On 10 Aug 2006 22:58:37 -0700, "Riaan" <rnigrini@[EMAIL PROTECTED]
>
wrote:
<<>Ferdi Greyling wrote:
>
>> Dis geensins verbode nie.
>
>Nie ?. Indien daar op die radio uitgesaai word (702) daar is op die
>oomblik 'n transito roof in aksie op die N1, hoekom se hulle net die is
>5 gewapende mans, hoekom se hulle nie dit is 5 gewapende swart mans
>nie. En dieselfde geld vir die koerante.>>
1. Ek kan mos nie praat vir 702 nie.
2. Hulle - sou ek raai - seker ook nie byvoorbeeld se 'n "wit
Afrikaanse man" het bedrog hier of daar gepleeg nie.
Die feit van die saak is, NIKS behalwe laster ens. is verbode in die
media wanneer dit by styl kom nie. En selfs dan is daar plekke - soos
die nuwe grillerige tabloids - waar enigiets actually "gaan".
Dit is vryheid van spraak en inligting wat deur die grondwet
gewaarborg word.
Wat wel gebeur het, is dat baie nuus-plekke intern oor die issue
gepraat het en besef het hulle moet kies tussen of jy noem altyd mense
se ras ("wit Afrikaanse man slaan wit Afrikaanse vrou" of "swart
Zoeloe man beroof swart Tswana-bankbestuurder" ) of jy noem nie die
ras nie - behalwe waar dit relevant is.
Omtrent almal het op laasgenoemde besluit. Dit is deel van die keuses
wat nuusmense moet maak. In enige berig wat jy lees, is daar n moerse
klomp data wat nie genoem word nie omdat dit nie relevant is nie. Bv.
of die motor wat vir 'n spoed-oortreding gevang is n klein roeskol op
gehad het, of die man wat hom doodgeval het vuil sokkies aangehad het
ens.
Die obvious goed.
En ras is meestal deel daarvan. Soms maak ras wel toepaslike data uit
- bv. waar n wit vrou n plek begin wat na swart vigs-wese omsien of
waar n swart man n wit vrou met baie moeite langs die pad na
veiligheid help ens. Dan word dit wel genoem.
Die keuse is gemaak - reken ek - om twee redes. Vir eers omdat dit
geweldig baie detail-navorsing sou vereis waar dit nie toepaslik is
nie (is die man Afrikaans, Engels, ****tugees? ) en in die tweede plek
omdat dit in SA speel op rasse-vooroordele wat gewoonlik onwaar is.
Soos dat alle witmense ryk en rassisties is en dat alle swartmense arm
en kriminele is.
Maar daar is geen verbod van niemand op die media nie. Dus ook nie van
die staat of die ANC of enige party nie.
Daar is GEEN sensuur nie behalwe dit wat in die gemene reg vervat is -
soos laster. En selfs dan val dit weg in die konteks van tabloids.
Die media noem toevallig ook nie geloof of kultuur nie, behalwe waar
dit toepaslik is.
Die gebruik heers wereldwyd. Jy sal bv nie in Brittanje berigte sien
dat n Skot en n Walliser by n Ier se huis ingebreek het nie ens.


|