by "Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED]
>
Jul 31, 2006 at 12:25 PM
"Otterkop" < wrote
>> Soos reeds gesê: Die NP-regering het alreeds in die vyftiger jare met
>> hulle skemas die arm blankes op hulle voete gehelp - goedkoop grond,
>> rentevrye lenings, maklike terugbetalings. Verwag jy nou die ANC
>> regering moet dieselfde vir wittes doen nadat die wittes swartes
>> eenvoudig by die wittes se regstellende aksie uitgesluit het?
>
>
> Dis hier waar die probleem is. Almal skreeu versoening en ek dink
> die blankes koop wel in. As jy nou nog steeds ras as maatstaf
> vir eninge iets gaan gebruik gaan versoening en die reenboog nasie nooit
> gestalte kry nie. Jy kan nie met "nuwe haat skeppende metodes" mense se
> houding verander nie.
Ek hoor wat jy sê! Soos ek onlangs op hierdie ng. vir Gloudina gesê het:
Daar is al dikwels voorgestel dat ekonomiese omstandighede die basis vir
regstellende aksie en ekonomiese bemagtiging moet vorm, nie ras nie, maar
die ANC weier om gehoor te gee. Ek sien selfs Allan Boesak het die ANC
hieroor bygekom. Smuts Ngonyama het probeer verduidelik en te eintlik net
bevestig wat Boesak die ANC van beskuldig het - dit is dat hulle van voor
af rasseverdeeldheid veroorsaak en swartes meer bevoordeel as enigiemand
anders.