"Riaan" <rnigrini@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:1154066659.987070.186190@[EMAIL PROTECTED]
>
> Ek is oortuig daarvan dat in jou oe is Ferdi, Torreke en Soois nie
> rassiste nie.
Riaan
Ek weet nie of Hessie of enigiemand dink dat ek nie 'n rassis is nie. Ek
is
een. VIr agttien jaar is ek deur rassistiese onderwysers "opgevoed" en
daarna het ek vir vier by 'n rassistiese universiteit studeer en daarna
twee
jaar in 'n rassistiese weermag gedien.
As denkende mens het ek reggekry om 90% hiervan af te skud, maar, helaas
die
ander 10% sit nog baie stewig daar. Ek raak bv. uiters ge-irriteerd as
swart mense wat langs mekaar staan, kliphard op mekaar staan en skree. Ek
is bv. dadelik agterdogtig as 'n vreemde swart mens met my begin gesels.
As
'n swart man voor my erf in die straat sien staan, hou ek hom baie beter
dop
as wat ek 'n blanke man sou dophou.
So kan ek aangaan om voorbeelde te noem. Die verskil is egter dat ek my
rassistiese vooroordele en gedrag raaksien en as foutief kan erken en
daagliks groei na 'n nie-rassistiese leefwyse.
Soos iemand net laasweek vir my gesê het: Ons is veronderstel om die lig
vir
die wêreld te wees, hoe kan ons nou kwaad wees vir die donker omdat hy
donker is, as dit ons werk is om die donker te verdryf?
Vrede
Soois


|