Net soos die woord 'apartheid' het kolonialisasie ook 'n mode-vloekwoord
geword. Kyk mens egter verby dié neiging en probeer jou terugplaas in
die
plek van die volkere van Afrika, dan los dit jou met die vraag of
kolonialisasie so sleg was? Eintlik was dit noodsaaklik om te sorg dat
Afrika nie vir ewig agter die klip bly nie!
Ek hou by Namibië net omdat dit naby my nerf is: Voor die witvelle
hier
aangekom het, was hier basies nie veel mense nie en die wat hier was, was
stamme swart mense wat 'n bestaan gemaak het deur te leef rondom sy
onmiddellike omgewing. Van paaie, geboue, vervoer, ens. was daar g'n
sprake nie bloot omdat hulle dit nie geken het nie. Soos dit maar
orals
gaan, het ontdekkers Afrika deurkruis om te soek na nuwe dinge en so ook
afgekom op die land aan die westekant met sy uitgestrektheid en min mense
en
baie wilde diere. Wat dalk aanvanklik jagtogte was, het later
prospektering geword en uiteindelik het 'n paar manne besluit dit kan
wonderlik wees om in hierdie land te kom bly.....meestal met goedkeuring
van
die swart mense in die omgewing want hierdie nuwe intrekkers het 'n nuwe
manier van lewe gehad wat hulle nie geken het nie. Hulle het geleer van
materiaal vir klere, gewere, ens. Ook dat 'n mens met diere soos bees en
skaap kan boer en dit verkoop om geld te maak om van daai mooi dinge te
kan
koop.
Aanvanklik was die Kaaskoppe [wat toe in die Kaap aan't beheer was]
nuuskierig oor die SWA en het hulle 'n skip gestuur uit die Kaap om te kom
kyk na Sandwich Harbour en sy rykdom in walvisse, robbe en gwano. Hulle
het hulle egter vasgeloop teen 'n paar Topnaars van die omgewing en het
hulle vrek geskrik en is met klapseile met 'n spoed weer terug Kaap toe.
Toe het die Engelse gekom en Walvisbaai soort van 'op die map gesit'.
Die
Duitsers het 'n voet op land gekry by Lüderitz. toe hulle hoor dat die
Engelse voorbrand in die binneland maak vir Engelse beskerming vir swart
stamme, toe besluit die Duitsers om die hele land onder sy beheer te kry.
Nou, wat het enige van die twee lande gebied aan die binnelandse
volkere
van SWA? Ten eerste beskerming. Vir solank as wat ons land bestaan, so
lank al baklei die verskillende stamme en steeds vandag, sit hulle nie
maklik om dieselfde vuur nie. Op daardie stadium het Hottentotte die
Herero's op hulle moer gegee en dis net logies dat, toe die Duitsers vir
hulle beskerming aanbied teen die Hottentotte, het die Herero's gespring
vir
die geleentheid. So ook met van die ander volkere.
Wat het die Duitse Kolonialiste gebied? Bo en behalwe 'n geleentheid
vir die plaaslike bevolking om hul diere te bemaark, is paaie gebou,
geboue
en dorpe is gestig teseame met plekke soos bakkerye, melkerye, ens. Meer
belangrik is 'n spoorlyn gebou na die binneland en goedere kon uit Europa
gebring word. Die land is geadministreer en gekarteer.
Wat ek probeer sê, is dat onafgesien hoe die politiek skeefgeloop het
in
die latere jare, het Afrika sy kolonialiste nodig gehad om hulle te kom
leer
van ontwikkeling anders sou dit nooit gebeur het nie...of sou ons nog veel
verder agter die klip gewees het. Alles omtrent kolonialisasie was nie
sleg nie!
"Hessie" <bouwer@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message
news:1154692894.082172.178950@[EMAIL PROTECTED]
Die kolonialiste van Suid-Afrika
Aug 03 2006 07:33:32:293PM - (SA)
Ferdi Greyling
In die begin van die vorige dekade, net nadat F.W. De Klerk se regering
die ANC ontban het en die organisasie die land weer amptelik binnegekom
het, het baie wit Suid-Afrikaners met skok uitgevind hoe sleg die ANC
- as verteenwoordigers van swart Suid-Afrikaners - deur die NP
behandel was.
Dit het veral seergemaak om te hoor dat die ANC vroeg in die jare
vyftig met die eerste minister, dr. D.F. Malan, gaan praat het om hom
te oortuig om hulle ordentlik te behandel.
Daar is vertel hy het hulle te woord gestaan - vir baie kort - maar
hulle nie eens stoele aangebied om op te sit nie.
Later het H.F. Verwoerd glo nie eens die moeite gedoen om te reageer op
versoeke van die ANC vir gesprekke nie.
Dit was baie verkeerd van die NP. Praat is beter as bomme en swart
Suid-Afrikaners was 'n feit van die fisieke werklikheid. Net diegene
wat aan ernstige grade van verwarring gely het, het daardie feit omseil
of, nog erger, eenvoudig geïgnoreer.
Die feit het natuurlik nie weggegaan nie en in 1994 het Suid-Afrika
demokraties geraak met die kinders van diegene wat nie eens met die ANC
wou praat nie, in besit van 'n morele rekening wat nou nog nie klaar
betaal is nie.
Dis soos die wêreld aanmekaargesit is - vir goed of vir kwaad -
dat morele rekeninge die een of ander tyd betaal moet word.
Dit is baie kere nasionalistiese arrogansie wat tot sulke rekeninge
lei.
Nasionalistiese arrogansie kan die geheue van mense ook beïnvloed. As
mense in die greep van nasionalisme is, leer hulle baie kere nie. Hulle
kan om die een of ander rede dinge nie in 'n konteks sien wat wyer as
hul nasionalisme strek nie.
So kon die Afrikaners, wat groot onregte aangedoen is deur veral die
Engelse, toe húlle in die greep van nasionalisme was, nie sien dat
hulle dieselfde soort ding aan hul swart landgenote doen nie.
In hierdie konteks was dit interessant om in die afgelope naweek 'n
berig uit Oudtshoorn te lees dat die Khoi-leierskorps woedend is omdat
die huidige regering glo nie die moeite wil doen om hulle eens te woord
te staan nie.
Die groep sê pres. Thabo Mbeki het 'n gesprek met hulle geweier.
Hulle soek erkenning as die land se eerste inwoners.
'n Mens kan seker aanvaar dat hulle ook op pad is na 'n eie
variasie van nasionalisme, maar as dit waar is dat Mbeki hulle nie wil
sien nie, is daar iewers 'n ironie wat baie snaaks sou gewees het as
dit nie so treurig was nie.
Die Khoi en die San ís natuurlik die land se eerste inwoners. Hier
moet 'n mens seker sê "eerste" in die moderne tyd aangesien
antropoloë vandag sê die mens het waarskynlik iewers in Suider-Afrika
as 'n nuwe diersoort ontwikkel en van daar oor die wêreld
uitgesprei.
Politiek word egter vandag op grond van "eerste" gevoer. Groepe eis
'n soort eerste seggenskap oor 'n gebied op as hulle reken hulle
was in die moderne tyd eerste daar. Dié konstruksie is seker ook 'n
funksie van hoe ver die mens se kollektiewe geheue strek, hoe ver terug
ons vinnig met die kop kan gryp as ons skielik wonder waar ons moderne
samelewing vandaan kom.
Só het die Afrikaner in sy nasionalistiese fase in die vorige eeu 'n
stuk of 200 jaar terug gegryp. Genoeg om hom duidelik voor die Engelse
hier te plaas.
Die Engelse het die Afrikaner gekolonialiseer, sien.
Swart Suid-Afrikaanse nasionaliste gryp vandag meer as 350 jaar terug.
Genoeg om die fondamente van húl nasionalisme 'n eeu of wat voor Jan
van Riebeeck hier aangekom het, te plaas.
Die Afrikaner (met sy wortels by Jan van Riebeeck) het die swart
Suid-Afrikaners gekolonialiseer, sien.
Nou sê die nasate van die Khoi en die San ons refleksiewe teruggryp
die geskiedenis moet eerder 'n duisend jaar of so teruggaan. Want dan
het die swartmense (die magshebbers wat vandag gunste uitdeel op grond
van hul visie van kolonialisasie) natuurlik die Khoi en die San
gekolonialiseer (en daarna die wittes ook), sien.
Volgens die Readers Digest se hoogaangeskrewe Illustrated History of
South Africa, het die voorvaders van vandag se swart Suid-Afrikaners
waarskynlik tussen die 300 en 700 n.C. die gebied inbeweeg wat vandag
Suid-Afrika is. En die San en die Khoi was toe reeds hier.


|