> n Ander punt wat ek probeer maak het maar lyk my gemis word, is dat
> die swartmense in SA OOK kolonialiste was.
>
> Soms verstaan mense nie die reusagtige implikasies daarvan nie. Op
> onder meer grond-eise, om net een te noem.
>
> Op bv. die non legitimiteit van grond-aansprake deur swart
> Suid-Afrikaners suid van die Vis-rivier, die Wes-Kaap dus.
>
> Bg. aan die hand van PRESIES die historiese argument wat die regering
> elders in die land aanvoer.
Ek het die punt ook raakgesien, maar reeds "send" geslaan voordat ek besef
het dat ek dit nie ook vir Suidwester uitgewys het nie. Is baie besig die
laaste ruk soos uit my skaars deelnames afgelei kan word.
Jou punt rondom historiese aansprake het my gedagtes onwillekeurig na die
Israel-Palestynse kwessie laat dwaal. Israel het aansprake wat vir meer
as
3000 jaar teruggaan. Maar hulle aanspraak berus basies (as mens die
Bybelse
perspektief buite rekening laat) basies ook op kolonialisme; hulle het die
grond met geweld afgevat van die voorsate van die mense met wie hulle nou
nog in konflik staan. Daar sit mens natuurlik met die bykomende dimensie
dat alle kante op afstamming van dieselfde voorsaat, Abraham, aanspraak
maak.


|