Talk About Network

Google


Register and Login
Nick
Password
Register create new account Sign up is FREE and you can post replies, new topics, bookmark posts and more!
Recover lost password


Education > Languages Afrikaans > Kolonialisme
Latest [ Topics | Posts ] Archive Post A New Topic Post a Reply
<< Topic < Post Post 1 of 51 Topic 470 of 491
Post > Topic >>

Kolonialisme

by "Hessie" <bouwer@[EMAIL PROTECTED] > Aug 4, 2006 at 05:01 AM

Beeld-forum: Die kolonialiste van Suid-Afrika
Aug 03 2006 07:33:32:293PM  - (SA)

 Ferdi Greyling

In die begin van die vorige dekade, net nadat F.W. De Klerk se regering
die ANC ontban het en die organisasie die land weer amptelik binnegekom
het, het baie wit Suid-Afrikaners met skok uitgevind hoe sleg die ANC
- as verteenwoordigers van swart Suid-Afrikaners - deur die NP
behandel was.

Dit het veral seergemaak om te hoor dat die ANC vroeg in die jare
vyftig met die eerste minister, dr. D.F. Malan, gaan praat het om hom
te oortuig om hulle ordentlik te behandel.

Daar is vertel hy het hulle te woord gestaan - vir baie kort - maar
hulle nie eens stoele aangebied om op te sit nie.

Later het H.F. Verwoerd glo nie eens die moeite gedoen om te reageer op
versoeke van die ANC vir gesprekke nie.

Dit was baie verkeerd van die NP. Praat is beter as bomme en swart
Suid-Afrikaners was 'n feit van die fisieke werklikheid. Net diegene
wat aan ernstige grade van verwarring gely het, het daardie feit omseil
of, nog erger, eenvoudig ge=EFgnoreer.

Die feit het natuurlik nie weggegaan nie en in 1994 het Suid-Afrika
demokraties geraak met die kinders van diegene wat nie eens met die ANC
wou praat nie, in besit van 'n morele rekening wat nou nog nie klaar
betaal is nie.

Dis soos die w=EAreld aanmekaargesit is - vir goed of vir kwaad -
dat morele rekeninge die een of ander tyd betaal moet word.

Dit is baie kere nasionalistiese arrogansie wat tot sulke rekeninge
lei.

Nasionalistiese arrogansie kan die geheue van mense ook be=EFnvloed. As
mense in die greep van nasionalisme is, leer hulle baie kere nie. Hulle
kan om die een of ander rede dinge nie in 'n konteks sien wat wyer as
hul nasionalisme strek nie.

So kon die Afrikaners, wat groot onregte aangedoen is deur veral die
Engelse, toe h=FAlle in die greep van nasionalisme was, nie sien dat
hulle dieselfde soort ding aan hul swart landgenote doen nie.

In hierdie konteks was dit interessant om in die afgelope naweek 'n
berig uit Oudtshoorn te lees dat die Khoi-leierskorps woedend is omdat
die huidige regering glo nie die moeite wil doen om hulle eens te woord
te staan nie.

Die groep s=EA pres. Thabo Mbeki het 'n gesprek met hulle geweier.

Hulle soek erkenning as die land se eerste inwoners.

'n Mens kan seker aanvaar dat hulle ook op pad is na 'n eie
variasie van nasionalisme, maar as dit waar is dat Mbeki hulle nie wil
sien nie, is daar iewers 'n ironie wat baie snaaks sou gewees het as
dit nie so treurig was nie.

Die Khoi en die San =EDs natuurlik die land se eerste inwoners. Hier
moet 'n mens seker s=EA "eerste" in die moderne tyd aangesien
antropolo=EB vandag s=EA die mens het waarskynlik iewers in Suider-Afrika
as 'n nuwe diersoort ontwikkel en van daar oor die w=EAreld
uitgesprei.

Politiek word egter vandag op grond van "eerste" gevoer. Groepe eis
'n soort eerste seggenskap oor 'n gebied op as hulle reken hulle
was in die moderne tyd eerste daar. Di=E9 konstruksie is seker ook 'n
funksie van hoe ver die mens se kollektiewe geheue strek, hoe ver terug
ons vinnig met die kop kan gryp as ons skielik wonder waar ons moderne
samelewing vandaan kom.

S=F3 het die Afrikaner in sy nasionalistiese fase in die vorige eeu 'n
stuk of 200 jaar terug gegryp. Genoeg om hom duidelik voor die Engelse
hier te plaas.

Die Engelse het die Afrikaner gekolonialiseer, sien.

Swart Suid-Afrikaanse nasionaliste gryp vandag meer as 350 jaar terug.
Genoeg om die fondamente van h=FAl nasionalisme 'n eeu of wat voor Jan
van Riebeeck hier aangekom het, te plaas.

Die Afrikaner (met sy wortels by Jan van Riebeeck) het die swart
Suid-Afrikaners gekolonialiseer, sien.

Nou s=EA die nasate van die Khoi en die San ons refleksiewe teruggryp
die geskiedenis moet eerder 'n duisend jaar of so teruggaan. Want dan
het die swartmense (die magshebbers wat vandag gunste uitdeel op grond
van hul visie van kolonialisasie) natuurlik die Khoi en die San
gekolonialiseer (en daarna die wittes ook), sien.

Volgens die Readers Digest se hoogaangeskrewe Illustrated History of
South Africa, het die voorvaders van vandag se swart Suid-Afrikaners
waarskynlik tussen die 300 en 700 n.C. die gebied inbeweeg wat vandag
Suid-Afrika is. En die San en die Khoi was toe reeds hier.
 




 51 Posts in Topic:
Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-04 05:01:34 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-04 15:08:11 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-10 13:52:52 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-11 10:51:20 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-11 15:32:20 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-11 11:40:10 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 09:37:04 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-16 11:32:08 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-06 08:20:34 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-08 15:40:07 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-08 08:20:37 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-09 14:23:19 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 08:23:15 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-16 09:50:33 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 11:27:17 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-16 14:11:36 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 10:08:10 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 09:47:18 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 12:06:34 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 11:39:39 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 14:53:18 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 15:14:33 
Re: Kolonialisme
"Annette" <a  2006-08-31 11:26:15 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 11:34:14 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 11:43:13 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 14:55:42 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-09 06:50:57 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 08:03:48 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-16 11:33:35 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-09 07:58:19 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-09 08:13:43 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-09 16:36:51 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-09 22:57:17 
Re: Kolonialisme
"Deneile" <d  2006-08-10 08:25:02 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-10 14:04:44 
Re: Kolonialisme
"Otterkop" <  2006-08-11 06:42:11 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-11 10:31:55 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-10 02:12:54 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-10 04:38:34 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-10 04:54:15 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-10 21:58:29 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-10 22:54:52 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-10 22:58:37 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-11 10:47:24 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-13 05:13:27 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-06 08:20:34 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-16 12:17:53 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 09:00:52 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 09:51:24 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-16 12:28:10 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-17 04:34:13 

Post A Reply:
  Go here to Signup

AddThis Feed Button


About - Advertising - Contact - Frequently Asked Questions - Privacy Policy - Terms of Use - Signup

Contact
tan12V112 Sat Jul 5 14:22:21 CDT 2008.