"Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:ead8er$3ma$1@[EMAIL PROTECTED]
>
> "Suidwester" <wrote
>>
>> "Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
>
>>>
>>> Nie heeltemal waar nie, Suidwester. Die ANC-regering het die "hand
>>> outs" van die NP regering aan al wat werkloos is, gestop; die beleid
is
>>> dat mense moet leer om vir hulleself te sorg. Dis waar dat daar
steeds
>>> "disability grants" is en dit hoort in 'n beskafde samelewing. Dit is
>>> ook waar dat mense sputum van TB-leiers of HIV-pos bloed van
>>> Vigsslagoffers koop om vir die "disability grants" te kwalifiseer,
maar
>>> die regering is bewus van die probleem en stappe word geneem om dit
uit
>>> te roei. Nie altyd suksesvol nie, toegegee, maar die NP-regering was
>>> nie meer suksesvol om dié soort ding te bekamp nie; ek weet, ek werk
>>> daarmee.
>> ------So jy wil vir my vertel dat daar by julle in SA kry die swart
mense
>> nie 'hand-outs' nie? Vertel meer! Wat noem jy die goedkoop
behuising
>> en goedkoop gesubsidieërde lenings vir huise? Swart taxis ontvang
>> subsidies op voertuie, ens.
>> Dan vra jy vir jouself of die blankes daardie selfde voorregte geniet.
>> >
>>
> Soos reeds gesê: Die NP-regering het alreeds in die vyftiger jare met
> hulle skemas die arm blankes op hulle voete gehelp - goedkoop grond,
> rentevrye lenings, maklike terugbetalings. Verwag jy nou die ANC
regering
> moet dieselfde vir wittes doen nadat die wittes swartes eenvoudig by die
> wittes se regstellende aksie uitgesluit het?
Dis hier waar die probleem is. Almal skreeu versoening en ek dink
die blankes koop wel in. As jy nou nog steeds ras as maatstaf
vir eninge iets gaan gebruik gaan versoening en die reenboog nasie nooit
gestalte kry nie. Jy kan nie met "nuwe haat skeppende metodes" mense se
houding verander nie.
>>> Die wit regerings se grootste fout was om swartes die geleentheid te
>>> ontneem om welvarend te word.
>> ----Dis presies hier waar ek en jy groot verskil. Soos jy te regte sê
>> was die getalle omtrent gelyk doerie jare. Groot grond het onverbruik
>> gelê. Sommige dele is toegewys aan swart stamgroepe en andere weer vir
>> blanke boere. Wat het gebeur? die plaasgronde het ontwikkel en die
>> stamgronde nie. Dit hoef ek jou nie te vertel nie. In die dorpe het
>> besighede ontstaan hoofsaaklik op blanke inisiatief. In swart gebiede
>> het amper niks gebeur nie [ten spyte van die feit dat blanke besighede
>> verbied was om in swart gebiede te opereer]. Ten spyte van gratis
>> verblyf in kommunale gebiede het die swart landelikes steeeds tevrede
>> gewees om net 'n bestaan te voer.
>
>> Toe besluit die SA regering om spesifieke areas te skep waarin die
>> swart entrepeneur op sy eie, totaal sonder mededinging op sy bene kan
>> kom. Die Odendaal-plan as jy dit onthou? Blanke opgewerkte plase is
>> onteiein in ons land en vir swart boere gegee. Nie 'n enkele een het
'n
>> sukses daarvan gemaak nie. Daarteenoor, as ek vir jou een voorbeeld
kan
>> noem, kan ek vir jou honderde van vertel van blanke boere wat 'n stuk
rou
>> grond gekoop het by die staat in verafgeleë gebiede met omtrent net sy
>> klere aan sy lyf en 'n paar diere. Op die grond was net een boorgat
met
>> 'n handpomp. Geen staande of lopende water nie. Areas wat oor die
>> algemeen gereken is nie eintlik geboer kan word nie. Hulle het aan
die
>> werk gespring en gely....maar uiteindelik opgestaan en hulleself
skatryk
>> gewerk. Ek weet nie van 'n enkele swart boer in ons land wat iets
>> soortgelyks gedoen het nie...al kry hy die grond gratis.
>
> Jy het vergeet om 'n paar basiese feite in ag te neem. Gee vir 'n ou
> grond sonder geld en kennis en niemand, maak nie saak of hy wit, swart,
> bruin of groen is, sal suksesvol kan boer nie!! Hoeveel geld en
> voorligting het wit regerings en wit handelsbanke aan wit boere
beskikbaar
> gestel? - en hoeveel het hulle aan swart boere beskikbaar gestel?
>
> Wit boere in SA het 'n lang geskiedenis van kommersiële boerdery wat
begin
> het met die eerste vryburgers wat grond, geld, ondersteuning, ens van
die
> VOC gekry het. Wit boere se seuns het op kommersiële plase grootgeword,
> leer bakkie en trekker bestuur voordat hulle in die hoërskool was, die
> "ins and outs" van beeste en skape geken voordat hulle wiskunde geleer
> het; hulle het eers onder pa se hand geleer, daarna landbouskole en
> landboukolleges toe gegaan, voordat hulle weer onder pa se leiding
> geleidelik op hulle eie begin boer het. Jy kan my niks van boerdery
> vertel nie; ek het ook op 'n plaas grootgeword; soos feitlik al my maats
> het ek leer trekker bestuur en ploeg toe ek nog in die Laerskool was -
op
> die beroemde ou Vaaljapie!
>
> Swart boere het NIKS wat met dié agtergrond vergelyk kan word nie! Al
> wat hulle ken is bestaansboerdery waarin die kaptein beheer het oor die
> grond en jy van sy genade en goedgesindheid afhanklik is.
>
> Genugtig, man, kennis om van kommersiële boerdery 'n sukses te maak,
suig
> mens nie uit jou duim uit nie. Die nodige geld pluk jy nie van
doringbome
> af nie! Die speelveld was nie net ongelyk nie - dit was verskriklik
> ongelyk!
>
>
>> As hulle die swartes gelyke deelname aan die ekonomie
>>> gegun het en die geleentheid om teen dieselfde tempo te ontwikkel as
die
>>> wittes, het ons waarskynlik nie vandag met 'n 5-1 getalle verhouding
>>> gesit nie.
>> ------Jy praat twak. In my oupa-hulle se geslag is daar weinig mense
>> wat eers std. 8 gehaal het op skool. Baie van hulle is op 16 uit die
>> huis gestoot om hul eie lewe te gaan maak. Weinige van hulle kinders
>> het nie matriek gemaak nie en vele is universiteit toe. Vandag gaan
>> almal universiteit toe.....en dis nie afgedwing op die blanke mense
nie.
>
> My oupa het weinig skoolonderwys ontvang en my pa net st 6. Ons was 7
> kinders. Almal van ons op een na loop vandag met universiteitsgrade
rond.
> Ons moes kruip om daar te kom. Ons het hard daarvoor gewerk, ja, maar
ons
> skoolopleiding was gratis, boeke gratis. Daar was beurse en lenings
> beskikbaar! Ek kon vakansiewerk kry.
>
> Het die swart kinders dieselfde geleenthede gehad? Baie beslis nie!
>
> 'n
>> Verantwoordelike ouer, swart of wit, probeer om vir sy kinders die
beste
>> kans in die lewe te gee. Dit is ongelukkig steeds vandag by weinig
>> swart ouers te sien.
>
> Jy sê ek praat twak; en ek sê jy praat stront as jy sê dat weining swart
> ouers probeer om die beste vir hulle kinders te gee. Ek werk onder
hulle,
> Suidwester, en ek ken handevol wat nie eens R5k per maand verdien nie,
wat
> verskeie kinders op skool en universiteit onderhou. Hulle kruip om
hulle
> kinders te laat leer; hulle leen geld, doen ekstra werk, maar hulle
> kinders is in goeie skole en die skoolgeld word betaal.
>
>>
>> Die NP-regering se beleid
>>> om die arm blanke vraagstuk op te los deur ekonomiese bemagtiging van
>>> die verarmde Afrikaners (dink aan die skemas by Vaalharts, Marble
Hall,
>>> Sitrusdal, Pongola, Sterkrivier) het die situasie drasties verander.
>>> Veral na '48 het die gemiddelde skoolopleiding en finansiële welstand
>>> van die Afrikaners dramaties gestyg terwyl die aanwas dramaties
afgeneem
>>> het. Aan die ander kant het swartes se skoolopvoeding agter geraak,
het
>>> hulle ekonomies verarm, en gevolglik het die aanwas eenvoudig op die
hoë
>>> vlakke gebly.
>> ----Ek reken jy praat steeds twak! Geen skema kan enige mens
lewenslank
>> op die pad van welstand plaas nie. Dit kom nie van die regering af of
>> van inisiatiewe nie. Dit is van binne jouself wat die trots kom om
vir
>> jouself te sorg en vir jouself 'n beter lewe te maak. Jy wil voorgee
>> dat omdat die regering nie genoeg geld gegee het vir die swart mense
nie,
>> daarom het hulle nie ontwikkel nie? Nix. Dis hulleself wat nie wou
>> saam met die stroom loop nie.
>
> Ek het jou reeds hierbo duidelik genoeg geantwoord.
>
>>
>>> En die verskil tussen mens en dier is beslis nie die vermoë om tussen
>>> reg en verkeerd te onderskei nie. Wanneer my foksterriër brak na ons
>>> kleuter hap, dan kruip hy op die grond as ek om die draai kom. Hy
weet
>>> hy het verkeerd gedoen!
>> ----En jy reken hy vat verantwoordelikheid vir sy wandaad. Is jy
lekker
>> wakker?
>
> Dis jou siening!
>
>>>
>>> Die verskil tussen mens en dier gaan daaroor dat God die mens sy
>>> beelddraer gemaak het - sy verteenwoordiger! - en net daaroor!
>> ----Dis jou siening....
>
> Ja, dis my siening; dit is toevallig ook die waarheid!
>
>>>
>>> Ek het ook probleme met die houding van swartes wat die skuld vir al
>>> hulle probleme op kolonialisme, apartheid, Brittanje, die wittes, ens.
>>> wil aflaai en nie hulle eie foute wil raaksien nie... Ek het ook
>>> probleme met swartes wat nie vir dienste wil betaal nie en verwag om
>>> alles op 'n skinkbord te kry, maar om te sê dat hulle "geen
>>> verantwoordelikheid" wil aanvaar nie, is gewoon nie waar nie. Gaan
vra
>>> maar vir enige versekeringsmakelaar waar skryf hy die meeste besigheid
-
>>> en goeie besigheid!
>> ------Ek het so pas 'n oproepie gemaak na myne toe en vir hom jou
>> stelling gemaak. Hy't net gelag en gesê eerste premies is 'n lekker
>> gratis inkomste vir die bedryf, veral as die mense nie die paaimente
kan
>> volhou met geen eise nie.
>
> En ek weet al vir baie jare wat op die betaalstaat van die swart mense
wat
> onder my werk, aangaan. Daar is uit 'n groep van meer as 60 minder as 5
> wat gladnie weet hoe om met geld te werk nie en knaend in die
moeilikheid
> is; 'n mens kry diegene onder blankes ook. Die ander se polisse word
> maand na maand van hulle salarisse afgetrek en aan die versekeraars
> oorbetaal - geen vervallings nie!
>
>>
>>> Ek is geneig om met Glodina saam te stem. Kinders tree op soos hulle
by
>>> hul ouerhuis geleer het (Vgl. Josef, Dawid, Daniël en sy vriende).
My
>>> 2 oudstes - stiefkinders! - se eie pa is 'n opperste rassis wat hulle
>>> geleer het om op swartes neer te sien, ens. Toe ek met hulle ma
getroud
>>> is, wou hulle van swartes nie weet nie. Ek het geduldig en met liefde
>>> aan hulle verduidelik dat vel nie saakmaak nie, dat ons dieselfde
>>> respek, liefde en agting teenoor alle mense moet bewys - dat hulle
ouer
>>> swart mans en vrouens nie anders mag aanspreek as wittes nie. Nou 5
>>> jaar later is hulle houding teenoor swartes 'n perd van totaal ander
>>> kleur.
>> -------dis die probleem met julle Bybelslaters. Julleself glo julle
is
>> hoogheilig.
>
> Die probleem met julle ouens wat die Bybel toe onder die stof op die rak
> los, is dat julle mense wat die Bybel elke dag van hulle lewens probeer
> toepas, beskuldig dat hulle dink hulle is hoogheilig! Feit is, ek gryp
> aan God vas en ek klou soos 'n neet, juis omdat ek so sleg kort kom aan
> die heiligheid - omdat dit al anker is in hierdie wêreld vol
mislukkings,
> misdaad, ens.
>
> So jy reken dat elke kind in jou huis sal voorbeeldig volgens
>> die Christendom uitdraai? Daar wag 'n skok op jou! Daai selle kind
>> van jou wat jou gewoontes aanleer, net so sal hy ook passiewe 'sit en
>> wag'-manier van lewe van meeste van die swart Afrikane ook by sy ouers
>> aanleer. Presies wat ek sê!
>
> Ek het nêrens beweer dat my kind nie kan skeef uitdraai ondanks die
goeie
> opvoeding nie. Maar die gesprek het gegaan oor 4 jong wittes wat 'n
> swarte doodgeslaan het. Gloudina het gesê hulle het die rassehaat
> waarskynlik by hulle ouers geleer en ek stem saam met haar. Rassisme is
> nie iets waarmee mense gebore word nie, hulle leer dit aan!
>
>>
>>>
>>> Dit geld van alle mense, Suidwester, wittes en swartes. Was jy al
ooit
>>> finansieel op jou knieë - in 'n posisie waar jy jou goed moet verkoop
om
>>> aan die lewe te bly? Ek twyfel, anders sou jy geweet het dis juis
>>> wittes met baie geld wat soos aasvoëls toesak om mens se goed (met die
>>> skyn van reg) vir 'n appel en 'n ei te vat en agterna te spog oor "die
>>> bargain".
>> ------O jy reken die idee om te stroop is net onder die 'ryk' wittes?
>> Gaan kyk bietjie langs jou land se paaie by ongelukke hoe stroop die
>> swart mense die beseerdes en vragmotors wat omgeval het se vrag. Ek
sal
>> graag wil sien wat sê jy as iemand se goed op vendusie kom en dit word
>> aangebied vir verkoop en niemand wil dit koop nie? Dan gaan jy seker
>> storie dat die ryk blankes nie bereid is om die ou wat onder te gaan te
>> help nie. Dis die hoofaar van die ekonomie....vraag en aanbod.
>
> Vraag en aanbod is die hoofaar van die kapitalisme, ja. Die kapitalisme
> is nie meer christelik as die kommunisme nie, inteendeel, in baie
opsigte
> is dit minder christelik.
>
>>>
>>> Is die Bush-doktrine iets anders as 'n gesofistikeerde vorm van die
Wet
>>> van die Oerwoud (die Mag van die Sterkste)?
>> ------Dis presies wat dit moet wees. Die sterkste oorwin. So is dit
op
>> s****tgebied, die lewe in die algemeen. Watter sin is daar in die lewe
>> as jy jouself nie kan meet aan andere se standaarde nie? Hoekom is
die
>> mens gemaak om verskillend van mekaar te wees?
>
> Dis die Wet van die Oerwoud - dis wat verkeerd is daarmee! Ek twyfel
of
> jy in staat is om te verstaan wat die Bybelse paradoks beteken wat sê:
As
> ek swak is, dan is ek sterk!
>


|