op blanke inisiatief. In swart gebiede
> het amper niks gebeur nie [ten spyte van die feit dat blanke besighede
> verbied was om in swart gebiede te opereer]. Ten spyte van gratis
> verblyf in kommunale gebiede het die swart landelikes steeeds tevrede
> gewees om net 'n bestaan te voer.
> Toe besluit die SA regering om spesifieke areas te skep waarin die
> swart entrepeneur op sy eie, totaal sonder mededinging op sy bene kan
kom.
> Die Odendaal-plan as jy dit onthou? Blanke opgewerkte plase is
onteiein
> in ons land en vir swart boere gegee. Nie 'n enkele een het 'n sukses
> daarvan gemaak nie. Daarteenoor, as ek vir jou een voorbeeld kan noem,
> kan ek vir jou honderde van vertel van blanke boere wat 'n stuk rou
grond
> gekoop het by die staat in verafgeleë gebiede met omtrent net sy klere
aan
> sy lyf en 'n paar diere. Op die grond was net een boorgat met 'n
> handpomp. Geen staande of lopende water nie. Areas wat oor die
> algemeen gereken is nie eintlik geboer kan word nie. Hulle het aan die
> werk gespring en gely....maar uiteindelik opgestaan en hulleself skatryk
> gewerk. Ek weet nie van 'n enkele swart boer in ons land wat iets
> soortgelyks gedoen het nie...al kry hy die grond gratis.
Jy het vergeet om 'n paar basiese feite in ag te neem. Gee vir 'n ou
grond
sonder geld en kennis en niemand, maak nie saak of hy wit, swart, bruin of
groen is, sal suksesvol kan boer nie!! Hoeveel geld en voorligting het
wit
regerings en wit handelsbanke aan wit boere beskikbaar gestel? - en
hoeveel
het hulle aan swart boere beskikbaar gestel?
Wit boere in SA het 'n lang geskiedenis van kommersiële boerdery wat begin
het met die eerste vryburgers wat grond, geld, ondersteuning, ens van die
VOC gekry het. Wit boere se seuns het op kommersiële plase grootgeword,
leer bakkie en trekker bestuur voordat hulle in die hoërskool was, die
"ins
and outs" van beeste en skape geken voordat hulle wiskunde geleer het;
hulle
het eers onder pa se hand geleer, daarna landbouskole en landboukolleges
toe
gegaan, voordat hulle weer onder pa se leiding geleidelik op hulle eie
begin
boer het. Jy kan my niks van boerdery vertel nie; ek het ook op 'n plaas
grootgeword; soos feitlik al my maats het ek leer trekker bestuur en ploeg
toe ek nog in die Laerskool was - op die beroemde ou Vaaljapie!
Swart boere het NIKS wat met dié agtergrond vergelyk kan word nie! Al
wat
hulle ken is bestaansboerdery waarin die kaptein beheer het oor die grond
en
jy van sy genade en goedgesindheid afhanklik is.
Genugtig, man, kennis om van kommersiële boerdery 'n sukses te maak, suig
mens nie uit jou duim uit nie. Die nodige geld pluk jy nie van doringbome
af nie! Die speelveld was nie net ongelyk nie - dit was verskriklik
ongelyk!
> As hulle die swartes gelyke deelname aan die ekonomie
>> gegun het en die geleentheid om teen dieselfde tempo te ontwikkel as
die
>> wittes, het ons waarskynlik nie vandag met 'n 5-1 getalle verhouding
>> gesit nie.
> ------Jy praat twak. In my oupa-hulle se geslag is daar weinig mense
wat
> eers std. 8 gehaal het op skool. Baie van hulle is op 16 uit die huis
> gestoot om hul eie lewe te gaan maak. Weinige van hulle kinders het
nie
> matriek gemaak nie en vele is universiteit toe. Vandag gaan almal
> universiteit toe.....en dis nie afgedwing op die blanke mense nie.
My oupa het weinig skoolonderwys ontvang en my pa net st 6. Ons was 7
kinders. Almal van ons op een na loop vandag met universiteitsgrade rond.
Ons moes kruip om daar te kom. Ons het hard daarvoor gewerk, ja, maar ons
skoolopleiding was gratis, boeke gratis. Daar was beurse en lenings
beskikbaar! Ek kon vakansiewerk kry.
Het die swart kinders dieselfde geleenthede gehad? Baie beslis nie!
'n
> Verantwoordelike ouer, swart of wit, probeer om vir sy kinders die beste
> kans in die lewe te gee. Dit is ongelukkig steeds vandag by weinig
swart
> ouers te sien.
Jy sê ek praat twak; en ek sê jy praat stront as jy sê dat weining swart
ouers probeer om die beste vir hulle kinders te gee. Ek werk onder hulle,
Suidwester, en ek ken handevol wat nie eens R5k per maand verdien nie, wat
verskeie kinders op skool en universiteit onderhou. Hulle kruip om hulle
kinders te laat leer; hulle leen geld, doen ekstra werk, maar hulle
kinders
is in goeie skole en die skoolgeld word betaal.
>
> Die NP-regering se beleid
>> om die arm blanke vraagstuk op te los deur ekonomiese bemagtiging van
die
>> verarmde Afrikaners (dink aan die skemas by Vaalharts, Marble Hall,
>> Sitrusdal, Pongola, Sterkrivier) het die situasie drasties verander.
>> Veral na '48 het die gemiddelde skoolopleiding en finansiële welstand
van
>> die Afrikaners dramaties gestyg terwyl die aanwas dramaties afgeneem
het.
>> Aan die ander kant het swartes se skoolopvoeding agter geraak, het
hulle
>> ekonomies verarm, en gevolglik het die aanwas eenvoudig op die hoë
vlakke
>> gebly.
> ----Ek reken jy praat steeds twak! Geen skema kan enige mens lewenslank
> op die pad van welstand plaas nie. Dit kom nie van die regering af of
> van inisiatiewe nie. Dit is van binne jouself wat die trots kom om vir
> jouself te sorg en vir jouself 'n beter lewe te maak. Jy wil voorgee
dat
> omdat die regering nie genoeg geld gegee het vir die swart mense nie,
> daarom het hulle nie ontwikkel nie? Nix. Dis hulleself wat nie wou
> saam met die stroom loop nie.
Ek het jou reeds hierbo duidelik genoeg geantwoord.
>
>> En die verskil tussen mens en dier is beslis nie die vermoë om tussen
reg
>> en verkeerd te onderskei nie. Wanneer my foksterriër brak na ons
kleuter
>> hap, dan kruip hy op die grond as ek om die draai kom. Hy weet hy het
>> verkeerd gedoen!
> ----En jy reken hy vat verantwoordelikheid vir sy wandaad. Is jy
lekker
> wakker?
Dis jou siening!
>>
>> Die verskil tussen mens en dier gaan daaroor dat God die mens sy
>> beelddraer gemaak het - sy verteenwoordiger! - en net daaroor!
> ----Dis jou siening....
Ja, dis my siening; dit is toevallig ook die waarheid!
>>
>> Ek het ook probleme met die houding van swartes wat die skuld vir al
>> hulle probleme op kolonialisme, apartheid, Brittanje, die wittes, ens.
>> wil aflaai en nie hulle eie foute wil raaksien nie... Ek het ook
>> probleme met swartes wat nie vir dienste wil betaal nie en verwag om
>> alles op 'n skinkbord te kry, maar om te sê dat hulle "geen
>> verantwoordelikheid" wil aanvaar nie, is gewoon nie waar nie. Gaan vra
>> maar vir enige versekeringsmakelaar waar skryf hy die meeste besigheid
-
>> en goeie besigheid!
> ------Ek het so pas 'n oproepie gemaak na myne toe en vir hom jou
stelling
> gemaak. Hy't net gelag en gesê eerste premies is 'n lekker gratis
> inkomste vir die bedryf, veral as die mense nie die paaimente kan volhou
> met geen eise nie.
En ek weet al vir baie jare wat op die betaalstaat van die swart mense wat
onder my werk, aangaan. Daar is uit 'n groep van meer as 60 minder as 5
wat
gladnie weet hoe om met geld te werk nie en knaend in die moeilikheid is;
'n
mens kry diegene onder blankes ook. Die ander se polisse word maand na
maand van hulle salarisse afgetrek en aan die versekeraars oorbetaal -
geen
vervallings nie!
>
>> Ek is geneig om met Glodina saam te stem. Kinders tree op soos hulle
by
>> hul ouerhuis geleer het (Vgl. Josef, Dawid, Daniël en sy vriende). My
2
>> oudstes - stiefkinders! - se eie pa is 'n opperste rassis wat hulle
>> geleer het om op swartes neer te sien, ens. Toe ek met hulle ma
getroud
>> is, wou hulle van swartes nie weet nie. Ek het geduldig en met liefde
>> aan hulle verduidelik dat vel nie saakmaak nie, dat ons dieselfde
respek,
>> liefde en agting teenoor alle mense moet bewys - dat hulle ouer swart
>> mans en vrouens nie anders mag aanspreek as wittes nie. Nou 5 jaar
later
>> is hulle houding teenoor swartes 'n perd van totaal ander kleur.
> -------dis die probleem met julle Bybelslaters. Julleself glo julle is
> hoogheilig.
Die probleem met julle ouens wat die Bybel toe onder die stof op die rak
los, is dat julle mense wat die Bybel elke dag van hulle lewens probeer
toepas, beskuldig dat hulle dink hulle is hoogheilig! Feit is, ek gryp
aan
God vas en ek klou soos 'n neet, juis omdat ek so sleg kort kom aan die
heiligheid - omdat dit al anker is in hierdie wêreld vol mislukkings,
misdaad, ens.
So jy reken dat elke kind in jou huis sal voorbeeldig volgens
> die Christendom uitdraai? Daar wag 'n skok op jou! Daai selle kind
van
> jou wat jou gewoontes aanleer, net so sal hy ook passiewe 'sit en
> wag'-manier van lewe van meeste van die swart Afrikane ook by sy ouers
> aanleer. Presies wat ek sê!
Ek het nêrens beweer dat my kind nie kan skeef uitdraai ondanks die goeie
opvoeding nie. Maar die gesprek het gegaan oor 4 jong wittes wat 'n
swarte
doodgeslaan het. Gloudina het gesê hulle het die rassehaat waarskynlik by
hulle ouers geleer en ek stem saam met haar. Rassisme is nie iets waarmee
mense gebore word nie, hulle leer dit aan!
>
>>
>> Dit geld van alle mense, Suidwester, wittes en swartes. Was jy al ooit
>> finansieel op jou knieë - in 'n posisie waar jy jou goed moet verkoop
om
>> aan die lewe te bly? Ek twyfel, anders sou jy geweet het dis juis
wittes
>> met baie geld wat soos aasvoëls toesak om mens se goed (met die skyn
van
>> reg) vir 'n appel en 'n ei te vat en agterna te spog oor "die bargain".
> ------O jy reken die idee om te stroop is net onder die 'ryk' wittes?
> Gaan kyk bietjie langs jou land se paaie by ongelukke hoe stroop die
swart
> mense die beseerdes en vragmotors wat omgeval het se vrag. Ek sal
graag
> wil sien wat sê jy as iemand se goed op vendusie kom en dit word
aangebied
> vir verkoop en niemand wil dit koop nie? Dan gaan jy seker storie dat
> die ryk blankes nie bereid is om die ou wat onder te gaan te help nie.
> Dis die hoofaar van die ekonomie....vraag en aanbod.
Vraag en aanbod is die hoofaar van die kapitalisme, ja. Die kapitalisme
is
nie meer christelik as die kommunisme nie, inteendeel, in baie opsigte is
dit minder christelik.
>>
>> Is die Bush-doktrine iets anders as 'n gesofistikeerde vorm van die Wet
>> van die Oerwoud (die Mag van die Sterkste)?
> ------Dis presies wat dit moet wees. Die sterkste oorwin. So is dit
op
> s****tgebied, die lewe in die algemeen. Watter sin is daar in die lewe
as
> jy jouself nie kan meet aan andere se standaarde nie? Hoekom is die
mens
> gemaak om verskillend van mekaar te wees?
Dis die Wet van die Oerwoud - dis wat verkeerd is daarmee! Ek twyfel of
jy
in staat is om te verstaan wat die Bybelse paradoks beteken wat sê: As ek
swak is, dan is ek sterk!


|