Talk About Network

Google


Register and Login
Nick
Password
Register create new account Sign up is FREE and you can post replies, new topics, bookmark posts and more!
Recover lost password


Education > Languages Afrikaans > Re: Wit misdaad
Latest [ Topics | Posts ] Archive Post A New Topic Post a Reply
<< Topic < Post Post 13 of 25 Topic 469 of 492
Post > Topic >>

Re: Wit misdaad

by "Suidwester" <stahlsb@[EMAIL PROTECTED] > Jul 29, 2006 at 09:30 AM

"Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message 
news:ead8er$3ma$1@[EMAIL PROTECTED]
>>
> Soos reeds gesê: Die NP-regering het alreeds in die vyftiger jare met 
> hulle skemas die arm blankes op hulle voete gehelp - goedkoop grond, 
> rentevrye lenings, maklike terugbetalings.  Verwag jy nou die ANC
regering 
> moet dieselfde vir wittes doen nadat die wittes swartes eenvoudig by die

> wittes se regstellende aksie uitgesluit het?
------Ons het duidelik in verskillende plekke geleef en dinge anders
ervaar. 
Mense wat lank voor apartheid hulleself geskool het en gewerk het binne
die 
apartheidsera het nooit enige 'handouts' van die regering gekry nie.  
Daar 
is mense wat hulle hele lewe lank ekonomies aktief was in ons land en 
jaarliks belasting betaal het en tog nooit die voorreg gehad het om 'n 
stukkie grond te besit nie.   Bloot omdat hulle dit nie kon bekostig nie. 
Ek weet van geen staatskema wat vir wit mense goedkoop erwe of huise
gebied 
het nie.

> Jy het vergeet om 'n paar basiese feite in ag te neem.  Gee vir 'n ou 
> grond sonder geld en kennis en niemand, maak nie saak of hy wit, swart, 
> bruin of groen is, sal suksesvol kan boer nie!!  Hoeveel geld en 
> voorligting het wit regerings en wit handelsbanke aan wit boere
beskikbaar 
> gestel?  - en hoeveel het hulle aan swart boere beskikbaar gestel?
------Jy is presies reg as jy dit sê want die dryf om grond vir swart
mense 
te gee deur dit van boere te onteien, is 'n skema wat eenvoudig geen 
bestaansreg het nie.   Vertel tog vir jou ANC dat hulle besig is om kak
aan 
te jaag.   Verder, dink ek jy veralgemeen magtig en dink jy weet, maar jy 
weet nie!   Die jare toe die wit boere plaasgrond geKOOP het om op te
begin 
boer, is in jare toe die staat self nie veel van die landbou geweet het
nie, 
so waar moes die voorligting vandaan kom?   Elke ou het maar opgesnork op
sy 
eie en gehoop harde werk maak dat hy dit sal maak.   Handelsbanke het in 
daai jare nie plase gefinansier nie nie...die Landbank het.   Die mense
kon 
die grond koop op 'n skema waar hulle nie met terugbetalings begin vir 'n 
aantal jare nie [5 jaar as ek reg onthou], om hulle kans te gee om op die 
been te kom, maar daarna moes hulle hoes.   As jy nie kan betaal nie, vat 
hulle jou grond terug en verkoop dit aan 'n ander.
     Nie aan swart boere nie?   In daardie dae kon 'n bank nog nee sê vir
'n 
swak risiko en het die geskiedenis hulle darem nie reg bewys nie?   Daar
is 
maar weinig suksesvolle swart boere!   Daar was darem 'n doel agter die 
plase vir boere....kosproduksie vir die bevolking en die swart boere kon
nie 
aan daardie doel voldoen nie.
>
> Wit boere in SA het 'n lang geskiedenis van kommersiële boerdery wat
begin 
> het met die eerste vryburgers wat grond, geld, ondersteuning, ens van
die 
> VOC gekry het.  Wit boere se seuns het op kommersiële plase grootgeword,

> leer bakkie en trekker bestuur voordat hulle in die hoërskool was, die 
> "ins and outs" van beeste en skape geken voordat hulle wiskunde geleer 
> het; hulle het eers onder pa se hand geleer, daarna landbouskole en 
> landboukolleges toe gegaan, voordat hulle weer onder pa se leiding 
> geleidelik op hulle eie begin boer het.  Jy kan my niks van boerdery 
> vertel nie; ek het ook op 'n plaas grootgeword; soos feitlik al my maats

> het ek leer trekker bestuur en ploeg toe ek nog in die Laerskool was -
op 
> die beroemde ou Vaaljapie!
------Ek dink jy droom en weet niks van plaas af nie....plot dalk wel want

jy droom van trekker en bakkie ry en glo dat dit van jou 'n aspirant boer 
maak.   Twak!   Boerdery is 'n besigheid en 'n baie riskante een ook.  
Meer 
kinders leer op plase dat daar eenvoudiger maniere is om 'n bestaan te
maak 
as boerdery en juis daarom nie vandag boer nie.
>
> Swart boere het NIKS wat met dié agtergrond vergelyk kan word nie!   Al 
> wat hulle ken is bestaansboerdery waarin die kaptein beheer het oor die 
> grond en jy van sy genade en goedgesindheid afhanklik is.
-----Ja en ongelukkig glo hulle, soos jy duidelik glo, dat as jy 'n stuk 
grond besit dan bestaan jy en is jy ryk.   Laat ek dit vir jou so stel: 
Enige mens is finansieël beter af met 'n erf op 'n dorp as 'n stuk 
plaasgrond, veral as hy nie weet hoe om die plaasgrond te gebruik nie en 
bereid is om die kanse te vat nie.
>
> Genugtig, man, kennis om van kommersiële boerdery 'n sukses te maak,
suig 
> mens nie uit jou duim uit nie.  Die nodige geld pluk jy nie van
doringbome 
> af nie!   Die speelveld was nie net ongelyk nie - dit was verskriklik 
> ongelyk!
------Já?   Ek dink jy's 'n salaristrekker want jy het nie 'n clue van 
besigheid nie.   Geld word nie by die bank net gaan haal net omdat jy 'n 
boer is nie.   As jy van daai geld wil hê, dan moet jy rente betaal en dit

binne 'n sekere tyd 1terugbetaal.   Daai dier wat jy gekoop het met daai 
geld, het tyd nodig om kleintjies te maak.   Intussen moet dit gesond bly
en 
hy moet kos en byvoedings kry....niks van die kry jy gratis by enige depot

nie!   Ja uiteindelik, as jou dier sy kondertjies gemaak het en jy kry
alles 
gevoed en gesond groot, dan gaan jy geld kry as jy van die aanwas 
verkoop....maar intussen het die tyd kwaai aangeloop en het jy 'n hele
spul 
rentes betaal aan die bank wat jou die geld gegee het, die ko-operasie wat

jou al jou benodighede op skuld gegee het [plus rente!]; die koswinkel wat

jou met krediet genadig was, die skool wat jou kind laat skool het vir die

afgelope jaar sonder skoolgelde, ens.....en so kan ek aangaan.   Boerdery
is 
nie vir sissies nie!

> My oupa het weinig skoolonderwys ontvang en my pa net st 6.  Ons was 7 
> kinders.  Almal van ons op een na loop vandag met universiteitsgrade
rond. 
> Ons moes kruip om daar te kom.  Ons het hard daarvoor gewerk, ja, maar
ons 
> skoolopleiding was gratis, boeke gratis.  Daar was beurse en lenings 
> beskikbaar!  Ek kon vakansiewerk kry.
------Dink jy swart kinders het nie gratis skoolopleiding ontvang nie? 
Hulle het, net soos jy apie!   Al verskil was dat hulle 'n laer perk gehad

het waarvolgens hulle wetlik die skool kon verlaat.   St 8 was die minimum

vir blankes en St 6 vir swart mense?   Hoekom kry jy swart mense wat wel 
universiteit toe is?   Dit lê by die wil van die kind en die 
ouers...........waar daar 'n wil is, is daar 'n weg.   Steeds vandag glo
die 
meerderheid swart mense nie werklik aan opleiding nie.
>
> Het die swart kinders dieselfde geleenthede gehad?  Baie beslis nie!
-------Ek weet nie by julle nie, maar in SWA het die swartmense 'n 
onderwysopleidingskollege in Windhoek gehad, die Augustineum, wat die 
blankes nie gehad het nie.   Die wit plaaskinders moes dorp toe en koshuis

toe vir skool.   Swart skole is spesiaal gebou naby die stamgebiede om die

ouers wat nie vervoer het nie, te akkommodeer.
>
> Jy sê ek praat twak; en ek sê jy praat stront as jy sê dat weining swart

> ouers probeer om die beste vir hulle kinders te gee.
------So jy reken een stelling word beter gemaak met 'n beter belediging? 
Jinne, hoe oud is jy?   Jy laat my dink aan my kinderjare!
So jy reken dat as 'n mens met 'n inkomste van R500 per maand 6 kinders 
losboor en probeer sorg, verantwoordelik is en hulle toekoms in gedagte
het?

Ek werk onder hulle,
> Suidwester, en ek ken handevol wat nie eens R5k per maand verdien nie,
wat 
> verskeie kinders op skool en universiteit onderhou.  Hulle kruip om
hulle 
> kinders te laat leer; hulle leen geld, doen ekstra werk, maar hulle 
> kinders is in goeie skole en die skoolgeld word betaal.
-----En hoeveel is daardie kinders per gesin?   Niemand staan agter hulle
en 
dwing hulle om te veel kinders te hê nie.   Dis vrye keuse en as die vrye 
keuse maak dat hulle swaar kry....dis hulle eie saak en kan niemand
daarvoor 
blameer nie.   Ek werk daagliks saam met verskeie vlakke van swart werkers

en ken van hulle wat verantwoordelik optree en sterk staan finansieël 
vooruit boer en weet jy wat?   Nie een van hulle het meer as 3-4 kinders 
nie.   Vra hom hoekom en hy sal jou vertel hy kan nie meer bekostig nie! 
Daarenteen is die groot gros swart arbeiders wat 'struggle' soos hulle
hier 
by ons sê en jy vind 'n magdom kleintjies waarvoor hy nie kan, of wil, of 
eers omgee voor nie!
>
> En ek weet al vir baie jare wat op die betaalstaat van die swart mense
wat 
> onder my werk, aangaan.  Daar is uit 'n groep van meer as 60 minder as 5

> wat gladnie weet hoe om met geld te werk nie en knaend in die
moeilikheid 
> is; 'n mens kry diegene onder blankes ook.  Die ander se polisse word 
> maand na maand van hulle salarisse afgetrek en aan die versekeraars 
> oorbetaal - geen vervallings nie!
----Ek neem aan jy praat van die stad?   Wyk uit platteland toe waar die 
groot gros van die mense is en kyk daar.

> Die probleem met julle ouens wat die Bybel toe onder die stof op die rak

> los, is dat julle mense wat die Bybel elke dag van hulle lewens probeer 
> toepas, beskuldig dat hulle dink hulle is hoogheilig!  Feit is, ek gryp 
> aan God vas en ek klou soos 'n neet, juis omdat ek so sleg kort kom aan 
> die heiligheid - omdat dit al anker is in hierdie wêreld vol
mislukkings, 
> misdaad, ens.
------Maar dis waar jou probleem juis lê!   Jy het nie kontak met die 
realiteit nie.   Jy glo dat hierdie wonderwerk jou gaan red van alle
kwaad. 
Makie sakie wat gebeur nie, daar is iets beter wat op jou wag.   Dis
presies 
waar ek verskil.   As jy daai wonderwerk eerder by jouself soek en besef
dat 
jy jou eie wonderwerk self moet maak, dan gaan dit beter met jou.   Dan 
begin jy werk en nie van ander verwag om vir jou 'n lewe te verskaf nie.


> Ek het nêrens beweer dat my kind nie kan skeef uitdraai ondanks die
goeie 
> opvoeding nie.  Maar die gesprek het gegaan oor 4 jong wittes wat 'n 
> swarte doodgeslaan het.  Gloudina het gesê hulle het die rassehaat 
> waarskynlik by hulle ouers geleer en ek stem saam met haar.  Rassisme is

> nie iets waarmee mense gebore word nie, hulle leer dit aan!
-----En jy stem saam met die grootste rassis wat ons ken?   Of is jy ook
een 
van daai glo dat 'as jy aan die ander kant is, dan is dit altyd reg'?   Ek

weier om te glo dat alle mense sulke swakkelinge is dat hulle alles wat 
hulle ouers doen, vir soetkoek opeet.   Jy mag en Gloudina mag, ek nie.

> Vraag en aanbod is die hoofaar van die kapitalisme, ja.  Die kapitalisme

> is nie meer christelik as die kommunisme nie, inteendeel, in baie
opsigte 
> is dit minder christelik.
------Ek lees jou nou.   Jy staan voor 'n staat van eutopia waar jy kan 
spyker sonder verantwoordelikheid 24-uur van die dag en die staat sal vir 
alles wat jy doen en veroorsaak, sorg?   Is dit waarvoor christelikheid 
staan?   Hou vas....ek leer by jou!


> Dis die Wet van die Oerwoud - dis wat verkeerd is daarmee!   Ek twyfel
of 
> jy in staat is om te verstaan wat die Bybelse paradoks beteken wat sê:
As 
> ek swak is, dan is ek sterk!
-----Dis die wet van die troos vir die swakkeling, noem ek dit!   Dis die 
twak wat julle julself wysmaak om te troos dat die lewe julle op julle
moer 
gee.   Staan op en word sterk.   Jy kan self opstaan en jy kan die lewe in

die oë kyk en sonder om sleg te wees, 'n goeie en verantwoordelike bestaan

maak.
>
>
 




 25 Posts in Topic:
Wit misdaad
bouwer@[EMAIL PROTECTED]   2006-07-26 07:11:13 
Re: Wit misdaad
bouwer@[EMAIL PROTECTED]   2006-07-26 07:23:38 
Re: Wit misdaad
"Suidwester" &l  2006-07-26 15:56:59 
Re: Wit misdaad
"Hessie" <bo  2006-07-26 16:30:56 
Re: Wit misdaad
"Suidwester" &l  2006-07-27 07:59:57 
Re: Wit misdaad
"Riaan" <rni  2006-07-27 00:27:28 
Re: Wit misdaad
"Hessie" <bo  2006-07-27 07:46:30 
Re: Wit misdaad
"Otterkop" <  2006-07-28 06:40:48 
Re: Wit misdaad
"Suidwester" &l  2006-07-28 09:01:47 
Re: Wit misdaad
"Torreke" <m  2006-07-28 12:15:36 
Re: Wit misdaad
"Suidwester" &l  2006-07-28 14:11:05 
Re: Wit misdaad
"Torreke" <m  2006-07-28 16:53:25 
Re: Wit misdaad
"Suidwester" &l  2006-07-29 09:30:49 
Re: Wit misdaad
"Otterkop" <  2006-07-31 11:36:00 
Re: Wit misdaad
"Torreke" <m  2006-07-31 12:25:11 
Re: Wit misdaad
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-07-28 13:08:11 
Re: Wit misdaad
"Suidwester" &l  2006-07-28 14:56:24 
Re: Wit misdaad
"Hessie" <bo  2006-07-27 07:58:03 
Re: Wit misdaad
"Riaan" <rni  2006-07-27 23:04:20 
Re: Wit misdaad
"Francois Human"  2006-07-28 22:34:08 
Re: Wit misdaad
"Otterkop" <  2006-07-31 11:20:32 
Re: Wit misdaad
"Hessie" <bo  2006-07-28 05:56:28 
Re: Wit misdaad
hessie@[EMAIL PROTECTED]   2006-07-28 17:55:04 
Re: Wit misdaad
"Hessie" <bo  2006-07-28 14:15:12 
Re: Wit misdaad
"Riaan" <rni  2006-07-30 23:29:47 

Post A Reply:
  Go here to Signup

AddThis Feed Button


About - Advertising - Contact - Frequently Asked Questions - Privacy Policy - Terms of Use - Signup

Contact
tan12V112 Sat Nov 22 12:25:26 CST 2008.