Hessie wrote:
> Riaan, jy is 'n interessante sielkundige studie.
Bepaal jou maar eerder by die Afrikaanse taal Gloudina, sielkunde is
nie jou sterkpunt nie.
> Ek is geamuseer deur jou "probleem" met mense
> soos Torreke, Fran=E7ois Human, Ferdi en seker
> ook ek, wat net eenvoudig nie wil inpas in die
> duiwehokkies in jou kop van hoe Afrikaners
> behoort te reageer nie.
Ek het nie 'n probleem met enige van julle nie. Inteendeel ek geniet
Torreke en Ferdi se skrywes. Ek stem nie noodwendig daarmee saam nie,
maar dit is oorwegend goeie deurdagte skrywes waarin hulle minstens
poog om dit wat hulle se feitlik te staaf.
Dit verskil egter hemelsbreed van die stront wat jy kwytraak net om
reaksie uit te lok.
> Ons gee jou 'n probleem.
> Is ons nou rassiste of is ons nie? Ons maak
> jou deurmekaar, n=E9?
Nee, sorry. Jy / julle doen nie.
> Maar tot tyd en wyl jy kan
> aanneem dat die deursnee goeie Afrikaner eintlik
> mense soos ons is, is jy eintlik 'n bedreiging vir
> die Afrikanerskap, maak jy van die Afrikaner-
> karakter iets wat dit nie waardig is nie.
Wow ... Jakkals prys se eie stert. Ek wil nie net "aanneem" nie,
OORTUIG my.
En in die toekoms voordat jy my 'n les wil leer oor die Afrikaner se
karakter, onthou net dat dit JY is wat in Kanada sit, dat dit Jy is wat
Engels jou huistaal gemaak het, dat dit JY is wat nog steeds in Kanada
sit al het die "euwel van apartheid"al langer as 10 jaar gelede
verdwyn.
> Vaderdank vir mense soos Torreke, wat baie helder sien en
> dink.
En dit is presies hier waar die koekie krummel. Gloudina hou jy regtig
van Torreke omdat hy dinge helder sien, of is dit omdat jy grotendeels
met hom saamstem oor so baie aspekte. Sal jy dieselfde se oor iemand
wat ook oor sake redeneer soos Torreke, maar waarmee jy nie saamstem
nie. Dit is eintlik 'n rethoriese vraag, wans soos ons alreeds weet is
die antwoord - NEE
Moenie jouself in dieselfde klas as Torreke probeer plaas nie Gloudina,
jy het nie die mondering daarvoor nie


|