Talk About Network

Google


Register and Login
Nick
Password
Register create new account Sign up is FREE and you can post replies, new topics, bookmark posts and more!
Recover lost password


Education > Languages Afrikaans > Re: Kolonialism...
Latest [ Topics | Posts ] Archive Post A New Topic Post a Reply
<< Topic < Post Post 3 of 51 Topic 470 of 492
Post > Topic >>

Re: Kolonialisme

by "Torreke" <me@[EMAIL PROTECTED] > Aug 10, 2006 at 01:52 PM

Dat Afrika by kolonialisme gebaat het, stry niemand nie.

Dat swartes goed sal doen om uit die lelike verlede te neem en waardeer
wat 
goed is, behoef ook geen argument nie.

Maar jy mis die punt...

Die kernpunt van die betoog was dat Malan nie stoele vir die ANC 
afvaardiging gegee het om op te sit nie, en Verwoerd het hom nie eens 
verwerdig om op hulle skrywes te antwoord nie.  En nou doen Mbeki
dieselfde 
met die Khoi en San.

'n Bietjie anders as Oom Paul voor hulle wat ons aangeraai het om uit die 
verlede te neem wat goed is.  In sy fotobiografie is daar 'n foto waar hy 
met swart kapteins sit om na hulle probleme te luister en met hulle te 
praat.  Netso is daar etlike fotos waar hy rondbeweeg het, waar swartes 
prominent teenwoordig is om hom te verwelkom.  Die foto van sy aankoms op 
Waterval-Boven tydens die ABO het net swartes op.

Moet ek die fotos hier plaas?



"Suidwester" <stahlsb@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message 
news:G5CdnbIb_vHTyU7ZnZ2dnUVZ_s-dnZ2d@[EMAIL PROTECTED]
> Net soos die woord 'apartheid' het kolonialisasie ook 'n mode-vloekwoord

> geword.   Kyk mens egter verby dié neiging en probeer jou terugplaas in 
> die plek van die volkere van Afrika, dan los dit jou met die vraag of 
> kolonialisasie so sleg was?   Eintlik was dit noodsaaklik om te sorg dat

> Afrika nie vir ewig agter die klip bly nie!
>   Ek hou by Namibië net omdat dit naby my nerf is:   Voor die witvelle 
> hier aangekom het, was hier basies nie veel mense nie en die wat hier
was, 
> was stamme swart mense wat 'n bestaan gemaak het deur te leef rondom sy 
> onmiddellike omgewing.   Van paaie, geboue, vervoer, ens. was daar g'n 
> sprake nie bloot omdat hulle dit nie geken het nie.      Soos dit maar 
> orals gaan, het ontdekkers Afrika deurkruis om te soek na nuwe dinge en
so 
> ook afgekom op die land aan die westekant met sy uitgestrektheid en min 
> mense en baie wilde diere.   Wat dalk aanvanklik jagtogte was, het later

> prospektering geword en uiteindelik het 'n paar manne besluit dit kan 
> wonderlik wees om in hierdie land te kom bly.....meestal met goedkeuring

> van die swart mense in die omgewing want hierdie nuwe intrekkers het 'n 
> nuwe manier van lewe gehad wat hulle nie geken het nie.   Hulle het
geleer 
> van materiaal vir klere, gewere, ens.   Ook dat 'n mens met diere soos 
> bees en skaap kan boer en dit verkoop om geld te maak om van daai mooi 
> dinge te kan koop.
>    Aanvanklik was die Kaaskoppe [wat toe in die Kaap aan't beheer was] 
> nuuskierig oor die SWA en het hulle 'n skip gestuur uit die Kaap om te
kom 
> kyk na Sandwich Harbour en sy rykdom in walvisse, robbe en gwano.  
Hulle 
> het hulle egter vasgeloop teen 'n paar Topnaars van die omgewing en het 
> hulle vrek geskrik en is met klapseile met 'n spoed weer terug Kaap toe.

> Toe het die Engelse gekom en Walvisbaai soort van 'op die map gesit'. 
> Die Duitsers het 'n voet op land gekry by Lüderitz.   toe hulle hoor dat

> die Engelse voorbrand in die binneland maak vir Engelse beskerming vir 
> swart stamme, toe besluit die Duitsers om die hele land onder sy beheer
te 
> kry.
>    Nou, wat het enige van die twee lande gebied aan die binnelandse 
> volkere van SWA?   Ten eerste beskerming.   Vir solank as wat ons land 
> bestaan, so lank al baklei die verskillende stamme en steeds vandag, sit

> hulle nie maklik om dieselfde vuur nie.   Op daardie stadium het 
> Hottentotte die Herero's op hulle moer gegee en dis net logies dat, toe 
> die Duitsers vir hulle beskerming aanbied teen die Hottentotte, het die 
> Herero's gespring vir die geleentheid.   So ook met van die ander
volkere.
>    Wat het die Duitse Kolonialiste gebied?  Bo en behalwe 'n geleentheid

> vir die plaaslike bevolking om hul diere te bemaark, is paaie gebou, 
> geboue en dorpe is gestig teseame met plekke soos bakkerye, melkerye,
ens. 
> Meer belangrik is 'n spoorlyn gebou na die binneland en goedere kon uit 
> Europa gebring word.   Die land is geadministreer en gekarteer.
>    Wat ek probeer sê, is dat onafgesien hoe die politiek skeefgeloop het

> in die latere jare, het Afrika sy kolonialiste nodig gehad om hulle te
kom 
> leer van ontwikkeling anders sou dit nooit gebeur het nie...of sou ons
nog 
> veel verder agter die klip gewees het.   Alles omtrent kolonialisasie
was 
> nie sleg nie!
>
> "Hessie" <bouwer@[EMAIL PROTECTED]
> wrote in message 
> news:1154692894.082172.178950@[EMAIL PROTECTED]
>
>
> Beeld-forum: Die kolonialiste van Suid-Afrika
> Aug 03 2006 07:33:32:293PM  - (SA)
>
> Ferdi Greyling
>
> In die begin van die vorige dekade, net nadat F.W. De Klerk se regering
> die ANC ontban het en die organisasie die land weer amptelik binnegekom
> het, het baie wit Suid-Afrikaners met skok uitgevind hoe sleg die ANC
> - as verteenwoordigers van swart Suid-Afrikaners - deur die NP
> behandel was.
>
> Dit het veral seergemaak om te hoor dat die ANC vroeg in die jare
> vyftig met die eerste minister, dr. D.F. Malan, gaan praat het om hom
> te oortuig om hulle ordentlik te behandel.
>
> Daar is vertel hy het hulle te woord gestaan - vir baie kort - maar
> hulle nie eens stoele aangebied om op te sit nie.
>
> Later het H.F. Verwoerd glo nie eens die moeite gedoen om te reageer op
> versoeke van die ANC vir gesprekke nie.
>
> Dit was baie verkeerd van die NP. Praat is beter as bomme en swart
> Suid-Afrikaners was 'n feit van die fisieke werklikheid. Net diegene
> wat aan ernstige grade van verwarring gely het, het daardie feit omseil
> of, nog erger, eenvoudig geïgnoreer.
>
> Die feit het natuurlik nie weggegaan nie en in 1994 het Suid-Afrika
> demokraties geraak met die kinders van diegene wat nie eens met die ANC
> wou praat nie, in besit van 'n morele rekening wat nou nog nie klaar
> betaal is nie.
>
> Dis soos die wêreld aanmekaargesit is - vir goed of vir kwaad -
> dat morele rekeninge die een of ander tyd betaal moet word.
>
> Dit is baie kere nasionalistiese arrogansie wat tot sulke rekeninge
> lei.
>
> Nasionalistiese arrogansie kan die geheue van mense ook beïnvloed. As
> mense in die greep van nasionalisme is, leer hulle baie kere nie. Hulle
> kan om die een of ander rede dinge nie in 'n konteks sien wat wyer as
> hul nasionalisme strek nie.
>
> So kon die Afrikaners, wat groot onregte aangedoen is deur veral die
> Engelse, toe húlle in die greep van nasionalisme was, nie sien dat
> hulle dieselfde soort ding aan hul swart landgenote doen nie.
>
> In hierdie konteks was dit interessant om in die afgelope naweek 'n
> berig uit Oudtshoorn te lees dat die Khoi-leierskorps woedend is omdat
> die huidige regering glo nie die moeite wil doen om hulle eens te woord
> te staan nie.
>
> Die groep sê pres. Thabo Mbeki het 'n gesprek met hulle geweier.
>
> Hulle soek erkenning as die land se eerste inwoners.
>
> 'n Mens kan seker aanvaar dat hulle ook op pad is na 'n eie
> variasie van nasionalisme, maar as dit waar is dat Mbeki hulle nie wil
> sien nie, is daar iewers 'n ironie wat baie snaaks sou gewees het as
> dit nie so treurig was nie.
>
> Die Khoi en die San ís natuurlik die land se eerste inwoners. Hier
> moet 'n mens seker sê "eerste" in die moderne tyd aangesien
> antropoloë vandag sê die mens het waarskynlik iewers in Suider-Afrika
> as 'n nuwe diersoort ontwikkel en van daar oor die wêreld
> uitgesprei.
>
> Politiek word egter vandag op grond van "eerste" gevoer. Groepe eis
> 'n soort eerste seggenskap oor 'n gebied op as hulle reken hulle
> was in die moderne tyd eerste daar. Dié konstruksie is seker ook 'n
> funksie van hoe ver die mens se kollektiewe geheue strek, hoe ver terug
> ons vinnig met die kop kan gryp as ons skielik wonder waar ons moderne
> samelewing vandaan kom.
>
> Só het die Afrikaner in sy nasionalistiese fase in die vorige eeu 'n
> stuk of 200 jaar terug gegryp. Genoeg om hom duidelik voor die Engelse
> hier te plaas.
>
> Die Engelse het die Afrikaner gekolonialiseer, sien.
>
> Swart Suid-Afrikaanse nasionaliste gryp vandag meer as 350 jaar terug.
> Genoeg om die fondamente van húl nasionalisme 'n eeu of wat voor Jan
> van Riebeeck hier aangekom het, te plaas.
>
> Die Afrikaner (met sy wortels by Jan van Riebeeck) het die swart
> Suid-Afrikaners gekolonialiseer, sien.
>
> Nou sê die nasate van die Khoi en die San ons refleksiewe teruggryp
> die geskiedenis moet eerder 'n duisend jaar of so teruggaan. Want dan
> het die swartmense (die magshebbers wat vandag gunste uitdeel op grond
> van hul visie van kolonialisasie) natuurlik die Khoi en die San
> gekolonialiseer (en daarna die wittes ook), sien.
>
> Volgens die Readers Digest se hoogaangeskrewe Illustrated History of
> South Africa, het die voorvaders van vandag se swart Suid-Afrikaners
> waarskynlik tussen die 300 en 700 n.C. die gebied inbeweeg wat vandag
> Suid-Afrika is. En die San en die Khoi was toe reeds hier.
>
>
 




 51 Posts in Topic:
Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-04 05:01:34 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-04 15:08:11 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-10 13:52:52 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-11 10:51:20 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-11 15:32:20 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-11 11:40:10 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 09:37:04 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-16 11:32:08 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-06 08:20:34 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-08 15:40:07 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-08 08:20:37 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-09 14:23:19 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 08:23:15 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-16 09:50:33 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 11:27:17 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-16 14:11:36 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 10:08:10 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 09:47:18 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 12:06:34 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 11:39:39 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 14:53:18 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 15:14:33 
Re: Kolonialisme
"Annette" <a  2006-08-31 11:26:15 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 11:34:14 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 11:43:13 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 14:55:42 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-09 06:50:57 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-16 08:03:48 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-16 11:33:35 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-09 07:58:19 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-09 08:13:43 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-09 16:36:51 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-09 22:57:17 
Re: Kolonialisme
"Deneile" <d  2006-08-10 08:25:02 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-10 14:04:44 
Re: Kolonialisme
"Otterkop" <  2006-08-11 06:42:11 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-11 10:31:55 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-10 02:12:54 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-10 04:38:34 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-10 04:54:15 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-10 21:58:29 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-10 22:54:52 
Re: Kolonialisme
"Riaan" <rni  2006-08-10 22:58:37 
Re: Kolonialisme
Ferdi Greyling <me@[EM  2006-08-11 10:47:24 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-13 05:13:27 
Re: Kolonialisme
"Jonas" <fan  2006-08-06 08:20:34 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-16 12:17:53 
Re: Kolonialisme
"Torreke" <m  2006-08-17 09:00:52 
Re: Kolonialisme
"Suidwester" &l  2006-08-17 09:51:24 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-16 12:28:10 
Re: Kolonialisme
"Hessie" <bo  2006-08-17 04:34:13 

Post A Reply:
  Go here to Signup

AddThis Feed Button


About - Advertising - Contact - Frequently Asked Questions - Privacy Policy - Terms of Use - Signup

Contact
tan12V112 Sat Nov 22 12:23:11 CST 2008.